Grondeise en standaard hekwydtes.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Chrisl

Teelhond
Joined
Jul 23, 2007
Messages
42,875
Reaction score
6,171
Location
Southern Cape
Bike
BMW R1200GS
Dit was n lang en alleen jaar vandat ek en Karoo Rider laas saamgery het. Die lewe hol met ons altwee weg :eek7:
Ek kry n mail wat sê hy is op vakansie en siende dat hy baie lanklaas vakansie gehad het probeer hy te veel doen in n kort tydjie MAAR sal dit moontlik wees om n dinsdag,woensdag en die donderdag te gaan ry? Geen ander dae sal pas want voor die tyd het hy bergklimmery aan die gang en na die trip n familiekamp.

Ek sê dadelik ja want ek weet hy het n ry honger en buitendien geniet ek sy geselskap en ons gel lekker saam op n trip. Die roete word aan my oorgelaat en enigiets sal doen order die man. Solank hy net op twee wiele kan wees en kan kamp in die natuur.
Vroeg oggend ry hy vanaf Ladismith tot by my en ons vat n koffie voor ons ry.

IMG_3966_1_zpsoa9yjb1v.jpg


Nie vêr van my af maak ons sommer rubber nat oor die Gou Kou rivier.

IMG_3968_1_zpsfx5m3yct.jpg


Ons vat pad oor wat bekend staan as die "Vlakte" Jip dis boerbokke, en wie sn? Troes nannies Dorsland het hulle hier by n koper kom aflaai!! :thumleft:

IMG_3969_1_zpslylnamnr.jpg


Die area is groen en meeste gesaaides in die aar. Die Duiwenhoksrivier se watervlak is nie te hoog, maar vloei lekker oppad see toe.

IMG_3970_1_zps0pbwvq5c.jpg


IMG_3971_1_zpsekhitqhf.jpg


Die res van die land het erge droogte,maar die suid kaap is pragtig. Die ou wat nie vanjaar n goeie oes maak het nie gesaai :deal: :thumleft:

IMG_3973_1_zpsymayr8ni.jpg


Sulke lekker vet are vir mooi brode :drif:

IMG_3972_1_zpst8rfglxr.jpg


Ons kap n paar linkse en regse en ons beland by die pond by Malgas.

IMG_3975_1_zpsjybs6b31.jpg


Ek is al n paar maal hier oor en dit voel altyd asof ek vir die tyd wat ek oor die water beweeg terug beweeg in tyd. Asof ek graag saam met my oor die pond n paar perde karre sou wou hê en Oom Moksie Dunn moet nog die pond op sy eie trek. Kom ons hoop die pond word nooit vervang deur n brug :thumleft:

IMG_3977_1_zpszt3bz5i4.jpg


IMG_3976_1_zps5dsjnhoq.jpg


IMG_3978_1_zpsxickix4b.jpg


Ons ry verby De Hoop en Ouplaas en toe begin ons ernstig zig zag en ons kom by Protem uit. Dis daai tyd van die jaar wanneer die groot speelgoed vir die tweede keer uitgetrek word. Hier word hawer gesny om gewrap baal te word vir voer volgende jaar.

IMG_3979_1_zpsraqv26fr.jpg


Die grondpad spoeg ons net voor Riviersonderend op die N2 uit. Ek het dit nie gemeet maar op die totale afstand het ons seker nie meer as 20 kms teerpad gery. Stunning wêreld die tyd van die jaar. Ons vat petrol vir die bikes en n broodjie vir die mae.

IMG_3980_1_zpsohtclmel.jpg


Op Riviersonderend besluit ons om Greyton om te ry want KR het die pragtige dorpie nog nie gesien. Eerste grond regsaf net buite Riverwithoutend. Pragtige pad tussen die mooiste plase deur. Hier boer die manne in hoër graad. :thumleft: :deal:

IMG_3982_1_zps29jxfrue.jpg


KR vat n rustige toer in Greyton EN verdwaal amper terwyl ek op die rand van die dorp wag. Hy kom stop met die woorde "hier kan mens mos bly"!! :thumleft:
Ons vat die teerpad Genadendal, Villiersdorp en verby Worcester. By die afdraai van Bainskloofpas besluit ons sommer om hom te ry. Goeie besluit aangesien ek hom 14 jaar laas gery het en baie van hoe die pas loop vergeet het. :eek7:

IMG_3983_1_zpsxdpj3vd7.jpg


Ons mik vir ons vriendelike WD blokman op Gouda vir n vleisie vir die aand se braai en n biltong vir kou langs die pad. Mens gesels altyd lekker as jy stop by VaalBaas en hy glo aan klientediens. Vir vrouekliente maak hy seker mouterdeure oop, in my geval weet hy hy moet my been oor die saal trek anders sit hy vir die res van die dag met my opgeskeep. :lol8:
Oppad badkamer toe sien ek dié hartseer gesig, toe onder die boustof!! :eek7: VaalBaas jy moet plan maak om meer te ry. :deal:

IMG_3984_1_zpscw3yfetl.jpg


Die dag het verbygevlie en die son trek water en ons moet nog gaan hallosê by JJR en dié weet ek doen mens nie gou nie :deal: ;) Anderkant Porterville val ons in by JJR se plaas. Ons vat koffie en gou word daar gesê "julle slaap net hier vannaand, ons het spesenjaal steaks uitgehaal" :deal:
Dis n moeilike besluit en mens kuier altyd lekker by JJR maar ek het iets op my bucketlist en KR wil dit ook doen. Ons wil gaan kamp by Beaverlac en ook Dasklippas gaan bekyk. JJR klim op sy KTM en vat kort paadjies deur die plase reguit Dasklippas toe. Ons groet met n belofte dat ons die volgende oggend sal kom koffie vat by hom.
Die son sak en die pas is steil en definitief uitgelê deur iemand wat nie aan hoogtevrees lei. :eek7:

IMG_3986_1_zpscxvjl9ar.jpg


IMG_3985_1_zpsh5rhwpid.jpg


Ons draai af in die kloof af na Beaverlac. Die pad is skerp en los in die half donker. In die kampplek gekom is als toe. Geen hout te koop en ons besluit ons kamp sommer op die eerste en beste plek. Ons los die vleis buite sodat dit kan koud word deur die nag en dus sal hou tot die volgende aan.
Ons gesels ons ou geselse en maak n kossie. Die pad was effe verder as wat ek gereken het aangesien dit byna 700 km vir KR vir die dag was.
Kwart oor nege toe lê ons twee albei in ons slaapsakke.
Reken ons raak nou oud!! :eek7: :biggrin: :eek:

Niemand sal vervolg word maar die storie sal wel. :thumleft: ;)


















 
Top