Gister so 'n 300km draai gaan ry. Dit was 'n pragtige dag, windstil, tot warm in Jansenville gewees, natuurlik koeler hier bo by my. Dit was ontnugterend om te sien hoe droog dit suid van Graaff-Reinet is, met boere wat nog aanmekaar voer. Die veld lyk sleg maar die manne hou moed. Noorsbome word gekap as droogtevoer en die vee wat oor is lyk redelik goed.
Nouja, dis seker genoeg gewarrawarra, kiekies......