Ons twee honde...Ennea is die Corgi (1 jaar oud) en Kielie (16 Jaar oud).
Kielie is 'n Spaniel Staffie kruis en kom 'n lang pad saam met my.
Sy was oa 'n jaar in Botswana saam met my en het die rooibokke baie laat hardloop in haar jong dae. Sy is die laaste jaar doof maar hardloop nog agter 'n bal aan met haar sussie.
Kielie het vir 10 jaar lank saam met my gaan werk, sy het haar eie stoel in my kantoor gehad.
Ennea ,die Corgi, is 'n regte klein terroris en gaan roep vir Kielie as ek saans by die huis kom.