Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Net nog 'n Kompasbergrit  (Read 2297 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Net nog 'n Kompasbergrit
« on: April 27, 2017, 03:59:09 pm »
Ek het al 'n paar keer di kronkelende roete deur die Sneeuberge verby Kompasberg gedoen, maar vandag was my 660Z Tener se stofpaddoop.

Net toe ek vanoggend wil ry, sak daar 'n los buitjie ren hier uit en ek dog toe ek gaan vandag liewers boerevakansie hou.  Ongelukkig duur die ren nie lank nie en ek vat toe die pad.  Ek het so 10 dae gelede die fiets van die Baai af gery en van daar af staan hy hier in die waenhuis met sy kleedtjie oorgetrek.  Hierdie sou my eerste stofpadrit met hom wees en ek sien baie uit.

Die fiets voel vir my meer rats asook ligter as my 800GSA, hy voel soos 'n stofskoeter en ek ry t lekker die eerste stukkie grondpad tot by die N9.  Daar steek weer renwolke op en 'n paar druppels val nog voor ek by die teerpad uitkom. 




Man dis 'n mooi fiets di.




Ek ry maar altyd stadig en geniet die reuke, die pad, die natuurskoon, die rit.





Ons wreld begin nou na winter lyk en die populierbome is orals aan die brand met hulle pragtige geel herfskleure.  Hulle helder sommer die vaal Karooveld op.





Ai, dis darem mooi en rustig hier.  Daar is min gesigte wat by 'n Karoolandskap kan kers vashou.  Doer ver waar die son so skyn in die rigting van Nardousberg l my plaas.





Hoe hor ek gaan die Sneeuberge in hoe kouer raak dit.  'n Boer wat ek ken wat hier naby boer vertel my gister hy het onlangs reeds 4 of 5 keer -4C en ryp gehad.  By my gelukkig nog nie ryp gehad nie.








Dit lyk asof dit ter enige tyd gaan uitsak en ek hou die weer dop.  Ek weet hier op die vlaktes is daar baie klei en as di paaie eers natgeren het dan is dit nag op 'n motorfiets.  Eintlik enige voertuig sukkel dan.  Ek ry maar verder maar dit raak koud.  Ek het amper my binnebaadtjie by die huis gelos omdat dit glad nie so koud by my was soos tans hier nie. 

Toe ek stop om di pragtige herfskleure af te neem, besluit ek maar om warmgoed aan te trek.






Die fiets ry vir my baie lekker.  Ek hou bitter baie van die enkelsilinder se gedoefdoefdoef.  Ek voel sommer soos 'n "adventure rider".  My 800s het ek baie geniet maar vergeleke met die 660 het hulle my t veel van die ware fietsry ervaring gesoleer kom ek nou eers agter. 


Ek ry so lekker, ek ry di ou skillie netnet mis.  Slat brieke, draai om en sit hom veilig oor die draad waar hy veilig is.  Daar is geen voertuie op die pad nie maar mens weet nooit nie.





Hier hoog in die berge het hulle redelik goeie ren gehad en die damme het meestal lekker water.



Die wind is van agter en daar is min dinge wat so lekker vir my is as om so grondpad met die fiets te ry as die wind van agter is.  Daar daal sommer so 'n rustigheid oor my neer.  Dit raak al hoe kouer hoe hor ek ry.  Eers moet ek stop en die tipiese Sneeuberglandskappe afneem.  Kompasberg se piek was kort voor ek di foto geneem het, toe onder die wolke. 




Nog een sonder die 660.





En nog goue populierbome.  Hulle is orals in die lope van die strome en die klowe.  Die grondpad drentel deur di bos en mens ruik die vrugbare reuk van die blare wat nou afgeval het en begin verrot om die grond te verryk.  Lekker man, lekker.





Snaaks, maar di verlate berglandskappe, veral as dit so koud en bewolk is, bring 'n onverklaarbare wemoed oor my.





Ek het meer as 'n jaar laas hier rond gery en ek sien nou eers hoe agteruit die paaie gegaan het.  Die owerhede steur hulle glad nie meer daraan om paaie instand te hou nie.  Dis 'n duur en deurlopende taak vir ons boere om ons paaie begaanbaar te hou.  Ek en my buurman gaan nou hoeka 'n slootgrawer en tiptrok huur om ons kloofpad weer begaanbaar te maak.  Ons sal seker binnekort weer 'n grondbelastingrekening van die munisipaliteit ontvang.  :dousing:


Mens kan eintlik nie t slap l nie want daar is baie sulke verspoelde dele en spoelslote oor die pad wat 'n man soos 'n nat vel sal neerslinger as jy slaap.






Ek is bly om te sien baie van die bergstroompies het darem water in hulle.





Ek mik vir Nieu-Bethesda en ontbyt by Tannie Ydil hulle se plekkie daar.  Ek ondersteun haar altyd omdat dit hulle enigste inkomste is.  Haar man, Oom Niel, is al 90 en in 'n rolstoel.  Die tannie werk 7 dae 'n week om die pot aan die kook te hou.  Julle ouens kan haar gerus ondersteun as julle weer op die dorpie kom.  Dit lyk nie so nuut soos van die ander plekke daar nie maar haar kos is baie lekker, tuisgebakte brood, en pryse is baie beter as die ander toeristeplekke.  Al haar kruie en baie van haar groente kom uit haar eie tuintjie agter die plekkie uit.

Die dorpie het jaarliks in April die Pumplooza Pampoenfees waar die eetplekkies almal spesiale pampoengeregte voorsit, daar is kompetisies en ander verwante aktiwiteite.  Nogal lekker.  Kyk bietjie die tamaai pampoen uit Tannie Ydil se tuin uit.  82.5kg!!  :eek7: :eek7:  Sy vertel dis nie die grootste pampoen op die fees gewees nie.






