Impulsiewe 1 nag trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Antonie

Race Dog
Joined
Mar 27, 2012
Messages
1,201
Reaction score
152
Location
Roodepoort
Bike
BMW R1200GS Adventure
DEEL 1

My pel se my die Dinsdag: “Ouboet, ek het vir julle plek by Sudwala Lodge die naweek as jy en jou vrou wil gaan.” Shit, dink ek, dit kan lekker wees, maar ons sal nie verlof kan kry nie, so dit sal ‘n lekker ride maak, dan slaap ons net die Saterdag aand oor.

Nou Mrs.P is maar skrikkerig om bike te ry, so ek weet dis ‘n lang kans wat ek vat, maar daar is nie ‘n manier wat ek met die kar gaan ry nie.

Lang storie kort, ek kry haar dat sy instem. Nou is ek darm moerse opgewonde. Besluit net daar ek gaan invest in ‘n intercom set vir ons, om dit vir haar bietjie beter te maak. Dankie weer Chris en Amanda!!

Headsets is geinstaleer en sakke gepak. Min of meer ‘n roete beplan (ongelukkig als teer) met moontlike stop en rus plekke. Belangrikste was om die reëls te volg: no rules, no commitments an ENJOY die trip.

Piekniek vir moontlike Long Tom kanon stop (wat toe nie gebeur het nie)


Klein mnr.P by ouma afgelaai, en hy reken as pa hulle gaan bike ry gaan ek ook (helmet en al)


Mrs.P was lekker nervous, maar diep binne kwaai opgewonde.  :ricky: :ricky:


Pad (highway tot by Belfast) was maar boring, en ons maak die eerste stop by Alzu vir 'n lekker koppie koffie en water afslaan terwyl die mooi buffels, renosters en elande dopgehou word.


Van daar af 'n vinnige ry tot by Dullstroom, gelukkig raak die pad al hoe mooier van Belfast af, moes net my oë oophou vir slaggate. Aanvanklik wou ons by Harries Pancakes stop, maar net voor Dullstroom sien ek 'n bord 'Art of Food - gourmet restaurant & deli. Ek luister vir die interkom wat ek vermoed enige tyd gaan aankom... maar niks. Net stilte. Vra haar het sy die bord gesien? "Nee watse bord?" Toe die volgende bord aankom wys ek haar, en net daar is Harry saam met die pannekoek by die deur uit.
Mrs.P voel oor gourmet, hoity toity kos amper soos ek oor bikes.


Doen jouself 'n guns as jy weer deur Dullstroom ry en stop daar!! :drif: :drif: :thumleft:

Het vergeet om vooraf foto's te neem van die kos, maar hier is 'n paar:







Wou heeldag hier sit en eet, maar moes weer aanstaltes maak Sudwala toe..
Long Tom pas is natuurlik altyd 'n bederf, Mrs.P was nie so mal oor al die draaie nie :biggrin:
 
Top