Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Grondeise en standaard hekwydtes.  (Read 10731 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,380
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Grondeise en standaard hekwydtes.
« on: October 02, 2016, 06:59:02 pm »
Dit was n lang en alleen jaar vandat ek en Karoo Rider laas saamgery het. Die lewe hol met ons altwee weg :eek7:
Ek kry n mail wat s hy is op vakansie en siende dat hy baie lanklaas vakansie gehad het probeer hy te veel doen in n kort tydjie MAAR sal dit moontlik wees om n dinsdag,woensdag en die donderdag te gaan ry? Geen ander dae sal pas want voor die tyd het hy bergklimmery aan die gang en na die trip n familiekamp.

Ek s dadelik ja want ek weet hy het n ry honger en buitendien geniet ek sy geselskap en ons gel lekker saam op n trip. Die roete word aan my oorgelaat en enigiets sal doen order die man. Solank hy net op twee wiele kan wees en kan kamp in die natuur.
Vroeg oggend ry hy vanaf Ladismith tot by my en ons vat n koffie voor ons ry.



Nie vr van my af maak ons sommer rubber nat oor die Gou Kou rivier.



Ons vat pad oor wat bekend staan as die "Vlakte" Jip dis boerbokke, en wie sn? Troes nannies Dorsland het hulle hier by n koper kom aflaai!! :thumleft:



Die area is groen en meeste gesaaides in die aar. Die Duiwenhoksrivier se watervlak is nie te hoog, maar vloei lekker oppad see toe.





Die res van die land het erge droogte,maar die suid kaap is pragtig. Die ou wat nie vanjaar n goeie oes maak het nie gesaai :deal: :thumleft:



Sulke lekker vet are vir mooi brode :drif:



Ons kap n paar linkse en regse en ons beland by die pond by Malgas.



Ek is al n paar maal hier oor en dit voel altyd asof ek vir die tyd wat ek oor die water beweeg terug beweeg in tyd. Asof ek graag saam met my oor die pond n paar perde karre sou wou h en Oom Moksie Dunn moet nog die pond op sy eie trek. Kom ons hoop die pond word nooit vervang deur n brug :thumleft:







Ons ry verby De Hoop en Ouplaas en toe begin ons ernstig zig zag en ons kom by Protem uit. Dis daai tyd van die jaar wanneer die groot speelgoed vir die tweede keer uitgetrek word. Hier word hawer gesny om gewrap baal te word vir voer volgende jaar.



Die grondpad spoeg ons net voor Riviersonderend op die N2 uit. Ek het dit nie gemeet maar op die totale afstand het ons seker nie meer as 20 kms teerpad gery. Stunning wreld die tyd van die jaar. Ons vat petrol vir die bikes en n broodjie vir die mae.



Op Riviersonderend besluit ons om Greyton om te ry want KR het die pragtige dorpie nog nie gesien. Eerste grond regsaf net buite Riverwithoutend. Pragtige pad tussen die mooiste plase deur. Hier boer die manne in hor graad. :thumleft: :deal:



KR vat n rustige toer in Greyton EN verdwaal amper terwyl ek op die rand van die dorp wag. Hy kom stop met die woorde "hier kan mens mos bly"!! :thumleft:
Ons vat die teerpad Genadendal, Villiersdorp en verby Worcester. By die afdraai van Bainskloofpas besluit ons sommer om hom te ry. Goeie besluit aangesien ek hom 14 jaar laas gery het en baie van hoe die pas loop vergeet het. :eek7:



Ons mik vir ons vriendelike WD blokman op Gouda vir n vleisie vir die aand se braai en n biltong vir kou langs die pad. Mens gesels altyd lekker as jy stop by VaalBaas en hy glo aan klientediens. Vir vrouekliente maak hy seker mouterdeure oop, in my geval weet hy hy moet my been oor die saal trek anders sit hy vir die res van die dag met my opgeskeep. :lol8:
Oppad badkamer toe sien ek di hartseer gesig, toe onder die boustof!! :eek7: VaalBaas jy moet plan maak om meer te ry. :deal:



Die dag het verbygevlie en die son trek water en ons moet nog gaan hallos by JJR en di weet ek doen mens nie gou nie :deal: ;) Anderkant Porterville val ons in by JJR se plaas. Ons vat koffie en gou word daar ges "julle slaap net hier vannaand, ons het spesenjaal steaks uitgehaal" :deal:
Dis n moeilike besluit en mens kuier altyd lekker by JJR maar ek het iets op my bucketlist en KR wil dit ook doen. Ons wil gaan kamp by Beaverlac en ook Dasklippas gaan bekyk. JJR klim op sy KTM en vat kort paadjies deur die plase reguit Dasklippas toe. Ons groet met n belofte dat ons die volgende oggend sal kom koffie vat by hom.
Die son sak en die pas is steil en definitief uitgel deur iemand wat nie aan hoogtevrees lei. :eek7:





