Alhoewel ek 'n doseerspuit, sweismasjien, oorplaattang en draadtrekker goed ken, weet ek darem ook so 'n ietsie van tegnologie af maar dit verbaas my nogsteeds hoe klein die wêreld raak. Ek is besig met 'n nuwe projek vir bokke wat Nepal toe gaan. Vanoggend kontak die klient van Nepal my en soek dringend dokumente vir hulle invoerpermitaansoek. Ek sit hier en reel hulle gesondheidsertifikate met die staatsveeaarts wat daar naby Nieu-Bethesda op 'n plaas besig is. En dit alles van my selfoon af! Vir iemand wat gedink het die koms van faksmasjiene was groot nuus is dit groot lekker om so maklik dinge te kan reel.
Nou ja, ek gaan nou klim, siet julle maters later. Kiekies van Masaie, Zebu beeste, Boerbokke en Dorsland volg later ......