Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Grondeise en standaard hekwydtes.  (Read 10726 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline FrancoisTz

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 928
  • Thanked: 28 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #40 on: October 04, 2016, 08:07:37 am »
Dankie vir die deel Chris
Far better is it to dare mighty things, to win glorious triumphs, even though checkered by failure, than to rank amongst those poor spirits who neither enjoy much nor suffer much, because they live in the grey twilight that knows neither victory nor defeat.
 

Offline Dwerg

Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #41 on: October 04, 2016, 08:22:43 am »
Geniet altyd die reports van jou en KR  :thumleft:

Dis darem mooi wÍreld. As ons weer mossels toe gaan moet my vrou maar weet ek gaan heel vakansie bike ry
KTM 690R, 790ADV
 

Offline Bokveld

Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #42 on: October 05, 2016, 08:35:53 pm »
  So moet n RR mos lyk.Altyd lekker om julle trips te deel. :thumleft:Ek is bly om te sien KR breek darem nog af en toe n bietjie uit na die agterpaaie toe.
 

Offline Nimmo

  • Let your regrets not be the things you did not do.
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 2,743
  • Thanked: 49 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #43 on: October 06, 2016, 04:06:19 pm »
Lekker RR  :thumleft:
CT110,XT250,CX500,R100RS,ZZR400,DR650RS,XT350,K100RS,R1100RS,R1100S,K1200RS,XT350,R1100GS,F650GS,F800GS,XL200,TW200, HP2, KTM 990  :amazon:
Sunset Chalets 082 493 8814


NIMMOíS Ride Reports
 

Offline Klein Torkar

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 564
  • Thanked: 4 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #44 on: October 07, 2016, 08:53:30 pm »
Dankie vir deel.
 

Offline Skim

Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #45 on: October 08, 2016, 10:27:06 am »
Ai Chris en Jan - julle doen altyd die lekkerste trips!! BAie dankie vir die deel Julle foto's en "byskrif" is TOPS!

Mooi loop tot volgende keer
Skim

BMW R 1200 GS Adventure.
 

Offline Skolla

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Triumph 800 XC
    Location: Western Cape
  • Posts: 523
  • Thanked: 5 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #46 on: October 08, 2016, 11:17:38 am »
Mooi Chris en KR lekker storie en report :thumleft:
 

Offline Tuareg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,698
  • Thanked: 4 times
  • Braap....
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #47 on: October 08, 2016, 12:34:05 pm »
Thanks for sharing, Chris......
Always good to "ride along" on one of your trips  :ricky: :ricky: :ricky:
Present: Yamaha TW 200Husaberg FE 650KTM 990 Adv RHonda XR650R
Past: KTM 450 XC-WKTM 950 Adv
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 993
  • Thanked: 29 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #48 on: October 08, 2016, 01:20:47 pm »
Hulle sÍ tussen die Swartberge en die Langeberge, is daar niks wat nie twee weke kan wag nie.  Behalwe, lyk dit vir my, jaarlikse verlof.  Dit kan binne 'n ommesientjie omswaai in 'n twee jaar lange sessie voordat jou beurt weer verbykom.  En toe hy nou onlangs sy verskyning maak wil ek sekerlik te veel aanpak, en my kamermaat ontsien mos boonop ook nie die geleentheid om my te herinner aan die ligte onderhoudstakies wat in en om die Viljoen woning uitstaande is nie.

Met die gevolg dat ek 'n sekere inwoner in die Stilbaai distrik toe taamlik rofhandig, en basies keuseloos, ingeboelie het binne 'n drie dag bike trippie in die middel van die week.  Stomme man stem toe ook maar in en 'n paar dae later trek my voorwiel hul netjiese plaaswerf binne.  Wat gevolg het was, soos gewoonlik, 'n onvergeetlike lekker wegbreek met baie onbekende paaie (vir my natuurlik), nuwe mense ontmoet, en lekker gesels saans as ons kamp.  Chris - baie dankie!



 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 993
  • Thanked: 29 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #49 on: October 08, 2016, 01:53:45 pm »
Na 'n koffie en gesels trek ons die Dinsdagoggend weg van Chris en Amanda.  Sommer so draai-draai met die lekker grondpaaie van die Overberg, deur valleie en dale en orals staan die koring blinkvet in die Suidkaapse son.  Ons groet vir Dorsland se bokke langs die pad en verkyk ons aan die fris stropers wat die tyd van die jaar uit die store getrek word.  By die Malgas Pond kry ons geselskap van 'n Oom wat klink of hy al 'n paar fasette van die lewe beleef het...  Ons groet en klim die steil bult teen die rivierwal uit.  Protem se silo's. Riviersonderend. Dan deur na Greyton waar ek nog nie was nie, en wat 'n aangename plek is dit nie!  Iewers in sy voorstede raak ek uit Chris uit en beur toe later terug deur sy spitsverkeer tot ek die blou GS gelukkig weer gewaar.  Dit was amper.

