Op die trip van 'n leeftyd.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
Right manne hier gaan ons. EK gaan nou so bietjie terug gaan in geskiedenis sodat julle kan verstaan hoekom die topic is die trip van 'n leeftyd.

Ek en een van my beste pelle Louis Marx aka LEM praat al lankal oor 'n trip Hel en Baviaans toe. Ek het 'n xt600e gery op daai stadium wat amper soos 'n land rover oor 'n olie bak moes staan ;D. So stuur Louis een dag vir my 'n epos met gunda gunda se thread. Hy se ek moet gaan lees en 'n kans vat. Op daai stadium het ek toe nog vir die manusipaliteit gewerk. Ek het die thread gaan lees en vir Gunda Gunda 'n pm gestuur want hy het besluit om op te hou ry en sy fiets was nog altyd my droom fiets. Ek was van die begin af gek  oor 'n Yamaha XT660Z Tenere. Maar tussen dit en die projek by die werk deur nader 'n pel van my se broer my vir 'n ander werk. Hy werk by De Rust Estate in Grabouw wn hulle soek 'n onderhoud bestuurder op die plaas en ek sê maar ek stel beslis belang en dat ek vir 'n onderhoud wil kom. Die saterdag voor my onderhoud kry ek en LEM mekaar by TUK TUK brewery in Franshoek. Ek deel toe met hom die nuwe verwikkelinge en hy was baie opgewonde en het gesê dat ons die trip bietjie kan uitstel. Ek gaan toe vir die onderhoud en ek kry toe die werk. In die onderhoud se ek vir die Baas dat ek en my pel beplan die trip en ons sal dit moontlik moet uit stel omdat ek mos nie nou verlof sal kan kry nie, Hy antwoord my toe en sê dat niks my keer nie. Ek het bedank by die raad en my laaste dag was toe die 30 ste September. Ek reel toe dat ek die 10de Oktober op die plaas begin. Net so week breek vat. En toe om als te kroon het ek ook intussen die nuwe eienaar van Gunda Gunda se fiets geword. Wel toe sê Louis ma hoekom ry ons nie somme die 6de Oktober op ons trip en kom die sondag terug nie. En daar word ons trip toe 'n werklikheid. Ek op die Tenere en ons gan Hel en Baviaans ry. EK was soos 'n laaitie voor kersfees. So nou kan ons begin met die eintlikke trip. :ricky:

Dag 1, Villierdorp tot die Hel

Louis en Wayne het my Donderdag oggend net voor 7 by my huis gekry. Ons het 'n koppie koffie deur gewerk en ek het my kinders en vroulief gegroet en ons het die ysterperde op gesaal en die pad aan gevat. So 30 km omgeveer voor Caledon ry ons toe in die reen in. Lekker sopnat maar ek en Louis gee nie om na ons trip van Stilbaai af laas jaar nie. By die nuwe petrol stasie in Caledon trek ons eers af om iets te doen aan die koue. Ou Hayleescomet hou sterk verby Riversdale toe waar ons sou breakfast. Ons het weer aan gestoot en petrol gegooi in Heidelberg. Op Riversdale was ons weer 3 en het lekker by Wimpy iets geëet, 'n lee sak kan mos nie vanself staan nie. Ek het ook 'n ou onderwyser van my gesien na 12 jaar wat baie lekker was. Van daar af is ons in Van Wyks dorp se rigting oor Garcia pas. Ons is oor Rooi Berg pas na Calitzdorp. Dit was onbeskryflik mooi en ek het elke meter in die saal terdee geniet. EK kon nie glo dat ons uiteindelik op ons lang beplande trip was en dat ek op my droom fiets was nie. Op Calitzdorp moes die perde voer kry en ons koffie. Van daar is  ons Swart berg pas toe. Dit het vir my gevoel of die scenery net beter en mooier word. Ons het hom in die mis geklim tot by die Hel se afdraai. Ons het daar gestop vir 'n foto en bene rek. daai laaste 45km sou die moeilikste van die dag wees. Ons het weer begin ry en gou agter gekom dat hulle nie verniet se om 2 ure toe te laat nie. Dis toe daar waar ek en die tenere mekaar goed kon leer ken. Man het daai fiets leke geloop. Ek het op party draai nie eers brieke nodig gehad nie, los die vet vroegtydig en gear net af dan gly sy sommer om die draai, man hemels. Ons het toe na omtrent 3 ure ons slaap plek bereik want ons moes mos mooi fototjies neem vir die mense tuis ;D. Daar is vuur gemaak vir koffie en ons kon die dag behoorlik afsluit met 'n lekker steak.

