So sit ons vrydagaand vroegerig teen die vuur en gesels.
Die pad na die landbousaal(genaamd die blousaal wat nie meer blou is nie) loop so 30 meter van ons af verby.
Ons hoor n V 6 aankom en die volgende oomblik word die perde gerev tot in die rooi en die drywer skrou "julle hoerjaers"!!!!!!

JJR wat niemand ken en nog die spul uitkyk vra wie daai. Ek sê jy sal nou nou sien.

Minute later stop Rickus en Eugene in die rooi revende stofwolk!!

So groet die spul maar mekaar. Wat verwag jy van n dorp waar die hotel en bar aan n predikant behoort!!
