Daniel, die grootbaas, doop my Kamau (sp.) Ek vra wat beteken dit, het lag net en sê ek moet 'n regte Kikuyunaam kry.
Kikuyu is 'n stam (die grootste in Kenya) , 'n taal, 'n plek, 'n kleed wat jy op verskeie maniere kan dra, 'n dorp en natuurlik, 'n gras.
Ons stop by 'n uitkyk punt waar Peter en Sarah vir my 'n armband in Kenya se kleure persent gee.
Ek voel amper soos daai takhaar wat jare terug (laas keer toe ek TV gekyk het) 50/50 aangebied het

Ons stop by Delamare Farm Shop vir cuppacino en driehoekiekoeliekoekies. Die Delamare gesin boer nog steeds op grootskaal hier. Snyblomme wat hulle uitvoer Europa toe, beeste, wild, pyrethrum, pere, pruime. Hy het 'n moerse groot plaas, ons ry seker 20km deur hom aan weerskante van die pad. Skynbaar het hy nog plase verder Oos. Lord Delamare was 'n invloedryke Britse kolonialis gewees en soort van aanvaar as die nie amptelike goewerneur van Kenya in die vroeë 1900s. Kyk bietjie Out of Africa. Baie goeie fliek. Kenya en Afrika sal nooit weer so wees nie

Dié mense is baie gasvry en vriendelik en ons gesels tot laat bokke en boerdery. My wiele is lankal pap en ek sleep oppie disselboom. Maar ek hou by. Oppad na my gemaklike kamer by die Top Cliff Lodge, trap ek amper op 'n slangetjie

maar ek is so moeg dit pla my min. Daar is net koue water om te stort maar Megapix sê mos dit is verkoue en griep se Moses so ek byt vas en gooi seep. Ek is 18 ure wakker nadat ek die vorige nag op Potchefstroom net so 3 ure geslaap het.
Top Cliff Lodge :

Vandag gaan ons my bokkers sien. Ha!
