........n warm poep 

Ek het baie met die probleem rondgespeel toe ek my fiets gekoop het en glo my die enigste oplossing is om van die CAT ontslae te raak. Nou daar is 3 maniere om dit te doen:
1. Vervang die BMW Header met Akra of Remus Header. (Gaan jou +/- R8000.00 kos) Voordeel is jy kan die BMW een weer terug sit as jy eendag die bike verkoop en hom dan verkoop.
2. Laat iemand die CAT oop sny, die binnegoed uithaal en hom weer toe sweis. (Goedkoopste manier, behoort nie meer as R1000.00 te betaal nie. Baie plekke doen dit vernuut as hulle die
binnegoed kan hou en verkoop.
3. Vervang die BMW header met n tweedehandse 2014 tot 2016 Header.
Wat jou waarborg aan betref is elke persoon hiermaar op sy eie. Dit is jou keuse of jy dit wil laat doen of nie.
Ek het vir opsie 1 gegaan en ook die CAN vervang met n Akra maar dit is nie nodig nie en die CAN het niks met die hitte te doen nie.
Ek het geen hitte probleme meer op my fiets vanaf ek dit gedoen het nie is dit is net n plesier om met hom te ry, alleen of met pillion en maak nie saak hoe warm dit is nie of hoe die wind waai nie.
Ja en ek stem 100% saam dit is sommer BULL dat mens moet geld spandeur op so n duur fiets om n probleem op te los waarop BMW net hulle rug draai.
Hulle het my ook nooit weer gekontak ivm die probleem nie. SKANDE BMW.