Ons draai af in die kloof af na Beaverlac. Die pad is skerp en los in die half donker. In die kampplek gekom is als toe. Geen hout te koop en ons besluit ons kamp sommer op die eerste en beste plek. Ons los die vleis buite sodat dit kan koud word deur die nag en dus sal hou tot die volgende aan.
Ons gesels ons ou geselse en maak n kossie. Die pad was effe verder as wat ek gereken het aangesien dit byna 700 km vir KR vir die dag was.
Kwart oor nege toe l ons twee albei in ons slaapsakke.
Reken ons raak nou oud!! :eek7: :biggrin: :o

Niemand sal vervolg word maar die storie sal wel. :thumleft: ;)


















MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
The following users thanked this post: Leo, RobC, wilfwalk

Offline Draadwerk

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 7,924
  • Thanked: 38 times
  • My job? Just something I do between rides....
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #1 on: October 02, 2016, 07:10:10 pm »
Lekker.....
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,347
  • Thanked: 142 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #2 on: October 02, 2016, 07:17:30 pm »
Lekker saamgery sover.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 993
  • Thanked: 29 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #3 on: October 02, 2016, 07:24:56 pm »
Laat waai Chris, ek ry lekker (weer) saam!
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #4 on: October 02, 2016, 07:26:40 pm »
Julle Suid Kaapenaars is darem 'n klomp brggatte met al daai groenigheid, water, koring, canola en watnog. Bliksem, dis mooi Chris.

En ja, ek sien presies die prentjie wat jy vertel van op die pont. Ons lewens is t gejaag, t vol niks, te vinnig verby.

Ek lees baie lekker.

En dankie dat jy 'n oog hou oor "my" bokke. Ou Tommie bel my kort-kort om iets te hoor.  Ek glo hy sal die pyp rook met die bokke. Gawe ou daai, ook al deur 'n paar diep driwwe in sy lewe.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #5 on: October 02, 2016, 07:28:57 pm »
En ja jy Mnr Karoo Ruiter, jys gans en al t skaars deesdae. Towerkop sal sonder jou 24/7 aandag kan klaarkom. Kom kuier weer vir 'n slag op die forum.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 993
  • Thanked: 29 times
Re:
« Reply #6 on: October 02, 2016, 08:16:06 pm »
En ja jy Mnr Karoo Ruiter, jys gans en al t skaars deesdae. Towerkop sal sonder jou 24/7 aandag kan klaarkom. Kom kuier weer vir 'n slag op die forum.

 :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
Ek werk aan daai plan Dorsland! Was 'n bedrywige tyd maar sal seker rustiger begin word na vore.
 

Offline Crossed-up

  • Pangaman
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,477
  • Thanked: 59 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #7 on: October 02, 2016, 08:30:55 pm »
I always look out for RRs from ChrisL, and once again I'm delighted by the beautiful pics and descriptions. Thank you, and I look forward to more.

 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,380
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #8 on: October 02, 2016, 10:25:44 pm »
Woensdag oggend vroegerig is ons wakker en maak koffie en bekyk die kampterrein in die daglig. KR loop n draai. Iewers loop n stroom water wat mens heelnag kon hoor. Mens kan sien waarom die kampplek so gewild is.
Ons pak op en gaan betaal.







Ons klim weer die klipperige kloofpad uit tot bo. n Ongelooflike uitsig oor die Swartland is te sien in die oggendlug.



Ons backtrack terug tot by JJR se huis maar hy is op een van sy ander plase. Ons vat pad oor die Piekenierskloofpas Citrusdal se kant toe.
Die pad aan die oostekant van die Olifantsrivier is nie te sleg soos altyd. Hier en daar bietjie sinkplaat.





Ons ry later teen die bo loop van die Clanwilliamdam langs. Dis groen hier en die dam is vol.









Ons ry rustig deur Clanwilliam en hou aan die oostekant van die rivier. Dit begin bietjie warm word en ons sit vir ietsie te eet regoor die Bulshoekdam se wal. Ek vertel KR bietjie van die geskiedenis van die twee damme en die kanaal wat uit Bulshoek vloei terwyl ons eet.



