Die jaar toe begin sommige mense weer hulle mooi skoon XT 1200 fietse te wys.
Toe kry ek bietjie skaam want my arme werks esel kry nooit n mooi skoonmaak nie.
Sien dis maar moeilik om orals in te kom om skoon te maak.
So vir n verandering haal ek toe die sidecar af.
Sit n nuwe stel Dunlop bande op en begin skoonmaak.
Twee dae later lyk sy weer spoggerig.
Wat ek wel kan se vir die fiets is dat sy tuff is.
Odo staan nou by die 62k
Baie myle met sidecar gery en die oorspronklike cush rubbers is nog soos nuwes.
Ek het gesukkel om hulle van my kar band hub af te kry om op ander wiel te sit