Ok so met my laaste ry van Brakpan na Riversdal toe ry ek maar sommer daar naby hom verby en tel die twee kitare op...Trevor jy kan betaal vir die TERUG SHIP....

Die elektriese kitaar het iemand ingeklim en die bedrading so bietjie AANGEPAS. Sal hom reg maak deur bedrading oor te doen. Wag net vir 'n nuwe jack plug.
Die Acoustic...nou dis 'n ander storie....hy is well used en het baie werk nodig.
Nadat ek 8 perdeby neste binne verwyder het het ek begin om die nek los te kry. Die AKSIE was so hoog jy kon amper nie die snaar op die fret gedruk kry nie.
Nek is nou af. esig om die top te skuur.
Nuwe bone Saddle, bone nut en rooshout tail piece plus 'n nuwe 5 channel equilizer en sound holed inlay het gister via Aramex shipping hier aangekom.
Sy kitaar wat ons vir hom gebou het wou hy WIT gehad het. Vir een of ander rede het ek hom GEEL gemaak.
Nou gaan ek die een wit maak vir hom.
