Algaande leer mens - Lekgalameetse en Orrie Baragwanath pas

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dunnes

Race Dog
Joined
Apr 4, 2016
Messages
838
Reaction score
22
Location
Gauteng, Pretoria
Bike
BMW F650GS / Dakar
Dis wat my ma altyd gesê het as ek droogmaak.

Dinge wat ek al weet, maar waarvan ek nou eerstehandse ervaring opgedoen het:

1. Ek is baie bly ek en Magdaleen dra behoorlike stewels en dat mens nie noodwendig seerkry as mens van hom afkletter nie.
2. Kleierige bosbou paaie raak seepglad as daar genoeg reën geval het.
3. 'n SLR kamera werk nie so lekker op 'n motorfiets trip nie.
4. Magdaleen is 'n bo-baas pasassier.
5. Daar is 'n wonderlike wilde wêreld verby Parys, Dulstroom en Hartebeespoortdam.

Ek het baie jare spandeer by Exploratio (die klim en stap klub van Tuks) en wat altyd vir my so lekker was, was dat daar altyd iemand was wat gedink het jou stupid idee is 'n goeie een. Vandat ek begin motorfiets ry het, was die Wilddog forum so 'n plek. Daar is 'n klomp uitstekende goeie (stupid) idees. Een van hulle is die Orrie Baragwanath pas in Lekgalameetse natuurreservaat.

nWjoLSA.jpg


In elk geval, Saterdag oggend val Magdaleen saam met my ma-hulle in die pad oppad Haenertsburg toe. Dis die Kos-en-wynfees en ons wil vir hulle die trou venue wys. Lekker gekuier, bietjie rondgery en die Debegeni waterval gaan sien. Sondag middag het hulle weer in die pad geval en ons twee het nog 'n aand by Silver Mist oorgeslaap.

Die middag na die ouers vertrek het, ry ons na die venue toe om na die lig te kyk en om vas te stel hoe laat die son sak. Ons trou presies hierdie naweek volgende jaar so ons kan nogal presies weet, behalwe natuurlik of dit gaan reën of nie. Magdaleen raak sommer kinderlik opgewonde:

OZZ4xcG.jpg


qlpLH8E.jpg


Maandag is ons vroeg uit die vere, maar ons vertrek eers net na 7am. Dit begin toe saggies reën nes ons very Haenertsburg ry en dit sou so aanhou vir 'n paar uur. Ons skiet deur George's Valley tot by die afdraai na die Agatha Forest Reserve so ent voor Tzaneen. Die kaart noem dit die Old Coach road, maar ek skiet almal ken die bekende een naby die Long Tom pas.

a0tZCyL.jpg


Dis lekker om weer op grond onder my te voel, maar die bosbou is maar kleierig so ek vat dit maar rustig. So paar kilos verder word die oppervlakte sommer heelwat beter en ek kan effens meer oopmaak. Na so paar honderd reguit meter lê daar 'n effense bult voor met meer kleierige oppervlakte. Ek hou my spoed aan die platter regterkant van die pad, maar soos ons die bult pak besef ek ons is in die sop.

Die agterwiel gly dadelik regs uit en ek draai die stuur perongeluk regs om ons in 'n verbasende lang sywaartse gly te bring. Soos ons al nader aan die linkerste wal drift, swaai die fiets alhou meer om om agterstevoor te wys. Net ons neer dinges vang die agterwiel 'n dip en steek vas wat die voorwiel optel en ons gelukkig na regs oortiep. Magdaleen kan nie veel hiervan onthou nie, net dat sy aan my vasgehou het. Dit het gemaak dat my been onder Magdaleen se voet beland met die fiets wat op my voet lê. Eers spook ek om haar voet uit te kry waarna sy help optel om my voet uit te kry en dan die fiets op te tel. In die fotos wys die neus van die fiets in die rigting waarvan ons gekom het en ons het hom netso opgetel en op die sidestand gesit. Eish!

xNbPAh7.jpg


Ons het so bietjie geskrik, maar meestal geglimlag, gelag en gegiggel. Die regter spieëltjie het in die slag gebly, maar als anders was piekfyn. Ek kon nie glo hoe gelukkig ons was nie. Nadat Magdaleen 'n draai gaan loop het, merk sy op dat haar hardlywigheid van die laaste paar dae iets van die verlede is. Nou toe nou. Na so bietjie draadwerk om die krat se gebreekte vasmaakhak te vervang en regskuif van drybags is ons reg om in die pad te val.

