Kyk, ek moet maar toegee, al is ek n geharde Yamaha fan, R200 000 is n bietjie knap vir die T7.
Dit is verseker n baie lekker fiets, en al sy toetse kom grootliks positief deur, maar daar is dinge soos verrigting en suspensie, wat vir party mense sal kort skiet.
Dan weer, as ons werklik eerlik is, is die 790 vir meeste te veel fiets, en sal selfs die T7 deur min tot sy perke gebruik word.