Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Wie Koop Kontant? Who Buys Cash?  (Read 19204 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Allegro

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 5,636
  • Thanked: 32 times
  • KTM the smile factor
Re: Wie Koop Kontant? Who Buys Cash?
« Reply #220 on: July 11, 2016, 07:11:42 am »
Ek koop net gebruik, (cash) los die nuwe aankoop vir die wat kan en die waardevermindering op nuwe item vat.
Met kontant in die hand kan jy ook beter bargain, veral as iemand dringend wil/moet verkoop.
Het sopas vir jnr (word nou binnekort 21jr oud) Opel Astra GTC gekoop vir Sowat R20k onder trade-in prys  :biggrin:
Adventure bike and 4x4 insurance specialist.
Pierre - 083 324 4232

Rebel Dog
 

Offline 2StrokeDan

  • I've been to paradise, but i've never been to me....
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 22,038
  • Thanked: 890 times
  • RD350 and Rossi!!!!!!
Re: Wie Koop Kontant? Who Buys Cash?
« Reply #221 on: July 11, 2016, 07:37:31 am »
Julle besef dis maar bitter min mense wat nuwe GSe en 2016 modelle  cash koop.

As julle teorie oor toys en cash wet raak, gaan daar bitter min bikes op die pad wees.
So dit beteken amper niks 2de handse bikes vir julle cheapskates nie, en jou gunsteling BMW dealer gaan toemaak, want hy gaan nie survive op 3 bike sales n maand nie.

My gedagte.

KTM 1190 R het R153 000 gekos toe hy uitkom.
Ok nou begin ons almal spaar vd ding. Oor n jaar of twee toe die knaap geld het, toe kos hulle nou R175k. Oh kak kom ons spaar nog, ok nou toe hy die R175k het, toe is dit nou 2016 en hulle kos nou R188k. Oh tos, ok kom ons spaar NOG, en hoop maar in 2017 word hulle cheaper  :imaposer:

So teen die tyd wat die normale man op straat die KTM 1190R kan koop, as hulle vd mark af en dis nou n 1390 R  :imaposer: 

En moenie se hy moet cheaper 2de hands gaan koop nie, want 2de hands kom van nuwe Sales af. En as almal nou net 2de hands koop, gaan daai stroom van bikes opdroog.

Julle cash engeltjies crack my op weet julle dit  :imaposer:   :imaposer:   :imaposer:

VIVA Finance jou lekker ding!!!

Terwyl die arme dude nog spaar vir sy 1190, het ek al die 7de agter tyre fucked gery op Finance  :imaposer:

As die "cashkoop" wet raak wereldwyd, sal jy dalk verbaas staan dat voertuie skielik baie goedkoper raak.
Gaan kyk ook n bietjie hoeveel jy ekstra betaal aan die "gawe" omie by die bank, vir sy hulp met die geldjies, dan maak jy weer jou sommetjies.
 

Offline Omninorm

Re: Wie Koop Kontant? Who Buys Cash?
« Reply #222 on: July 14, 2016, 01:46:27 pm »
Ek dink mens koop versigtiger as jy kontant koop.
Makliker om vir 'n R200k bike by Wesbank te teken as om R80k cash uit te haal vir 'n ouer ding?

Ja maar dis ook moeiliker om vir n ride gevat te word of n kat in die sak te koop.
Om te finansier maak hulle seker als is legit, en jy moet n proper roadworthy kry waar hulle wil he jy moet vat, nie iemand se pel  of n dude wat n R100ie vat etc nie.

Alles is maar relatief. Ek het al splinternuut gekoop, Financed, amper nuut gekoop Cash en Financed en ek het al cheaper ouer goed gekoop cash. Dan fix jy maar hier en daar ens. Vand die beste kopies was cash, maar ek het al 1 of 2 goed ge finansier wat ek dan later verkoop vir profit of soos my Suzuki Jimny deestyds.  Gekoop vir R184000, 2 jaar gery en verkoop vir R176 000.  As ek gespaar het dan het ek seker nou eers gekoop :D

My beechbuggy, gekoop cash vir R23 000, regemaak  vir nog R6000,  hom gery vir so paar jaar, verkoop vir R36000.

Die cash koop werk goedkoper uit maar die finance koop as jy iets nicer wil he (as jy nou nie sulke lekker vet katte is wat R200 000cash kan uithaaal op n pre owned 1190 of GSA LC nie) dan help dit jou gewoonlik dat jy meer opsies het en jy bietjie meer beskerming het want die bank koop nie kak nie jy het CPA en al daai goed.
Ook spaar gewoonlik tyd want as jy by dealers koop sort hulle jou uit met papierwerk en jy vat goed terug as dit nie reg is nie.
Jy het ook n nuwer fiets wat minder crap gee as wat jy die ouer een cash gekoop het en al jou geldjies uitgegee het.

Ek was al daar by al die voorbeelde en daar is nie n reg of verkeerd nie.

Ook...vir baie is hulle fiets hulle enigste of main vervoer. So die ouens wat se "koop speelgoed kontant" ja ek stem...maar vir baie is dit nie n speelding nie.  baie mense is nie net naweek ryers nie maar moet elke dag verkeer aandurf en by die plek kom waar hy sy geld wat hy moet spaar moet verdien :)

 
« Last Edit: July 14, 2016, 01:57:19 pm by Omninorm »
Current: :
Previous:  KTM 690 Enduro R , BMW G310GS, BMW 1200GS LC, BMW F800GS, Suzuki Vstrom 650, Honda Transalp XLV700, BMW Xchallenge, BMW Xcountry, Yamaha WR250F, Honda NC750X, Honda XR150, Kawasaki KLX450R, Yamaha YZ250, Kawasaki KX450, Yamaha YZ250F,  KTM 250 XCW, Yamaha DT125, Yamaha DT50, Honda NSR250, Yamaha RZ 50.