Buysdorp is so (ek skat) 60km wes van Louis Trichart, naby Vivo. Op die R522. President Kruger het in 1888 die Buys gemeenskap so 11 000 hektaar daar teen die westelike Soutpansberg gegee. Dit klink of Coenraad Buys en sy volgelinge eers wes van die huidige Naboomspruit was. Daar waar Hans van Rooyen se Purekrans, naby die Bokpoort is. Wie vir die Buys'e se vlug weg na die Soutpansberg verantwoordelik was weet ek nie, maar die eerste Boere plase is so teen 1860 in die Waterberg toegeken.