Boodskap vanaf my pa aan 'Operator'

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Redwolf

Race Dog
Joined
Aug 8, 2008
Messages
4,949
Reaction score
171
Location
Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Ek wil bietjie 'n pluimpie in Dewald se hoed gooi vir sy goeie diens. Hy is 'n vendor met die naam Operator.

"Ek is nie 'n lid van jul forum nie maar 'n senior burger met 'n aktiewe buitelug lewe. Ek het 'n paar jaar gelede op aanbeveling kontak gemaak met jul vendor, 'Operator' wat 'n makelaar is vir o.a. nuwe versekering, wysigings, beter tariewe, opdaterings, oorgrensbriewe en -eise.
Ek bly in Mpumalanga en sy besigheid is in Kaapstad. Nog nooit ontmoet nie, maar voel soos ou vriende.

Wat 'n plesier om D. as 'n makelaar te hê. Net een WhatsApp, oproep of epos en die probleem of versoek word hanteer.

Ons is onlangs oppad deur 'n geweldige haelstorm getref en ons eis is by ons tuiskoms binne minute by die versekeraars geregistreer en assessors aangestel.
'Operator' het deurlopend kontak behou en vordering opgevolg.
Ek kan sy dienste te enige tyd met vrymoedigheid aanbeveel.

"Operator, dankie ou maat"
Modify message
 
Top