Saam met die tjenners deur Namibia

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
" Ou grootman,hoekom jy loop saam met die tjenners?",vra die bejaarde  petroljoggie vir my toe ons volmaak op Kamanjab.Ek wou n paar jonger manne die mooi van Namibia gaan wys.Die reels is vroeg
uitgespel vir al die genooides:Elkeen sorg vir sy eie verblyf en kos,jy kan inklim en uitklim by die pakkie wanneer en waar jy wil en jy moet vertroud wees met die beplande roete.Die konsep het goed gewerk,maar daar was wel n paar kinkels wat vir meer avontuur sou sorg.
  Ek,Len,Barry,Andrew en Wim vertrek Vrydag 10 Junie vanaf Montagu en later die aand sluit Kiewiet en Matti op Nuwerus by ons aan,waar ons oornag.Saterdagoggend vat Barry en Andrew die grondpad via Kliprand na Pofadder,maar hul trip eindig 40 km. verder toe n vieslike oostewind vir Andrew van die pad af klap en sy 1200 afskryf.Die res van ons beur teerpad langs voort teen n orkaan van n oostewind.Anderkant Kammieskroon maak die manne n rookstop en die wind waai nog 2 fietse om.Kiewiet se clutch lever bly in die slag.Ons sit hom sonder clutch weer aan die gang en hy moet verskeie stop en go s trotseer oppad na Springbok.Die plaaslike manne help ons om n ou Kawasaki clutch lever te maak pas op die BMW 650.
  Maar die oostewind is nog nie klaar met ons nie en hy hou ons besig tot op Pofadder.Na Pofadder bedaar die wind,maar toe kasty die moeder van vrotpad ons tot by Onseepkans.Ek koop n stukkie van die sandpad.Toe ek opstaan uit die sand,weet ek dit gaan n lang trip wees met baie pynpille.
 

Attachments

  • DSCN7654.JPG
    DSCN7654.JPG
    93.6 KB · Views: 1,176
Top