Ek sou nie omgee as die plekkie myne kon wees :thumleft:



In Klawer vat ons n koeligheidjie en petrol. Dis nou effe louerig, maar die wreld is bekend vir sy hitte. Gifberg l om die draai en ek wou al lankal vir KR dit loop wys die kans het net nog nie vroer gekom.



En daar kronkel die stukkie van die pad wat wel geteer is teen die berg uit.





Na n vinnige stywe klim is mens bo met n pragtige uitsig in die rigting van Van Rhynsdorp.



Die rotsformasies is baie dieselfde as in die Cederberge.



Ek was baie lanklaas bo op Gifberg en het plek plek vergeet hoe die pad loop. Wat wel duidelik is is dat die sanderigheid op die pad meer geraak het vandat ek laas hier was!!! :eek7:



Siende dat hele land iewers besig is met n grondeis en dat Gifberg so n mooi plek is besluit ek sommer terstonds ek gaan ook n grondeis insit en semier claim ook!!! :lol8: :biggrin:



Tot binnein die bosse was ek nog staande en daar loop tip ek om!! :lol8:



Ons tel op oftewel KR tel op en ek maak steungeluide  :lol8: Ek s vat hom sommer terug pad toe asb maat. Spinspin deur die los sand is hy terug pad toe.
Die lessie wat ek geleer het uit die hele petalje is, maak nie saak hoe sleg die spoor is waarin jy is moenie op die laaste sekonde n beter spoor loop soek nie. Veral nie as dit sanderig is. :deal:



Dis moeilik as die pad jou aandag verg om jou maat dop te hou. Op n harde kol hou ek stil en wag vir KR. En ek wag en ek wag en uitendelik hoor ek die beetle engine se dreuning. Op die oog af lyk die man OK, niks windskeef aan die bike.
Ek vra jy OK? Ja s hy maar dit smaak hom die hekke op Gifberg is nie die standaard wydte nie of sy bike is brer as wat hy dink!!! :lol8:
Ons het so n afdraend vantevore gery en dis sanderig nog voor n hek wat oopstaan en by die hek maak die pad n effe draai na regs.
Hy het glo al begin stoei voor die hek met die sandmonster en is al gatswaaiende deur die hek en met die deurgaan hoor hy n slag maar daars nie kans vir stop want die sand hou aan. Toe hy uiteindelik n hardekol kry sien hy sy regterpannier het n duik aan die voorkant. Hy het die yster raamwerk van die hek getref!!!! :eek7: :biggrin:





Die pad raak rooi en klipperig. Rooibosteelande sovr as die oog kan sien.



En nog n Ouberg pas in die Wes Kaap. :deal:



Ons sak af teen die berg en vat die uitgeryde pad Van Rhynsdorp toe. Klim op die teerpad Nieuwoudtsville se rigting. Ons stop aan die bopunt van Van Rhynspas en sit en kyk vir n rukkie na die groot niks wat voor ons l genaamd die Knersvlakte.



By Nieuwoudtsville se kruis draai ons rigting Loeriesfontein en draai linksaf op die eerste grondpad. Die skaduwees begin lank raak en ons het nog so +- 30 km om te ry skat ek.
Die plek het nie meer petrol nie, maar ek sou dm graag die pomp wou h. ;)



Vandat ek KR ken wou ek al hom die passie kom wys en alhoewel ek hom al eenkeer vantevore met my 1150 gery het jare terug het ek eers laasweek sy naam te hore gekom. Dis die Helsekloofpas(thanks Trygve) :thumleft:
Ons ry halfpad teen die pas af en draai om. Beter kampplek sal ons nie teen die pas kry en siende dat spits verkeer toe alreeds verby was slaan ons toe sommer in die pad op :P ;)





Die man het baie bobbejaanbloed in sy are. Wys hom n klip en hy loop klim hom!! :thumleft:







Dit was gou duidelik met die kwaaierige koue wind wat waai dat ons nie hier n kans moet vat om vuur te maak om te braai en vir n tweede aand kry ons nie VaalBaas se chops gebraai :(
KR sny hulle op in blokkies en sit dit op sy stoof in n potjie. Af en toe gooi hy n knippie doepa by en vat n sluk soetwyn. Ons drink die sonsondergang oor die Knersvlak in en gesels oor die dag.







