Koës Rally 2017 - Wie sien ons daar.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Worsie

Race Dog
WD Supporter
Joined
Feb 13, 2015
Messages
623
Reaction score
73
Location
Wellington
Bike
BMW R1150GS
Hi almal

Ek het sommer begeester geraak toe ek lees van almal se lekker ervaringe met die Koës rally hierdie jaar en laasjaar en ek wil ook gaan volgende jaar.

Ek het die regte fiets maar my grondpad ervaring is min. Hoe moeilik is die grondpaaie daar en in die omgewing vir n relatiewe onervare grondpadryer? Ek het net so vinning op die kaart geloer en wil Upington om opgaan deur Rietfontein? deur die grens gaan. Dan Keetmanshoop om terugkom en miskien by Ai Ais oorslaap vir 'n aand.

Ek het nog nie formele off road training gedoen nie, hoofsaaklik omdat my fiets nie crashbars op het nie en ek die fiets nie onnodig wil beskadig nie. Ek sal maar egter die crash bars moet kry.

Ek is lid by die BMW Motorrad Club Cape en sal my Off Road Level 1 training deur hulle doen. Dalk ook level 2.

Maar my vra bly nog steeds aan die manne wat ken van: Hoe ervare moet jy wees? Ek is maar 'n moffie en wil nie myself of my fiets in sy tjops val nie. Maar ek wil gaan  :ricky:

Goeie raad sal welkom wees
Dankie
 
Top