So ry ons LEKKER met stange aan in die reen.
Pad is rof en vol gate. Elke keer as ek so 'n gat water slaan is Elize toegegooi met modder water.

Ons kom so 'n steil bult of en hier staan 'n Golf in die gras. Duidelike uitgly spore.
Dink so by myself...sjoe is die pad so snotterig ?
Ry oor die kruin en die pad draai skerperig na regs met 'n helse camber.
Daar begin ons rigting sloot gly. Ek gee gas om die ding LINKS te draai maar nee sy ploeg in daai wal vas met 'n spoed.
Ek vlieg bo oor die ou vrou en maak 'n mooi TUCK and ROLL anderkant die karretjie.