Die Cederberge & Tankwa gaan Hantam-hand.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Dagse almal

In die afgelope agt jaar was ek eintlik nogals bevoorreg om redelik baie te kon gatskuur op 'n motorfiets. Dit nou ten spyte van 'n bykans twee jaar "sabbatical" tussen 2012 & 2014. My kilos agter die stange, alles daarvan dagtrips en hier en daar se oorslaaptrips het opgetel na bykans 65 000km vir die hele tydperk. Vir ouens wie elke dag ry is dit min, vir ouens wat net hier en daar op naweke opsaal is dit eintlik baie.

Ten spyte hiervan is daar talle bekende landmerke, passe en ander roetes waarop ek egter nog nooit was nie. So ek het steeds hierdie "bee in my bonnet" binne my om steeds altyd te wil weet wat anderkant die bult aangaan.

In die laaste paar maande veral was daar vir my twee tipes dinamikas met bike trips. Die trips met my vrou agterop en die trips sonder haar. Hoe mens dit aanpak verskil hemelsbreed in rystyl. Dit is nie asof ek met haar op stadiger ry nie, mens kies net die makliker lyne en vermy die slegte stukke waar jy kan om dit vir haar lekkerder te maak. Op my eie sal ek soms die tegniese stukkies gaan opsoek en kyk hoe ek daarmee vaar. Saam sit ons plat op ons gatte, op kronkelpaadjies gesels ons met die visors oop. As ek op my eie is kan ek hier en daar bietjie meerkat en regtig voel wat die bike onder my doen en wat ek met hom kan doen, maar nie met my kosbaarste cargo agterop nie.

Twee rystyle, albei dinamikas is ewe lekker vir my. Die voorreg om te kan reis na plekke waar ek nog nie was nie is vir my groter as die tool waarmee ek dit aanpak.

Nou ons regering het dit mos 22 jaar gelede goedgedink om die begin van die struggle te herdenk deur die dag waarop twee derdes van die kiesersbevolking die land aan die Filistyne oorgegee het by die eerste verkiesing, jaarliks te herdenk. En dit boonop net 'n paar dae voor die internasionale "May-day", die enigste dag waarop werkers wereldwyd wettig mag staak.

Dit veroorsaak dat daar bykans jaarliks 'n langnaweek hieruit voorstpruit...

Vir my klink dit na die perfekte verskoning vir 'n lekker bike trip.  :deal:

Ek kannie lekker onthou hoe ek op die idee gekom het nie, maar na ek op die eerste naweek van April saam met Hayleyscomet, Kameel, DCR & Rusty Rathbone op Merweville was wou ek dit graag vir my vrou gaan wys en miskien kombineer met Middelpos Hotel. Dit sou egter oor die Eeufeesvieringe van Merweville se gemeente val en daar was nie 'n bed in die dorpie beskikbaar nie. Toe kom plan B by my op....gaan deur die Cederberge na Calvinia en dan na Middelpos, maar vanaf die Tankwa park se kant af.

Drie oproepe later....een na my buddy Marius op Ceres (Spacemys op die forum), een na Die Blou Nartjie op Calvinia & een na Middelpos Hotel en siedaar sit ons met 'n lekker bike trip.  :ricky:







 
Top