Wat mens ook moet onthou is dat damme soos Gamkapoort en Floriskraal gebou is vir vloedbeheer, nie noodwendig as opgaardamme nie. Om hulle leeg te sien is uit hierdie perspektief dus nie noodwendig 'n slegte ding nie, dit dui daarop dat die dam gereed is om 'n skielike massa water te kan absorbeer vir geleidelike vrylating agterna. Sowat twee jaar gelede het die Ladismith omgewing baie vloedskade opgedoen toe Floriskraal reeds byna vol was, en daar toe groot reën noord van hom geval het in sy opvangsgebied. Gevolglik oorstroom hy dan sy walle en ook alles ondertoe soos landerye, paaie, brue, ens. soos ons gesien het.