Twee Plat-Bikes en die Bash

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
37,735
Reaction score
2,149
Location
Port Elizabeth
Bike
Triumph 900 Scrambler
Amper verkoop ek die bike en nou is ek so bly ek het nie. So week of twee gelede sit ek uiteindelik vir die 1100 paniers op en is dadelik lus vir 'n trip. Was nie eintlik van plan om Bash toe te gaan nie, maar dit klink toe na 'n goeie verskoning. Vinnige PM na Nimmo en hy sê die stukkie grondpad in na Riverside is nie probleem nie.

Ek vra mooi en Vroutjie gee toestemming, laat weet vir Tiger8 (sy gat brand ook lankal om weer die Triumph se oor te draai) en rukkie later laat weet hy, hy't ook toestemming.

Dit was 'n lang week om te wag, maar Vrydagoggend is ons reg vir ry.

 

Attachments

  • 100_5307.JPG
    100_5307.JPG
    289.8 KB · Views: 622
Top