Ek het destyds 'n nuwe Yamaha Blaster op HP gekoop en luxury tax betaal dat dit by my ore uitkom. Net daar besluit dat ek nooit weer 'n speelding sal koop as ek nie die geld het nie.
Nog net een nuwe bike gekoop in 2007, die 640, en het hom nog steeds. Het nie R200k vir 'n nuwe bike nie maar het in die 9 jaar sedert 2007 'n 990 en 'n 1200 GSA by gekoop. Die laaste 2 X 2de hands met onderskeidelik 26,000 en 36,000km. Nou het ek 3 bikes vir verskillende doeleindes vir onder R200k wat klaar betaal is. Sal nie ander bike in die volgende 9 jaar koop nie, behalwe die laaities sin soos hulle groei, maar beslis 2de hands en net as ek die kontant het.
