As jy slim is.......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
Die laaste tyd kom die bike maar min uit die garage, en as sy uitkom vir bietjie son lig is dit om werk toe te ry die odd dag en dan is dit letterlik werk toe en huis toe want daar is nie tyd vir rond ry nie. Met die rat race en huis dinge en familie tyd is tyd min. Ek het aan my vrou gesê dat ek een saterdag net 'n ordentlikke draai wil gaan ry. Die naweek het nader gekom en ons het begin planne maak vir Sondag omrede skoonma verjaar en vroulief wou haar bietjie uit vat. Ek was op diens op die plaas en moet elke dag so draai gaan ry. Saterdag het ek met my bakkie gery en my meisiekind saam geneem so toe moes die bike maar wag. Vroulief wou haar ma en broer in ons kar laai Sondag om met 1 kar te ry maar dit sou beteken dat iemand in die boot moet sit. Nou daar is plek vir iemand in 'n Tuscon se boot maar dis onnodig. Ek sê toe vir vroulief ek het die perfekte oplossing. Hulle kan almal met die Tuscon ry ek sal met die bike kom. Ons is toe nou so deur Greyton toe. Ek gebruik toe die verskoning dat ek na die tyd moet plaas toe ry  :ricky: en dan kan hulle nog rustig kuier.

Ek het gaan petrol in gooi en hulle buite Villiersdorp verby gesteek. By die Greyton afdraai het ek af getrek vir 'n fototjie. So het ons gery deur die plase en tot by Vanilla Cafe in Greyton vir middag ete. Het leke daar geëet en die kinders het lekker gespeel. Ek het na ete so draai saam gestap en toe begin aan staltis begin maak. Ek het toe weer terug gery verby die gevangenis om dat ek weer op die Caledon pad kon kom. Daar het ek links gedraai in die N2 se rigting. By die Hawston View road het ek weer regs af geswaai. Die pad was heerlik en die dag was perfek vir ry. Ek het gou by die T gekom waar jy afdraai op Van Der Stel pas. DIe bike het soos 'n droom geloop. Ek het elke km terdee geniet en die natuurskoon in gedrink en net ontspan na die harde week op die plaas met die oes. By Botrivier het ek ongelukkig weer op die swart goed beland en maar aan gestoot plaas toe. So ry ek oor Houw hoek pas en besluit om by Houw hoek padstal in te draai om vir die mense by die huis iets lekker op te tel. Hulle maak die lekkerste brownies, hulle is vrek soet ma net so lekker. Pit stop klaar en ek sit die laaste stuk in plaas toe.

Nie te lank nie of ek ry die plaas binne. Jy moet weet dat jy jou werk geniet as dit lekker is om selfs op 'n naweek daar te kom. Ek het die damme na gery en gekyk dat almal se lope oop is en so ook die appel boorde wat moes water kry. Dis een van die beste perks van my werk op 'n 2000 hektar plaas. Baie plek om te ry :biggrin: ;D. Al my rondtes klaar en fotos geneem en die tyd het aan gestap en ek moes weer huis se kant toe draai. Die keer het ek maar op die teer gebly huis toe.
Ek het toe weer by skoonma se huis die res gekry. Ons het vir oulaas koek en brownies geëet en koffie gedrink. So ek het toe my draai gekry. Het nogal 188km gery vir die Sondag middag. Ons kan maar weer die skoonmense rond ry ;D.
Hier volg so paar fotos van die leke kop skoon maak trippie. 
 

Attachments

  • 20170423_113436.jpg
    20170423_113436.jpg
    326.3 KB · Views: 601
  • 20170423_114932.jpg
    20170423_114932.jpg
    249.7 KB · Views: 603
  • 20170423_133131.jpg
    20170423_133131.jpg
    96 KB · Views: 603
  • 20170423_114945.jpg
    20170423_114945.jpg
    280.3 KB · Views: 599
  • 20170423_142650.jpg
    20170423_142650.jpg
    278 KB · Views: 605
  • 20170423_150818.jpg
    20170423_150818.jpg
    101 KB · Views: 605
  • 20170423_150841.jpg
    20170423_150841.jpg
    267.6 KB · Views: 595
Top