Ons besluit om terug te draai en Tzaneen om te ry, aangesien ons dalk teveel tyd gaan verloor. En ons wil nie moet besluit om nie Orrie Baragwanath pas te ry nie agv ons drentel nie.

Gelukkig so net suid-oos van Tzaneen hou die reën op en die son trek oop. Dit gee my hoop vir die klipperige pas! Ons draai af van die R36 met die wolkberge in die weste wat my aandag af trek, veral die skoon grys kranse.

3g4v4m6.jpg


In by die hekke, ry mens met 'n maklike teerpad deur die inheemse woud al met die stroom lang tot bo-op die oostelike pas by The Downs (die ou plaas se naam).

Mk3VhvE.jpg


BeO4rKp.jpg


Lekgalameetse se plato is iets om te aanskou met die groen grasveld omring deur die grys berge. Dis moontlik vanweë hierdie ge-aanskouery dat my agterwiel in 'n sloot beland, my uitgestrekte voet gly op die klei grond en ons altwee weer neer ploeg. Die keer is daar net glimlagte te hoor. Met middagete en 'n koppie koffie kyk ons hoe 'n troppie zebras verby wei. Ek blaas toe ook my bande so effens af ter voorbereiding vir wat kom.

SKNDDau.jpg


Die grond (eintlik meer klip as grond) gedeelte van die pas het my bietjie laat bewe so paar dae voor die tyd na die antwoorde op my vraag in 'n ander forumdraad. Soos mens oor die kruin van die pas ry, lyk die uitsig en die pas belowend. Eers weer 'n kiekie voor ons die vleis van die pas aandurf.

dneiA7w.jpg


Die pas is baie klipperig, maar ek was verbaas hoeveel dit help om jou voorste band af te blaas tot so 1.2 bar. Of dalk is dit net my kop? Daar is op gedeeltes 'n steil afgrond langs jou en soos verwering nou maar werk sal die minder klipperige kant van die pad altyd aan die afgrond se kant wees. Magdaleen het mooi ordentlik vir my gevra: "Indien dit moontlik is, kan jy asb aan die ander kant ry?" Ek stem saam, maar sy hoef nie die klippe te trotseer nie. Magdaleen het op 'n hele paar plekke af geklim om fotos te neem en om dit vir my makliker te maak.

X4uslHB.jpg


J3GWpOh.jpg


Daar was baie gebruik gemaak van die eend-styl:

G8OXZc2.jpg


pzJCGhE.jpg


Ruskaans en foto tyd. Hierdie is harde werk as jy nie regtig weet hoe nie. Omtrent halfpad by die pas af besluit ek dat ek sommer net uit-chicken deur vir Magdaleen te vra om af te klim. Mens leer mos net hoe deur dit te doen. Ek het bietjie meer van 'n ritme opgetel en dinge het toe baie eter en gladder verloop. Confidence is key!

D3NZ1Qi.jpg


U66XrcP.jpg


Gelukkig! Hierdie is mos hoekom ons dit doen.

x1vkxvF.jpg


Onder. Jislaaik, dis harde werk. En dis net afdraende. Ek dink dis sou vrek harde werk wees om daar op te ry, maar nie moontlik met 'n passasier nie. Ten minste nie vir my op hierdie stadium nie. Eendag kom ek weer!

LrLqTLl.jpg


Eers weer die bande oppomp onder groot vyebome in Fertilis. Van hier af volg mens die Mohlapitse rivier tot by die teerpad wat Chueniespoort toe lei. Dis ongelooflik hoe helder die water is aangesien dit van die Noord-weste omtrent 40km vloei al vloei.

P7CWJcN.jpg


qkK0TeP.jpg


Ek let toe op dat ons by 'n kalksteen krans verby ry. Kalksteen is wonderlik vir harde rotsklim en volop in Europa, maar in SA het ons tans net een krans naby Outshoorn waarvan ek weet. Hier is verseker potensiaal!

c5eFqJj.jpg


Ons wou eintlik tussen Lydenburg en Burgersfort afdraai van die teerpad om deur die Steenkampsberge te ry Stoffberg toe, maar die tyd het ons ingehaal en dit sal beteken dat ons heeltemal te laat tuis sal wees. Kyk, ek haat dit om reguit teerpad te ry; dit maak my maer boude vinnig lam, maar om in die aand vir koedoes te koes op 'n grondpad is 'n ander saak. Ons kies toe koers Naboomspruit toe. Ons sal op 'n ander keer daardie omgewing verken. In Mookgophong vreet ons eers 'n paar sjokolades en klim dan in die lang tou naweek verkeer Pretoria toe. Ek haat highways!

qDmby2M.jpg

 
Top