Verby Villiersdorp begin neig ons noord, later Worcester verby op met die Ceres pad.  Links by die T-aansluiting gaan beleef ons eers weer Bainskloofpas se knap draaitjies en mooi berglandskap.  Dit was jare laas wat ek hier oor gery het, en nog nie met 'n motorfiets nie.  Van Wellington af gooi ons verder teerpad tot by Vaalbaas op Gouda.  Gesels lekker en kry proviant by sy netjiese slaghuis.  'n Wyle later groet ons en ry verder.  Ek sien dat dit hier rond seker geweldig warm moet raak want orals het die mense sulke enorme waaiers opgesit.  Regtig iets besonders.

In die Porterville omtes gaan loer ons in by Josef (JJR) se plaas en word ook hier hartlik ontvang.  Lank voor die gesels op is moet ons egter verder want die son val met 'n spoed.  JJR neem ons die res van die middag op 'n begeleide toer deur sy plaas se agterpaaie tot knap onder die Dasklippas waar ons wegdraai teen die berg op.  'n Besondere pas met ongelooflike uitsigte.  Anderkant af kom steel die donker die laaste skaduwees van die dag net voor ons die Beaverlac kampterrein binnery.  'n Perfekte eerste dag.
 
The following users thanked this post: wilfwalk

Offline zetman

  • Grondpad Alie pad
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Free State
  • Posts: 1,938
  • Thanked: 13 times
  • Plak n Palm...
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #50 on: October 08, 2016, 02:09:57 pm »
Ai KR jou Toer verslag is uit die boonste gestoeltes jy pleeg mooi Afrikaans
Hou die Tyres op die Grondpad...
 

Offline Ama ride ride

  • Gravel unlimited
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Zero (all models)
    Location: New Zealand
  • Posts: 5,735
  • Thanked: 66 times
  • Ride to ride again
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #51 on: October 08, 2016, 02:22:23 pm »
Heerlike RR en kiekies julle twee. Dankie vir die skryf en deel. :thumleft:
Gewoontlik n@@i ek reguit aan op fyndraai.

 

Offline COLES

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,044
  • Thanked: 2 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #52 on: October 08, 2016, 02:28:24 pm »
magnificent pictures such a awesome area to ride
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 993
  • Thanked: 29 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #53 on: October 08, 2016, 02:47:45 pm »
Dis vroegmŰre in die Beaverlac kamp en dit klink of die Ark se voŽlhokke oopgemaak word.  Tjirp, fluit, basies enige vorm van keelskoonmaak word be-oefen terwyl ek 'n bietjie koffiewater opsit.  Loop later sommer 'n draai met die kamera.  Regtig 'n indrukwekkende, selfs effens afgesonderde klein vallei waarin die mense hier woon.  Ons pak op en kry die kantoor oop waar ons betaal en die bult weer terug berg op aanvat.  Heelwat makliker nou as gisteraand!
 
The following users thanked this post: wilfwalk

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 993
  • Thanked: 29 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #54 on: October 08, 2016, 02:50:40 pm »
Nou weer af met Dasklippas, verby JJR se huis maar hy is toe ongelukkig uit.  Seker nog 'n plaas toergroep wat hy rondwys op sy bike, ons weet nie.  Daarvandaan met die Piekenierskloofpas oor tot in Citrusdal, en vir die res van dag het ons lekker rustig al teen die Olifantsrivier se oostelike oewers opgery.  Later Clanwilliamdam, ook die indrukwekkende Bulshoekdam, en dan Klawer.

Chris gaan wys my die Gifbergpas waarvan ek nog net gehoor het.  Regtig 'n wonder hoe die oumense nou moes besluit het:  daar wil ek uitry so ons moet begin padbou!  Steil op plekke, hier en daar geteer, en uitsigte soos min.  Bo gekom ry jy verby rooibostee plantasies wat sommer so plek-plek nes geskrop het in die veld.  Met die afsak anderkant af gaan dit heel gaaf, maar kort voor lank steek sandpad se kind sy kop uit.  Gerugte en bewerings van die gebeure is ongelukkig maar vaag, maar ja toe my fiets 'n slag sy kop weer so wild begin skud is ek van die linkerkant van die pad, terug in die linkerspoor, oor die middelman (dit was nie 'n middelmannetjie nie), in die regterspoor en toe skuif iemand daai hekpaal skielik voor my in.  Eers 'n ent verder besef ek dat daai harde "Ghar!" klapgeluid seker iets met my te make gehad het.  By nadere inspeksie sien ek dat die regter pannier 'n effense duik op sy hoek het, gelukkig darem nie te erg nie.

So bly volg ek die slangsleepsel hier voor my soos Chris daar deur baklei het.  Steeds effe grootoog van die stamp maak ek intussen my sak oop, sit my trots daarin, en besluit dat hierdie staan en ry van my sopas klaar is, hiervandaan voetjie-voetjie ek maar as dit dan nie anders kan nie!  Met die vordering nou drasties stadiger werk ek die sand stukke so een na die ander deur, en toe skielik sien ek net dat die slangsleepsel nou taamlik wild na links uitgeswaai het.  Skuifel-skuifel kom ek uiteindelik toe daar aan, en tref my ou maat in die bosse aan waar hy lank en aandagtig na sy fiets staar, amper asof hy wil vra: "Nou hoe't jy dan nou hier op jou sy beland?"

