Ek het op n plaas in Suid Texas gewerk waar die ou cowboy met SA boerbokke geboer het - dit is groot geld daar. Baie kinders in die skole doen die 4-H Program waar hulle dan met die bokke (en ander diere) skou, genaamd Small Animal Showmanship. Ek moes daai bokke help kraam, voer, uit die boer se saad stoor hou (wat moeilik was), hulle loop haal as hulle weg loop, hulle probeer uit die erf hou, hulle dokter ens ens - ek was nog nooit so de moer in vir enige diere in my lewe gewees nie. Het amper eendag een van hulle dood gewurg van kwaadheid toe die bastid weer in die saad stoor beland en al wat n Pioneer saad sak se hoeke af vreet, saad die hele wereld vol.
Hulle is mal oor die rooi boerbokke en is die gesogste. Die tradisionele een (rooi kop en wit lyf) is standaard met n paar interessante mengsels tussen in.