Breedts nek met my bakkie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Namakwalander

Grey Hound
Joined
Nov 19, 2013
Messages
7,324
Reaction score
2,105
Location
Centurion
Bike
Honda XR250 Tornado
Goeie middag dames, here en ander.

Het die naweek bietjie op iemand anders se stoep gaan sit met iemand anders se vlieë en erens in die proses my vrou oorreed dat ons bietjie Breedts nek kan gaan ry oppad huistoe omdat ons gedink het om vroeg die pad te vat Sondag oggend. Dit het ook gehelp dat ek noem dat mens dit met n sedan blykbaar kan ry, dus sal dit ons nie te besig hou nie en is dit ook veilig. Wel, ek reken die manne wat gepraat het van met n sedan daar oor het baie besonderse sedans of gee nie veel om vir hulle rygoed nie. Die storie van die jong manne wat n Volkswagen kewer to bo op een of ander berg gestoot en dra en stamp het, het by my opgekom erens in die proses wat ons oor Breedts nek gery het.

Nou ja goed, so vat ons toe sommer van Magaliesurg af die Vlakfontein grondpad tot by die R24. Nie die mooiste grondpad nie, maar definitief nie besonder sleg nie. By die R24 aangekom is dit regs in die rigting van Krugersdorp en toe links af waar die bord Marikana/Mogallywood aandui. Van hier is dit grondpad en ons volg hierdie pad reguit tot by Breedtsnek.

Ek sal maar al die foto's onder aan my pos hier aanheg, maar hulle is in volgorde met my skrywe.

1. So die eerste foto is waar die klimmery net begin. Hier ry n man darem nog op n pad. Dit was net om die eerste draai aan die einde van hierdie foto waar ek opmerk daar is nog n voertuig voor my. Ek het ook kort-kort so stoffie gesien by hierdie voertuig wat my laat dink sy wiele gly so hier en daar.

2. Om die draai en jy word gegroet met hierdie klipperige affering. Alles nog redelik mak hier en ek kom agter ek kom al nader aan die ander voertuig. My vrou se laser oog operasie wys weer dat hy sy geld werd was toe sy noem dat die ander voertuig n nuwer model Chev Utility is. Ek kon nog niks uitmaak van fabrikaat nie, nevermind jaarmodel. En so net voor die eerste haarnaeld draai en die knaap met sy utility gaan staan en hou stil reg in die middel van die pad. Hierdie is ook reg voor n redelike "hindernis". Ek was redelik bekommerd oor momentum verloor en dan met n ewenaar slot probeer sukkel, so ek karring toe om die mens en deur die gat en oor die die spul klippe. Albei agterwiele het op kolle gegly, maar ek het genoeg momentum gehad om my or te dra. Ek wil ook met hierdie geleetheid om verskoning vra aan die fietsryer wat moontlik kon dink ek wil hom plat ry. Jammer swaer. Ek was ongelukkig op hierdie kol ook nie juis in n fotografiese bui nie.

3. Net om die eerste haarnaeld draai kon ek bietjie stilhou vir n foto. Kan ongelukkig net-net nie die man met sy Utility van hier sien nie.

4 en 5. Hierdie was ook op n blinde draai nog redelik aan die begin. Ek het uitgeklim om seker te maak ek kan links hou sonder om in aankomende verkeer in te ry. Toevallig ook n paar motorfietse van voor gekry. Enigiemand hier?

6. Ongelukkig my laaste foto gewees. Die res was net n klipperige gemors en kruip-kruip vorente met die voet meer op die rem as op die verneller. Ek reken lae bestek sou baie welkom wees om net teen die bult af te "free", maar n man maak mos maar werk wat jy tot jou beskikking het.

Ons het ook met die afry slag twee manne in n ouer model Audi A4 gekry. Een was kaalvoorlyf en beide het n bier in die hand gehad. "Hou my bier en watch die moew". Ek glo egter hulle het omgedraai kort daarna omdat ek hulle weer op n stadium in my tru spieel gesien het.

Het ons op die ou einde omtrent n uur gevat om hierdie kortpaadjie klaar te maak en ek dink n meer bekwame persoon agter die stuur sou n beter job kon doen, maar nou ja. Ek raai ook dat dit redelik pret kan wees op n motorfiets en sal hom dalk eendag kom aanvat as ek beter tyres op my fietsie kan sit. Vir nou kan ek hom darem van my denkbeeldige lysie afhaal. Dankie tog.
 

Attachments

  • IMG_0210.JPG
    IMG_0210.JPG
    214.3 KB · Views: 440
  • IMG_0211.JPG
    IMG_0211.JPG
    233.5 KB · Views: 447
  • IMG_0212.JPG
    IMG_0212.JPG
    217 KB · Views: 430
  • IMG_0214.JPG
    IMG_0214.JPG
    282.5 KB · Views: 437
  • IMG_0217.JPG
    IMG_0217.JPG
    211.1 KB · Views: 429
  • IMG_0220.JPG
    IMG_0220.JPG
    198.4 KB · Views: 422
Top