Teebus besproeiïngskema, Oos-Kaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Die vêrsiendheid van sommige mense het ons land al vêr laat vorder op verskeie terreine waar ons op vele daarvan wêreldleiers was voordat die springkane oorgeneem het.  So kan mens sulke prestasies opnoem soos Sasol, Yskor, die Raad op Atoomkrag, WNNR, Onderstepoort, Denel en Krygkor, die mynboubedryf in geheel, landbou in 'n waterarmland en nog velemeer.

Gister het ek die geleentheid gehad om bietjie by Teebus naby Steynsburg hier in die Oos-Kaap te draai.  Nou Teebus is die tonneluitlaat waar water van die Oranjerivier in die Visrivier gelaat word. Om dié manier word duisende hektare langs die Groot Visrivier by Cradock, Somerset-Oos en Cookhouse besproei, voordat die water in die Darlingtondam beland.  Die Baai kry water uit dié dam.

Die inlaattoring is naby Oviston en vandaar vloei die water deur die Oranje-Vis Tonnel wat, op 83km lank, in 1975 toe hy voltooi was, die langste ongebroke watertonnel in die Suidelike Halfrond was. Konstruksie is in 1966 begin.  Dit is ook die tweede langste watertonnel ter wêreld.  Die tonnel self is net oor die 5m in deursnee en oor die 200 000 m3 beton is gegiet om die tonnel mee uit te voer.  Sy maksimum lewering is 2000 cusecs.

Die Teebus uitlaat lê hier: 31°25′22.5″S 25°38′14″O

Nouja, genoeg feite.

'n Paar kiekies:

Die gedeelte links waar die water so stil is is die uitlaat wat dan regs in die uitkeerkanaal gekeer word en vandaar vloei dit deur verskeie kanaalstelsels deur die Teebus besproeiïngskema en vandaar na die Grassridgedam en verder met die Groot Visrivier verby Cradock.  Sonder dié water sou groot dele van die Oos-Kaap dorre Karooveld gewees het.

a62fb5fc70e966da2d7d0cee225062e1.jpg



Dié gedenkplaat wat met die inhuldiging van die Teebusuitlaat opgerig is.

1759acc44de6a25fce2ad251e52838da.jpg




Stroomaf van die uitlaat lyk dit so.  Heel regs kan mens 'n uitlaat sien wat in onbruik is.  Blykbaar sou die mettertyd gebruik word om water in die bolope van die Sondagsrivier te keer (waar ek nou boer) en vandaar na Graaff-Reinet toe en verder.  Dit sou beteken het dat Graaff-Reinet en dalk Aberdeen ook so geil onder die besproeiïng sou wees soos Cradock en Cookhouse.  As dit maar net so was. Ai....


bc19d2696633ab4e55987e3030840431.jpg


[youtube]https://youtu.be/ctoTnVmyW5M[/youtube]

Soos 'n klomp bloedsuiers suig die groot spilpuntpompe water op om weer oor die lusern- en voerlande van Teebus te spuit.  Ek sien gister hier in die dorre Karoo een so 'n spilpunt van 15 torings!  Hy lewer hier in die omgewing van 250000 liter per uur. 


d979a4127e9321a37f7fc051d8067a75.jpg


Water word ook uit die hoofkanaal gekeer en die water wat deur dié uitlate loop word dan deur middel van 'n netwerk leivore na vloedlande toe gelei.


db99c4cdf11741763bdb0259c7ee8b7e.jpg


Kêrels, dis darem 'n geweldige hoeveelheid water wat hier afloop.  As mens net dink aan hoeveel werksgeleenthede, kos, voer, dorpsekonomieë en diesmeer deur dié water gevoed word dan kan mens net jou hande saamslaan dat daar manne met visie was wat vir ons land so voorspoed bewerkstellig het.


a65e4768906404dc3206aea03fbc7bc2.jpg



Dis Teebuskoppie in die agtergrond, regs agter hom met die plat kruin is Koffiebus koppie.

f84e320f527ffdc13bb0887709cf6288.jpg



Die koppies gister met 'n lekker reënbui wat uitsak.  Wat 'n mooi gesig, tipies Karoo.

515386397317f13e2b81a013c4b6442d.jpg




Kyk hoe mooi loop die water.

5c3ae8257d9c260f4d04faa66743bac2.jpg
 
Top