Anderkant sak ons met (nog) 'n Oubergpas steil af, en bereik later die vlaktes onder en ry terug rigting Vanrhynsdorp.  Op met sy bekende pas tot by Nieuwoudtville, waarna ons links op 'n grondpad terugry na die rand van die plato.
 
The following users thanked this post: wilfwalk

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 993
  • Thanked: 29 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #55 on: October 08, 2016, 02:52:36 pm »
Op 'n klein tweespoor sak ons effens af en slaan kamp op met van die mooiste uitsigte oor die Knersvlakte.  Tussen die gesels deur eet ons Vaalbaas se droŽwors en 'n sopie of twee van Calitzdorp se beste word ook van nader leer ken.  Met die veldbosse naby en die aandwindjie wat effens optel, besef ons dat ons nou hier voor 'n groot besluit in ons lewens staan:  ons gaan moet afstand doen van 'n braai, en Vaalbaas se skaaptjops gaan nou in blokkies gesny moet word en in 'n pot met water gekook word.  

Was dit nie vir Oom Bokveld wat per geleentheid al bewys het dat so iets inderdaad moontlik is nie, het ons daai aand sekerlik honger gaan slaap.  Maar wragties goeie vleis smaak mos vanself lekker, en kort voor lank lÍ ons weg aan 'n gawe lamsbredie terwyl Nieuwoudtville se brandweer, nes ons, rustig kan slaap.

 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 993
  • Thanked: 29 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #56 on: October 08, 2016, 03:23:48 pm »
Dis die laaste dag van ons trip en ek wil nie huis toe gaan nie.  Ons is in die veld rofweg tussen Loeriesfontein en Nieuwoudtville.  Ladismith klink ver, en vir Chris lÍ Stilbaai selfs nog verder.  Grys begin trek die klam oggendmis om ons toe terwyl ons oppak, selfs 'n druppel of drie toe ons begin ry.  Skaars weggetrek stop ons by die eerste hek en hier sit die duiwel weer 'n los klip voor Chris se voorwiel terwyl hy weet hy kan nie keer met sy regterbeen nie.  Ons blaas en steun die GS weer op sy voete.

Vol petrol verlaat ons Nieuwoudtville in die reŽn en kort voor lank is ek byna moedeloos tussen visor afvee (en basies eenhand ry), of oop visor en probeer hou net die water uit jou oŽ uit sonder om 'n kontaklens in die proses te verloor.  Intussen begin raak ek bekommerd oor die nat pad.  Die R355 se potklei is nie jou maat in die reŽn nie.  Maar kort voor lank begin sien ek blou stukkies lug tussen die reŽnwolke, en hoe verder ons ry hoe meer trek dit oop, soveel so dat ons dankbaar is om nie verder reŽn te kry op die pad nie, al wens jy nie reŽn weg in die Tankwa nie.

By die Padstal tref ons 'n mismoedige Cocky aan, die man moet hier weer omsit terug Kaapfontein toe weens probleme met sy fiets.  Ai dis nie lekker nie.  Ek en Chris wens hom sterkte toe en sit die rit voort verder suid, en by Karoo Poort swaai ons links, ooswaarts, rigting Matjiesfontein.  By die grootpad gekom wil-wil Chris se fiets al begin winde sluk en ons tap gou 2lt petrol uit my fiets, en gooi by syne in.  Natuurlik nie sonder dat ek eers 'n mondvol van die groenkoeldrank ingekry het nie!  Die laaste stukkie Vaalwors verdryf gelukkig die smaak hier agter tussen my kiestande uit, en ons mik vir Laingsburg.  Gooi daar weer vol en toe's dit Anysberg se lekker grondpad ter afsluiting van ons trip.

Op Voorbaat se langvlak groet ons, en hier gaan ons paadjies uitmekaar, ek net 'n paar kilo's verder tot in Ladismith, en Chris nog heelwat verder aan, al verder weg van die Swartberge, tot oor die Langeberge.  Twee weke verder.
 
The following users thanked this post: wilfwalk

Offline tgg

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Piaggio (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,820
  • Thanked: 44 times
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #57 on: October 08, 2016, 03:25:16 pm »
dit is nou lekker.

 

Offline T Rex

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,894
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #58 on: October 08, 2016, 03:30:27 pm »
Dankie Chris ..... dit bly  darem in mooi wÍreld  :thumleft:
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,363
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
« Reply #59 on: October 08, 2016, 04:42:31 pm »
Duidelik kan daai groot kamera van jou n sonsondergang vasvang :drif: :deal: :thumleft:
Ek reken jy moet n paar van hulle vir ou Toast(er) by die Weg stuur. :deal:

ppssstttt, jy't niks gesÍ van myse nuwe boots nie, of het ek vergeet om jou te vertel!! :lol8: >:D ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za