Kort voor lank begin mens die VaalBaaspotjie ruik en vir oulaas gooi die man nog n pakkie sop ook daar in. Kyk kookvleis met niks in behalwe speserye het lanklaas so lekker gesmaak. :drif:







Net voor nege drink ek my laaste beker koffie. Die snot begin al blink strepe oor my bolip loop van die koue!!!. KR sit snuif aanmekaar en ons besluit dis tyd dat "oumense"(dis nou ek) loop inkruip!! Ons klop ons vorige aand se rekord met 15 minute en nege uur toe l ons knus in ons slaapsakke. :eek7:
Ons gesels vir n wyle so van tent tot tent totdat ons aan die slaap raak.
Deur die nag as ek omdraai hoor ek net die wind deur die boompie naby my tent waai.
Die kamp teen die berghang op Helsekloofpas was wat ek gereken het dit sou wees. Salig!! :thumleft:
En nie een van ons twee het uit ons tente gerol oor dit so skuins was :deal: :lol8:

Ek sal more klaarmaak.





MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
The following users thanked this post: Leo

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re:
« Reply #9 on: October 03, 2016, 06:23:41 am »
Jy vertel lekker Chris, waaragtig. En paaie wat jy nie ken nie is nog nie gebou nie.  Ek hou van die manier wat julle ouens ritte doen: g'n planne, ry tot dit amper donker is,  kamp waar dit mooi is, eet wat beskikbaar is.  Lekker man, lekker.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Mev Vis Arend

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,151
  • Thanked: 20 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #10 on: October 03, 2016, 07:27:25 am »
Jis, maar dit is mooi. 
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 

Offline 1ougat

  • The Commodore !!!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,111
  • Thanked: 32 times
  • The Commodore
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #11 on: October 03, 2016, 07:32:19 am »
Kan jy n kaart van julle roete post ?
Make mine a Boxer with a shaft!!!!
2006 R1200 HP2 !!!! - La Poderosa - "The Mighty One"
1965 R50/2
1996 R80 GS PD Classic
2010 1200 GS 1975 Suzuki AC50
 

Online OomD

Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #12 on: October 03, 2016, 07:33:08 am »
Jislaaik, om hier te lees laat my na 'n plek verlang waar ek nog nooit was nie. Mooi geskryf, Chris, lekker leesstof di. En, natuurik, lyk na 'n heerlike trippie! :thumleft:
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,347
  • Thanked: 142 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #13 on: October 03, 2016, 07:52:56 am »
Nou is dit tyd vir daai sidecar Chris.  2 keer in een jaar.. nee man jy gaan jou stukkend val. :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Herklaas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,348
  • Thanked: 58 times
  • Do it, you only live twice.
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #14 on: October 03, 2016, 07:56:49 am »
 :sip: Lekker gelees en gekyk na fotos van plekke wat ek al gesien het en nooit van moeg sal raak nie.
Yamaha 50, Yamaha 400, 2 x Yamaha DR 350 LC, Honda CBX 550 F2, Honda TransAlp 650, Triumph Tiger 800 Xc,
Now 2015 Triumph Tiger 800 Xcx.and.. my favorite... 1996 Yamaha Tenere 660 5 valve single.
 

Online FrancoisTz

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 929
  • Thanked: 28 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #15 on: October 03, 2016, 08:02:46 am »
Wonderlik Chris
Far better is it to dare mighty things, to win glorious triumphs, even though checkered by failure, than to rank amongst those poor spirits who neither enjoy much nor suffer much, because they live in the grey twilight that knows neither victory nor defeat.
 

Offline Herklaas

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,348
  • Thanked: 58 times
  • Do it, you only live twice.
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #16 on: October 03, 2016, 08:05:56 am »
 :sip: Geen GS trip is seker volmaak sonder dat iemand in 'n sandkol geploeg het nie. Ek moet egter maar my bek hou, want met my kop-ding oor sand sal ek seker ook daar met die TRaaimf geploeg het.  :spitcoffee:
Yamaha 50, Yamaha 400, 2 x Yamaha DR 350 LC, Honda CBX 550 F2, Honda TransAlp 650, Triumph Tiger 800 Xc,
Now 2015 Triumph Tiger 800 Xcx.and.. my favorite... 1996 Yamaha Tenere 660 5 valve single.
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,380
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #17 on: October 03, 2016, 08:10:16 am »
Kan jy n kaart van julle roete post ?
Karoo Rider sal dit seker kan doen as hy sy gedeelte doen alhoewel sy gps op n stadium aan sy draadjie gehang het na n klipperige stuk. :eek7:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline silvrav

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: New Zealand
  • Posts: 4,465
  • Thanked: 76 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #18 on: October 03, 2016, 08:10:49 am »
 :sip: :ricky:
 

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,826
  • Thanked: 37 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #19 on: October 03, 2016, 08:57:40 am »
Dit lyk na vrek lekker toertjie. Ons was afgelope naweek net bietjie verder noord van Gifberg in Loeriesfontein vir die basaar.
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/