Hel maar dis lekker om weer op die plaas te wees. Het nou eers 'n draai by al my bokkjenners gegooi, almal nog hier en gesond. Honne, katte, hoenders, perde, de lot is bly Pa is weer op sy pos. Ma ook buite haarself, dit vat maar aan 'n vrou om alleen op die plaas te wees en vir alles verantwoordelik te wees. Dankie Me. Dorsie dat jy jou so goed van jou taak gekwyt het, én nog vir ons lekker braai hoender vir ete gemaak het.
Moenie bekommer nie ouens, ek gaan later nog stories hier gooi.
Daniel Njuguna en sy vrou Dorcas het my met 'n klomp geskenke bederf gisteroggend toe ek daar weg is. Sommer vir die 2IB ook mooi goeters aangestuur. Hulle is heel anders as ons mense hier, dis amper kultuurskok om weer tussen dié arrogante en aggressiewe klomp te wees.
My grootste geskenk is dié pragtige houtbok wat vir my gegee het. Dis werklik bitter mooi gemaak. Ek het vergeet om te vra watter hout dit is. Ken een van julle ouens dit dalk?

My sitkamertroppie teel nou mooi aan:
