Dit is waar die BMW met die enkel swingarm dit baie makliker maak.
Op die Yamaha met die 2 arms moes ek maar net 'n nuwe hub maak en aangesien my draaibankie nie so groot kan werk nie moes ek dit by 'n ander ou laat maak...en nou wag ek al 2 weke vir die hub.

Ek gaan ook my leading link voor opsit en dit bietjie langer maak sodat ek so 'n bietjie meer ground clearance kan kry want die Yamaha is maar LAAG gebore.

Het jy hom al sonder die sidecar gery op daai DARK SIDE ? Baie ouens oorsee doen dit en is baie gelukkig met die setup.
Kan nie wag om klaar te maak nie, maar ek moet eers die blerrie wiel kry om my nuwe hoogtes te bepaal voordat ek my ADJUSTABLE sidecar hoogte verstelling kan insit.
Ek wil in die ry die sidecar OP of AF kan instel soos die pad camber verander en ook die gewig verander in die sidecar.
Maar ons sal daar by kom.
