Ons Afrikaners like om mekaar te ...................

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

morne950

Pack Dog
Joined
Mar 11, 2014
Messages
377
Reaction score
2
Bike
KTM 950 Adventure S
Was vir n lang tyd opsoek na n 2de "Fan Bracket" vir my 950. Het lank op WD rond gekrap vir een maar kon niks kry. Op n dag lees ek iets raak van n WD member wat die CAD tekeninge het vir die bracket. Het hom toe gekontak en gevra wat is die kans dat hy dit dalk na my toe kan aan stuur, en was ook reg om hom n paar rand vir dit te betaal.. Na n lang gewag vir n reply kom hy terug en se hy sal dit vir my mail maar ek moet eers net die R1200 in sy rekening betaal voor hy dit aan stuur. ( Sit nogals sommer sy rekening details by )
Nou kyk, ek kon self die tekeninge ook doen, maar was nie lus om alles uit mekaar te haal en mates te neem. Seker maar net ek wat so voel, maar as ek dit op my rekenaar gehad het , het ek dit dadelik aangestuur. al is dit jou brood en botter voel ek nie die bedrag het dit regverdig nie !!
So het ek ook op die ADV Forum  gesien daar is iemand in Australia wat die tekeninge het, vat toe maar n kans en vra hom ook. Dadelik het hy my laat weet dat hy nie meer die tekeninge het , maar dat hy nog n paar in sy garage het wat klaar gemaak is en net stof lê en optel.Hy vra toe ook sommer my address en sê hy sal my een pos. Het hom toe laat weet dat ek dink dit sal goedkoper vir my wees om maar die tekenige self te doen en te laat Lazer Cut, sy reply op dit is dat ek moet nie warry nie ,hy sal dit vir my pos op sy onkoste, en as hy eendag hier in SA is kan ek hom n bier koop.Dit is nou 2 weke later en die bracket lê in my garage.
Dis net vir my sleg dat ons eie mense mekaar nie kan help , maar n person wat ek van geen kant af ken en aan die ander kant van die wereld sit my help !!

 
Top