Namibia - again . . .

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

LMG

Race Dog
Joined
Jan 10, 2008
Messages
2,957
Reaction score
2,436
Bike
BMW R1200GS Adventure
Dit is my vierde solo besoek aan Namibië.  

Daar is ʼn paar mense wat dink ek moet my kop laat lees deur Namibië se grondpaaie alleen en op my eie aan te pak . . .  

Weereens is ek gekontrakteer om vir twee weke by die Universiteit van Namibië te kom klasgee.  

Weereens het ek die vliegtuigkaartjie van die hand gewys en aangedui dat hul eerder my onkoste per pad moet dek.  

Dit laat my nie net toe om per grondpad tot in Windhoek te toer nie; daar is ook ʼn naweek tussen die twee weke wat ek met groot vrug kan gebruik vir wye verkenning.

Ek gaan meer fotos opsit as wat ek gaan skryf.  

Daarom gaan ek die rapport gatkant voor begin deur eers ʼn paar gevolgtrekkings neer te pen.

Eerstens, ek het al baie geëksperimenteer met tyres.  Maar as ek teer en grondpad moet aanpak, soos tipies op hierdie trip, sal ek nie weer met enige ander tyre as die Midas 07s ry nie.  Goeie traction, sure-footedness en kilometers; wat meer kan ek vra.

Tweedens,  ʼn paar opmerkings oor grondpadry met die GSA.  Dit is nie die beste en mees maneuvreerbare fiets vir moeilike grondpaaie nie, maar my size laat my nie veel van ʼn keuse nie.  En die ou lady gedra haar goed; maar ek het ook al my eie tricks of the trade geleer om haar op die pad te hou.  Ek deel ʼn paar -  

Ek sal nie sommer betrokke raak in debatte oor staan en ry & die centre of gravity van die fiets nie.  Fisika was nog nooit my sterkpunt nie   Iemand lieg vir iemand . . .

Persoonlik dink ek ook die hele teorie van ‘stand up, look up, and open up’ staan op wankelrige bene.

Ek staan om twee redes op my fiets as ek grondpad aanpak:  

Eerstens, ek raak paniekerig as ek sit en ry; die oomblik as ek staan gee ek die fiets kans om onder my te operate sonder dat dit met my eie kop smokkel.  Staan = riding with self-confidence.  

Tweedens, as ek grondpad ry maneuvreer – stuur – ek die fiets met my bene.  Grondpadry = stuur met jou gewig deur jou bene.  Om dit te kan doen moet jy staan.  My benadering is daarom - staan as jy moet; sit as jy kan.

Dan ook:

Keep the speed down & the revs up.  

Kies jou lyn en hou jou lyn.  Panic normally set in when you trying to change your line.

Handhaaf ʼn baie fyn balans tussen offensiewe en defensiewe ry – use power carefully; but use it aggressively when necessary to power yourself out of trouble.

‘n Vars geskraapte pad kan lekker ry en die fiets swem altyd lekker. Maar daar is altyd ‘n verrassing of twee.

Stay away from cage riders; there is a natural inclination and tendency to either try and stay ahead or try and catch up with cage riders.

More to follow.
 
Top