Die hel toe en terug

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

DisasterRelief

Pack Dog
Joined
Oct 25, 2015
Messages
123
Reaction score
2
Bike
Yamaha XT 660 Z
Dag 1.
Ek en Mervyn trek weg 7 uur die oggend, Vrydag 20 Mei, van sy huis af in Bellville. Ons ry altwee Yamaha XT660Z Teneres. Ons is nog maar altwee nuut in die bike ry wereld en hierdie is ons tweede lang trip, en my eerste ride report. Merk op die lekker touring screen op my rooi bike...

Die plan:

Dag 1: Belville – Sutherland
Dag 2: Sutherland – Die Hel
Dag 3: Die Hel – Maatjiesfontein
Dag 4: Maatjiesfontein – Terug kaap toe

Dis nog donker en ons dodge traffic tot ons die N1 slaan. Stop gou vinnig vir petrol op die N1 en vat toe die agter Paarl pad, deur Wellington en Bainskloof pas oppad Ceres toe. In Ceres stop ons gou by Wimpy vir ontbyt en petrol en sleep R356 toe. Die grond pad is lekker en ons stoot hard want daar is nog ‘n lang dag wat voor lê.

Die eerste challenge is veronderstel om die Amandelnek Pas te wees, op paaie wat ek uitgewerk het met Maps4Africa. Ek mis die afdraai want, soos ons toe uitvind, die pad na die Amandelnek pas toe wat ek gekies het, is nie rerig ‘n pad nie. Die pad wat van die R356 af draai is erg sleg, los klippe en verspoelings sonder enige smooth stukke en ons werk hard. Klomp toe plaas hekke later, word die pad nog slegter, en Mervyn merk op: “Waars die f*kken pad?”. Anyway, die GPS wys rigting en vertrou hom maar. In een diep drif, steek ek vas en die bike val om, Mervyn mis ‘n goue kans om dit op die GoPro vas tevang. Uiteindeling kom ons by die Amandelnek pas self uit, en die pad verbeter aansienlik. Dink ons het so 2 ure aan 28km gery en ons is erg in die skik met ons self want ons reken jy gaan nie daai pad met ‘n 4x4 eers kan ry nie.

Hier kom ons agter ons het ‘n groot amateurs fout gemaak. Ons het net 1 liter water tessun die twee van ons. En dis harde rywerk en ons is dors.

Ons druk aan tot by die Ouberg pas en vat hom maar stadig, stop ‘n paar keer vir fotos en stoot aan. Harde werk om tot bo tekom, maar op die einde is ons dankbaar ons hoef hom nie af te gery het nie, want dit lyk erg moeilik. Maar die view is ongelooflik. Ons stoot weer hard aan Sutherland toe, want die pad verbetter aansienlik en ek het nou ernstig ‘n bier nodig.

Ons slaap die aand in die Sutherland Hotel, Mervyn het besluit hy wil bietjie droog wees en drink net Cokes, maar ek vat ‘n lekker paar biere, en wyn, en toe Olof berg en toe nog tequila saam met die locals. WTF?

























 
Top