Jirre Parkinoff . Ons het saam gery ja. Jyt nie ver van Morletta spruit se oorsprong gebly nie. Is seker dat jy my nog gaan wys het waar die spruit begin. Het al vergeet waars Constania park. Het n ou fucktub Honda cb 100 omskep in n offroad. Het ook met n PE 400 en ou 125 red rocket gery later. Ander ou sad storie was my ride buddy van daai jare, Arno wat op sy Dt 125 reg voor sy ma hulle se huis dood gery is deur n vrou wat n stop straat geskip het. Ons was almal bullet proof daai tyd. Onthou goed die quary langs die highway. Eish, ja n ander storie was , ek en ander engelse maaitjies het n Ford stasiewa in einste quarie verloor, die ding was geel en iemand het die hand briek vergeet. Die Ford het toe gaan duik, is toe sommer ook gedoop as die yellow submarine. Ons kon ook natuurlik Lynwood drive in doen met die off roads, nkwe se swemgat, die wereld was ons oyster. MM ja die spietkops het daai tyd gs 850 gehad, later het hulle ook It s gekry. My pa moes my al by Brooklyn copshop kom haal het na 3 my gejaag het, een het hard neergemoer, naby die garage in Garsfontein. Ek het toe in n doodloop straat myself vasgery, tickets toe. Hulle was glad nie impress deur n snotneus kind wat die kak uit hulle gery het nie. Twee was op 850 Suzukis en ene op n It.