Hier word baie dinge gese wat uit 'n besigheid se kontantvloei oogpunt baie sin maak. Daar moet egter steeds te alle tye sekerheid oor daai kontantvloei wees...aan die inkom kant.
Ek het vir 8 jaar vir kommissie gewerk. Vroeg in daai tyd het het ek in die skuldmaak strik getrap. Twee of drie slegte maande in 'n ry en jys in jou moer. Swaarste dag van my lewe was toe ek moes onderhandel met die prokureurs om tyd te koop om die bike te kan verkoop en dan die settlement neer te sit.
Van toe af was als cash en dit laat my slaap in die nag.
Ons het tans slegs 'n klein huisverband, revolving loan wat ek glad nie nou gebruik nie maar sal gebruik vir karre upgrades in toekoms en 'n klein kredietkaartlimiet. Uit hom doen ek daaglikse transaksies en settle maandeliks net om die credit score goeters aan die gang te hou.
Na ek die stap gedoen het na cash voertuie pluk ons werklik die vrugte. Ek het bykans soveel myle en memories in twee jaar se tyd op my Dakar, tweede 1150GSA & die 800GS gespeel as in meer as vier jaar op my eerste 1150 wat op paaiemente was.
My CRV is cash gekoop asook my vrou se Daihatsu Sirion(het die opbetaling op haar vorige kar op my revolving loan gehad en binne 6maande gesettle). Daai twee voertuie is so betroubaar en ekonomies, hulle is vir ons hulle gewig in goud werd.
Die lekker van enige van hierdie voertuie en speelgoed is....wanneer ek die dag verkoop kom die volle verkoopprys weer in my bankrekening in. Dit gee vir mens bietjie opsies en bedingingsmag vir daai upgrades.
Ek het intussen van werk verander en geniet nou nie 'n moerse salaris nie, maar wel 'n mate van consistency...klein bietjie meer as my gemiddelde kommissie van ouds. Terwyl my betaalde karre dus nog lekker loop kan ek dieper duike in my huis-skuld maak of bloot net spaar vir ander upgrades...soos die huis
