OASIS SPIT EN BRAAI 26 NOVEMBER

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Nov 21, 2011
Messages
200
Reaction score
14
Location
Cederberg
Bike
Honda XR200
Hierdie post is in Afrikaans.  Die Engelse weergawe bestaan nie :biggrin:.  As jy nie Afrikaans kan verstaan nie gaan skud 'n hand van 'n Boer en vra hom om dit vir jou te vertaal.  'n Bottel Brandewyn sal tot jou voordeel wees! 

Graag wil ons vra dat slegs bikers en/of eggenoot/meisie/ou kom.  Dit was waarvoor die spitbraai geleentheid geskep was sodat ons almal weer bymekaar kan kom om die jaar goed af te sluit.  Hierso word onbeperk gesels, gekuier en gelag! 

[/DIE AFSLUITINGS DATUM VIR BESPREKINGS IS 20 NOVEMBER 2016center]

Die kombuis gaan gesluit wees vanaf 10vm.  Ons sal brode, kaas, ens.  bedien by 4nm.  Ja, ja laasjaar was die voorgereg konsuis so groot dat julle nie die hoofgereg kon eet nie.

Die etes kos R200 per persoon en dit sluit beide die aandete en ontbyt in. 

Die spyskaart

Aandete  Saterdag 26 November

Varkie - spit
Skaaptjops - braai
Hoender
Groentepotjie
Griekse Slaai
Aartappelslaai
Pap en Sous
Knoffelbroodjie

Roomys met 'n verskeidenheid van sprinkels en souse.  Julle het laas baie van die toffie fondant sous gehou!

Ontbyt  Sondag 27 November

Spek, Eiers, Vakworsies, Ham, Kaas, Roosterbrood, Graankosse en Tee of Koffie.

Die koste is R200 soos bo genoem en dit sluit nie akkommodasie en drankies in nie.

Gebruik asb. julle regte naam en forum naam as verwysing.  Wees asseblief verseker dat julle wel kom en stel ons assblief in kennis as julle nie meer kan kom nie.  Dit is goeie maniere.......  Van julle is net blêrrie stout!

Die bankbesonderhede is as volg:

C. Karsten
Standardbank
Tak: 050 007 ceres
Rek:  385 316 208

Kontak vir my of Gerrit by 027 482 2819 of per e-pos by [email protected] om 'n bepreking te maak. 

Baie Dankie vir jul aandag en ek dink my Afrikaans is nog flippen oraait ..................... ;D

Wat sal die Afrikaanse weergawe van bikers wees?  Fietsers..... ???



A​
 
Top