As mens jou roete volgens die inligting beskikbaar beplan het (maar besef dat dit dalk nie 100% korrek is nie) en dan by 'n hek kom wat gesluit is en te min brandstof het om te backtrack, is daar nie veel van 'n keuse nie.
In so geval, sou jy die slot breek:
- Sorg dat jy 'n ander slot of kontant het om te vergoed vir die skade
- Probeer ten minste die grond eienaar inlig indien moontlik
- Hoop en bid die boer is 'n redelike mens en ly nie aan Pistotis (i.e Pistorius sindroom) nie, geen deur of hek gaan jou lewe red nie.
Probeer maar self redelik wees en jouself in die ander party sy posisie sien.
As ek by 'n hek kom wat gesluit is sal my eerst keuse wees om te kyk of ek die boer in die hande kan kry en toestemming kry om aan te ry.
As dit nie werk nie sal ek eerder omdraai.
Laaste opsie is om die slot te breek.
In die verlede was daar ook gevalle van mense wat drade knip of platdruk omdat hekke met moerse slotte gesluit is, dan moet jy maar jou pakslae vat as dit gebeur...