Dorsland gaan kuier sy Boerbokke in Kenya

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Van julle sal weet dat my Boerbokboerdery hoofsaaklik op die uitvoermark gemik is. So is dit dan dat ek aan die begin van Mei 'n groep van my Boerbokke Kenya toe uitgevoer het. My kliente wou gehad het ek moet saam met die bokke soentoe vlieg maar dit was nie vir my moontlik gewees nie omdat ek met ander projekte besig was. Wel, ek sit tans hier in 'n gastehuis op Potchefstroom waar ek oornag (die stad maak my bang! :)) voordat ek more my bokkers doer in die verte gaan kuier, 'n groep boere in Kenya gaan oplei en reelings tref vir 'n tweede besending Boerbokke wat na daai land toe gaan.

Ek wil julle nie verveel met my vertellinge nie maar ek het 'n passie vir my Boerbokke waarmee ek al amper 25 jaar boer en ek vertel graag oor hulle. Ek voer vir die afgelope 10 jaar hulle al na verskeie lande toe uit en dis altyd vir my lekker om te sien dat hulle goed versorg en mooi na gekyk word deur die boere daar. Dis vir my 'n groot geleentheid om daarheen genooi te word en ek sien baie uit om die mense daar te gaan bystaan.

Dit is vir my opvallend hoe entoesiasties die buitelanders is en hoe gretig hulle is om oor die Boerbokke te leer. Dis lekker om met sulke mense te werk.

Ek gaan beperkte internet toegang hê terwyl ek daar is maar ek probeer 'n paar staaltjies hier vertel terwyl ek in die verte is. Moreoggend 04h00 val ek innie pad lughawe toe en dan gaan dié boertjie Kenya toe. Ek wil sien of ek so hoog soos 'n Masai kan spring, of ek beesbloed en melk in my keel afgewurg kan kry en - GROOT LEKKER! - om my bokkjenners doer ver te gaan kuier en sien die mense kyk mooi na hulle.

Nou ja, hieronder is 'n paar fotos van die bokke wat 7 Mei op Johannesburg lughawe in hulle kratte gelaai word asook 'n klompie fotos wat my kliente in Kenya vir my gestuur het kort nadat die bokke daar aangekom het.

5535bf31512ba485a35e75e23594f22e.jpg


aab2f7475f1190a9146d02610d894616.jpg


e696bf8ca5462c969b93846b9c4450a3.jpg


dfb1a917cf2a146b774fc85217feafe4.jpg
 
Top