Die ballade van Dunnes en Dassie: Eerste groot trip Kaap toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dunnes

Race Dog
Joined
Apr 4, 2016
Messages
838
Reaction score
22
Location
Gauteng, Pretoria
Bike
BMW F650GS / Dakar
Dagse aan al die honne en honinne

Soos vele ander het ek uiteindelik my eerste bike trip aangepak hierdie Desember. Ek het maar in die begin van die jaar my eerste motorfiets aangeskaf, dus sal julle verstaan dat my bas al goed begin jeuk het om die lang pad te vat.

Hierdie Lees-Reis (RR) gaan meeste van u verbaas dat dit heel moontlik meer fotos van die aktiwiteite (klim en stap hoofsaaklik) bevat as fotos oor die reis self. Ek kry eintlik skaam daaroor en vra om verskoning. Gedurende die tye wat alleen op die fiets gery het, het ek ongelukkig nie 'n kamera by my gehad nie en my selfoon s'n is effens vertraag. Ek het hopeloos te min fotos geneem, maar hopelik gaan Magdaleen se SLR opmaak vir my laksheid.

Agenda vir die vakansie:
Ek en my verloofde, Magdaleen, het 'n stampvol vakansie beplan waar ons vir 'n paar dae Compassberg (naby Nieu-Bethesda) sou op om sy vertikale doloriet kraaksisteme te klim. Ons het toe later besluit om op Towerkop te gaan klim naby Ladismith.
Daarna trek ons in die Ooskaap Bergklub se Formosa hut in vir 'n paar dae om te rus na die berglewe.
Teen die 20ste sluit ons dan aan by haar broer hulle en ander vriende om die Walvisroete te stap in die De Hoop Natuurreservaat naby Witsand.
Op Kersdag blits ons Drakensberge toe om te gaan kamp langs die Mhlambonja rivier in die Cathedral vallei saam met die volledige skoon-familie. Nuwejaar was op die hange van Cathedral Piek spandeer
Na 'n paar dae se laag lê skiet almal huis toe. Ek het wel die langer pad geneem huis toe.

Roete%20-%20Google%20Maps.jpg


Ons het aanvanklik hierdie vakansie so beplan om al die bogenoemde in 'n Hyundai Getz met 'n dakdoos bo-op in te prop. Insluitend 4 passasiers, naamlik myself, Magdaleen, haar suster en haar niggie. Gelukkig (vir my) besef ons dat ek nou maar net met die motorfiets sal moet ry. Ek help graag!

Ek het toe binne twee dae se tyd vir my 'n rak vir my pannier sakke gebou. Die sweisnate sal getuig van my haastigheid. Maar ek was eintlik heel in my skik met die eindresultaat:

Vertrek%201.jpg


Aangesien ons gaan klim en stap kon ek nie al my goed op die fiets laai nie, so ek moes eers my rugsak met speelgoed by Susan (my skoonsus) gaan aflaai.

So begin die avontuur. Die plan was om so ver moontlik te ry om 'n rustiger tweede dag tot in Ladismith te hê. Ons sou later sien hoe vêr ek sou vorder.

Hier gaat ons

Dirk

Vertrek%202.jpg
 
Top