Dag 2, Die Hel tot Kudu Kaya

Ons was lekker vroeg uit die vere en klaar reg vir die pad. Ons is weer die pas uit en die keer kon ons bietjie vinniger ry as gister. Ons het by die afdraai gekom en lekker koud gekry teen 4 grade. Maar ek was in die 7de hemel. Ek was in die hel en op my bike. Ons het die res van die beeldskone Swart berg pas gery na Prins Albert vir ontbyt. Mensdom was dit nou lekker. Heerlikke ontbyt en koffie geniet by die Prins Albert Hotel. Van daar het ons die res van die dag op die swart goed gebly. Ons is deur die stunning Meirings poort en het weer sous gegooi op De Rust. Daar van daan is ons Uniondale toe en toe is ons op die R62 Joubertina toe. Die pad was lank maar die tenere het elke km met 'n smile op geëet. Ek was net te bly om ook 120km/h te kon ry. Op Joubertina het ons weer gou gestop vir koffie en die drank winkel met al die mooi wieldoppe. Ons het toe aan gestoot en op Kareedouw eers wors gekoop vir die aand se braai. My gat het toe al effe lam begin word. Ons kry toe 'n simpel wind van voor oppad N2 toe wat jou nogal laat werk het. Ons stop toe weer by Hankey vir petrol en kry toe sommer nog kos goed by hulle spar. Nadat die fieste vol is en ons bene gerek het durf ons toe die laaste deel van die dag aan. Ons ry deur Patensie en sien net lemoen bome so ver as wat jy kyk. hulle kry seker nie meer verkoues daar nie ;). So kom ons toe aan by die  Baviaans se ingang en die moegheid verdwyn weer soos die eerste stof onder die wiele in rol. Die was mos hoekom ons so gedruk het. Aangekom by ons 2de slaap plek en dis nie lank nie toe brand daar weer 'n lekker vuurtjie. Ons het leke wors gebraai en rolletjies gehad. somme so van die rooster af geëet. Man dit was lekker. Die volgende oggend 6h35 toe staan die fietse reg vir die dag se ry deur die Baviaans.

Dag 3, Baviaans tot Stilbaai

So was ons lekker vroeg uit die beddens en lus vir ry. ons het so 7 uur se kant by die hek gestop en eers die permitte gekry. Toe begin my volgende groot avontuur. Die pad was heerlik met al die slote en gate en 'n man moes plek plek koes vir 'n tak of 3. Ek was mal oor die tegniese dele en het elke meter weer van voor af geniet. Die fiets was so tuis op daai paaie en gemaklik. By smitskraal was ek amper nat saam met my fiets, gelukkig toe sy so begin dans het ek haar net 'n lekker regterhand vol gegee en ons is sonder probeleme daar uit. Dit was ongelooflik lekker. Ons het by die laaste hek gestop vir 'n piekniek ontbyt. nogal yogurt en meusli mind you hahahah (dankie my engel). Toe ons daar weg trek was dit net gravel vir 'n lang tyd. die eerste deel was taamlik sink plaat en man moes styf vashou. ek het op 'n stadium begin dink ek gan moet omdraai vir parte. Ons stop toe weer by 'n eet plekkie teen die pad vir koffie. Die fiets het so lekker geloop toe dat die stop nie te lank was nie. Ons het toe weer in Uniondale aan gekom en die fietse weer vol gemaak. Dit was weer tyd om op die teer te bly vir 'n ruk. Ons het by Montagu pas afgedraai vir nog so bietjie gravel. Dit was self 'n beeldskone pad met stunning scenery. By Mosselbaai moes ons eers weer stop vir keel nat maak. Mens kan mos nie te lank gaan sonder bietjie koffie nie. So het ons weer aan gekom by ons laaste bestemming, Stilbaai. Ek en Louis het vir Wayne ons vorige foto plekke gaan wys en toe is ons na Louis se ouers toe vir slaap plek. Hulle het 3 vuil en moë manne met ope arms ontvang. Sy pa het vir ons heerlikke vleis gebraai en ons kon net rustig wees na die lang dag in die saal.

Dag 4, Stilbaai tot Villiersdorp.

Getrou aan die gewoonte was ons weer voor die hoenders wakker. Ons het koffie gedrink en op gesaal. Dit was heerlik om stilbaai se rivierpad te ry. Die son van agter en die pad voor. Wat meer kan 'n man voor vra. Ons het op Riversdal weer op die N2 uit gekom en weer gestop vir 'n vinnige koffie en toe besluit dat ons ma eerder by buffeljags sou stop vir 'n rooster koek. Dit was 'n baie goeie besluit want daai rooster koek het baie goed af gegaan. Van daar af is ons weer sterk oppad huis toe. Op Riviersonderend moes ek eers stop vir pasteie. mens ry nie daar verby sonder om een te koop nie. En ek kan ook nie lee hande by die huis op daag nie. Ek koop toe 4 pasteie en iets vir vroulief en die kinders. Pak alles in die pannier en vat die pad. Ons ry toe ons laaste stukkie gravel voor die huis. Ons het bietjie gaan kyk hoe lyk dit in Greyton se wereld. Toe ons weer by die gevangenis se afdraai weer op die Villiersdorp pad kom toe wil ek net by die huis kom. Kyk die trip was awesome en epic en al daai dinge maar toe verlang ek erg na my vrou en my kinders. Moes ook bietjie gaan relax voor ek Maandag vir die nuwe baas moes more sê.

Ek weet dit was nou baie om te lees maar ek wou nie iets uit laat nie. Aan my kamerade wat die trip saam gedeel het en dit so lekker gemaak het wil ek sê, Manne dit was 'n voorreg en hoop om gou weer saam met julle te ry.

 

Attachments

  • IMG_20161006_112112.jpg
    IMG_20161006_112112.jpg
    244.2 KB · Views: 776
  • IMG_20161006_125319.jpg
    IMG_20161006_125319.jpg
    353.8 KB · Views: 775
  • IMG_20161006_155904.jpg
    IMG_20161006_155904.jpg
    289.6 KB · Views: 786
  • IMG_20161006_160301.jpg
    IMG_20161006_160301.jpg
    244.1 KB · Views: 776
  • IMG_20161007_070757.jpg
    IMG_20161007_070757.jpg
    312 KB · Views: 779
  • IMG_20161006_063159.jpg
    IMG_20161006_063159.jpg
    240 KB · Views: 810
Top