Terwyl ek eet hou die ou kietekat my geselskap.  Baie oulik, eintlik t oulik, so by so dat ek uiteindelik maar vir die kat 'n stukkie wors gegee het.








Die dorpie is nogal bedrywig vanoggend met die langnaweek en ek groet 2 ander fietsruiters en hulle vrouens wat by een van die ander plekke eet. 'n GSA en 1190 KTM.  Na 'n lekker ete, lekker gesels met die tannie en 'n ander boer van Richmond wat daar kom kuier het, vat ek weer die pad.

Dis nie hoe lank nie en hier is daai klein skillie se grootboet.  Slat weer brieke, draai om, neem 'n kiekie, druk hom onder die draad deur die veld in en daar gaat ek weer.  Ek is al goed geoefen.






Nouja,  julle het seker al van die tonele op van my ander RRs gelees maar ek hoop julle sien die omgewing weer deur nuwe o.  Dis vir my lekker om so my distrik se grondpaaie van vooraf te ontdek.


En nou het my skoeter ook bietjie houding gekry.


« Last Edit: April 28, 2017, 08:08:22 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,961
  • Thanked: 433 times
    • dustriders.co.za
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #1 on: April 27, 2017, 04:08:18 pm »
Jinne jy kon darem meer fodies van die bike opgesit het met verskillende agtergrond ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #2 on: April 27, 2017, 04:11:46 pm »
Ai Chris,  sien ek die rekenaar het my gewen vandag.  Is hulle nou reg?  :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,961
  • Thanked: 433 times
    • dustriders.co.za
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #3 on: April 27, 2017, 04:14:05 pm »
Ai Chris,  sien ek die rekenaar het my gewen vandag.  Is hulle nou reg?  :lol8:
Haas hy nou, gn wonder jou knieg is moertoe nie. Jy klim te veel af vir fotos :lol8: :deal: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #4 on: April 27, 2017, 04:15:00 pm »
Dis eintlik van myself onder my gat skop as ek sulke foute maak  :lol8: :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,961
  • Thanked: 433 times
    • dustriders.co.za
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #5 on: April 27, 2017, 04:16:37 pm »
Ek vrek oor daai populiere wat so geel raak wintertyd.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #6 on: April 27, 2017, 04:21:10 pm »
Ja hulle is pragtig n.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline 4 Kays

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,335
  • Thanked: 5 times
  • Live your life - you only have one to live !!
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #7 on: April 27, 2017, 05:26:04 pm »
Mooi so Dorsland. Soos altyd geniet dit om jou threads te lees  :thumleft:

Groete aan 2IB
 

Offline katana

  • One day when I grow up, I want to be a
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,898
  • Thanked: 120 times
  • Sheer Smiling Pleasure
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #8 on: April 27, 2017, 05:42:09 pm »
Lekker!
"The only man that has to remember anything, is the man who tells a lie" Mark Twain
 

Offline Tom van Brits

Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #9 on: April 27, 2017, 05:48:13 pm »
Wil iemand my nie kom aflos op Gough nie dan kan ek ook gaan ry!  :deal:

Ek skoon blou  :snorting:
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,141
  • Thanked: 43 times
  • East London
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #10 on: April 27, 2017, 07:03:28 pm »
Lekker my maat.  Mooi storie en jou kiekies net so mooi.  Jy bly in 'n mooi plek.

Daardie kiekie van die bome - ek "dink" ek het ook een daar geneem.

Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline eikeboom

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 979
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #11 on: April 27, 2017, 08:01:08 pm »
Die storie lees baie lekker en die fotos is so mooi. Dankie!
Let's go into the mountains...there's likely to be peace and quiet
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #12 on: April 27, 2017, 08:07:58 pm »
Plesier Eikeboom, bly jy lees lekker.

@JMOL: en hoekom stop jy nie hier nie?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,754
  • Thanked: 178 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #13 on: April 27, 2017, 08:08:43 pm »
Sneeuwitjie se NIGGIE is wraggies n mooi meisie.
Lekker ry.

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #14 on: April 27, 2017, 08:09:58 pm »
Wil iemand my nie kom aflos op Gough nie dan kan ek ook gaan ry!  :deal:

Ek skoon blou  :snorting:

Ai ou Tom, hoe lank nog? 
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #15 on: April 27, 2017, 08:10:49 pm »
Sneeuwitjie se NIGGIE is wraggies n mooi meisie.
Lekker ry.

Ja en nou ontneem jy die niggies om saam by die EC Bash te kuier.  Hoe's jou hart dan nou?  ;D
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,754
  • Thanked: 178 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #16 on: April 27, 2017, 08:17:55 pm »
Ai man. Iets het voorgeval en so graag as wat ek wil sal ek dit nie kan maak nie.
Wat van Koes in Julie  :ricky: :ricky:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #17 on: April 27, 2017, 08:19:36 pm »
Daai rit is op my lys maar ek kry dit net nie reg om daar uit te kom nie.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #18 on: April 27, 2017, 08:23:07 pm »
Mooi so Dorsland. Soos altyd geniet dit om jou threads te lees  :thumleft:

Groete aan 2IB

Dankie Keith, ek maak so.  Bly jy lees lekker.  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,975
  • Thanked: 423 times
Re: Net nog 'n Kompasbergrit
« Reply #19 on: April 27, 2017, 08:45:57 pm »
Lekker gelees nou, dankie.
Dakar 650
SR 500