En so begin nog 'n "Adventure bike" se lewe ...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

XRRX

Race Dog
WD Supporter
Joined
Jun 15, 2014
Messages
2,722
Reaction score
490
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Soos elders genoem het Baked Beans gister die trotse eienaar van 'n nuwe AT geword ...
Nou ja, so toe moet ons ry vandag!  ::)
Net 'n lekker "trippie" om bietjie kilometers op daai nuwe bike te kry...

Ons ontmoet  9am by Hartenbos Wimpy. Die weer is great en ons val in die pad na Oudtshoorn via Robinson Pas. Van Oudtshoorn af die "skelm" grondpaadjie na Schoemanshoek. Hiervandaan waai die wind ons deurmekaar!!!

Stop by Wilgewandel vir 'n lekker plaasontbyt ... toe trotseer ons weer die wind Swartbergpas toe ... Oudtshoorn kant van die pas is lekker los - veral in die stormwind.

Prins Albert kant "smooth" en die wind begin toe ook bedaar. Vinnige stop by Eerstewater, en daar kom Mnr Jakkals & Nadine toe ook aan, oppad terug vanaf die Tankwa ...

'n Rustige bier by die Bushpub in 'n warm Prins Albert. Hiervandaan vat ons die teer Klaarstroom toe verby 'n senior likkewaan  :eek7: :eek7:
Van Klaarstroom die grondpad wat mens in die Meiringspoort bring. De Rust weer 'n vinnige stop om die ingewande te versterk, en toe weer grond via Dysselsdorp, Paardebont en Montagu Pas - so ongeveer 350km.

Tot volgende keer ... wanneer die bikes bagasie sal moet dra!!!  :thumleft:
 

Attachments

  • BB2.jpg
    BB2.jpg
    426.8 KB · Views: 722
  • BB3.jpg
    BB3.jpg
    447.5 KB · Views: 713
  • BB4.jpg
    BB4.jpg
    446 KB · Views: 715
  • BB5.jpg
    BB5.jpg
    440.4 KB · Views: 719
  • BB1.jpg
    BB1.jpg
    397 KB · Views: 721
Top