Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)  (Read 10754 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #100 on: May 06, 2018, 04:48:02 pm »
Vandag bietjie saam met die laaities gespeel.  My arms is af!



















My beste gegee om te probeer wheelie.





Nog n lekker dag kom tot n einde.




Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 06, 2018, 04:48:38 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,970
  • Thanked: 328 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #101 on: May 06, 2018, 05:26:31 pm »
Moreoggend gaan jy daai seer spiere voel. :eek7:
Jy is n cool pa finish en klaar!! :deal: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #102 on: May 07, 2018, 11:51:33 am »
Moreoggend gaan jy daai seer spiere voel. :eek7:
Jy is n cool pa finish en klaar!! :deal: :thumleft:

Toe ons gister laat middag terug kom om die bikes weg te sit en die mannetjies word aanges om eers hulle fietse te was, was ek alles behalwe 'n cool pa!   :lol8:

En ek kan dit voel in die lyf vanoggend.   :violent1:
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #103 on: May 07, 2018, 07:15:14 pm »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 
The following users thanked this post: frankmac

Offline Buff

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #104 on: May 07, 2018, 07:34:39 pm »
So cool, your laaitie is styling 👍🏼
Present bikes: BETA 300RR, KTM 690, Yamaha WR250F

If you're dumb you gotta be tough !!!
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #105 on: May 18, 2018, 09:13:22 pm »
13h00 is ek by die skool om die jongste laaitie op te tel.

Gisteraand toe ek net noem dat ek n draai op die plaas wil gaan maak, toe rol die trane oor hy nie saam gaan nie.  Ek verander toe maar die planne en besluit om hom saam te vat, al gaan ons nou gedruk wees vir tyd.

Sy ouer broer is die slimmer een en werk die somme uit oor hoe lank ons gaan ry soontoe, hoe lank ons daar sal kan vertoef en hoe lank ons dan weer terug ry.  Die somme maak nie vir hom sin nie en hy groet ons sonder om te blik of bloos.

En toe is ons weg en stop eers weer in Ladismith.  Met die wat ek nie met die bike ry nie word daar besluit om eers vir Ma kaas te kry en ek het n gewoonte om altyd by die kleiner dorpies by die slaghuis in te hardloop vir die local choppies.  Daar is twee slaghuise op Ladismith en ons kry wors en n paar loin choppies by elk en pak die laaste 12km aan Voorbaat vallei toe.

Die uitsig wat ons verwelkom maak die 165km tot daar alles die moeite werd.



Nie lank nie en ons moet stop om te verhoed dat ons die arme bussie erg tweede hands maak.  Die doring bome hang erg oor die paadjie en die pad self is sleg.  Ons stop toe maar waar ons uit sig is.



Van daar is dit nog n heel paar honderd meter in en die mannetjie wil onmiddelik weet hoe ver ons nou moet loop.  Tot sy verbasing ruk ek die deur agter oop en noem dat daar nie vandag baie geloop gaan word nie.  Tot nou toe het hy nie geweet ons het alternatiewe vervoer daar nie.

Ons laai af en ry stadig op die erg klipperige paadjie.




Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 18, 2018, 09:39:28 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #106 on: May 18, 2018, 09:24:51 pm »
Dis mooi wreld die.



Daar waar die paadjie n vurk maak draai ons regs en ry die stukkie pad grens toe.  Ons moet stop toe die pad ophou en die laaste stukkie voet slaan.







Na ons bevestig dat die draad nog net daar is waar ons hom laas gesien het, draai ons terug na die vurk om die keer die noordelike grens te gaan inspekteer.









By die grens gekom kan ons weer bevestig dat daar nie onregmatige beslag gel is op enige grond nie.  Selfs die draad is nog op sy plek.



Bewyse dat ek ook darem daar was.




Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 18, 2018, 09:43:32 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #107 on: May 18, 2018, 09:36:36 pm »
Ons ry terug al langs die dro loop stroompie en ek stop om die mannetjie eers iets te leer wat seker maar eerder kon gebly het. 





So ry ons ook toe sommer pad af na die voor kant toe om net vinnig te loer.





Die tyd vlieg soos ons heeltyd stop, gesels en ons verkyk aan die niks rondom ons.

Terwyl ek die bikes laai kry hy nog kans om te skiet na wie weet wat want ek het net een vol gesien en die was n myl ver.



Klaar gelaai en ons is net betyds om in die pad te val voor die son heeltemal verdwyn en om sy bed tyd te maak, met n vinnige Steers takeaway op die dorp.



En soos ek nou hier skryf, hoor ek hom snork op sy matras wat hy hier langs ons bed kom neer gooi het.  Dit is darem maar lekker om kind te wees!


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 18, 2018, 09:49:18 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Antonie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 591
  • Thanked: 15 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #108 on: May 18, 2018, 10:49:41 pm »
Liewe ouers Kobus, jy is 'n pa 1000000000000.

Ek wens dat ek net 'n 10de van die pa kan wees vir my kiddies wat jy is. En ek try, maar val party (lees baie) dae miserably kort, dan is jou posts weer 'n goeie eye opener.

Keep it coming/going.

Sent from my LG-H990 using Tapatalk

 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 27,970
  • Thanked: 328 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #109 on: May 18, 2018, 11:43:50 pm »
Kwaliteit tyd saam gespandeer. :thumleft: :thumleft: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #110 on: May 19, 2018, 04:48:15 pm »
Liewe ouers Kobus, jy is 'n pa 1000000000000.

Ek wens dat ek net 'n 10de van die pa kan wees vir my kiddies wat jy is. En ek try, maar val party (lees baie) dae miserably kort, dan is jou posts weer 'n goeie eye opener.

Keep it coming/going.

Sent from my LG-H990 using Tapatalk

Dankie Antonie.  Jy moenie so hard op jouself wees nie.  Om enige vergelyking te trek is onregverdig.

n Mens skryf mos net oor die mooi en lekker op n forum.  Nooit hoe ek ook maar moet pakslae uit deel in die oggend voor skool as hulle so stout is nie.  Ander kere is ek weer die drol in die drink water.

Ek het grotendeels sonder n Pa groot geword en die kort tydjie wat hy daar was, was hy ook maar nie daar nie.  Ek probeer hard om die teenoorgestelde te wees, maar kom ook baie kort.

Doen wat jy kan vir die kinders en doen dit voluit, dis al wat hulle vra.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 19, 2018, 07:21:38 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,799
  • Thanked: 71 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #111 on: May 21, 2018, 08:07:59 am »
Ons ry terug al langs die dro loop stroompie en ek stop om die mannetjie eers iets te leer wat seker maar eerder kon gebly het. 

 :laughing4: :laughing4:

Laat my dink aan toe my pa my wou leer bestuur. Sy geduld was maar min en ons het maar baie kop gestamp tot ons eendag met oorle' oupa se 2.4 Hilux veld toe was. My pa se my "spin die ding en kry klaar, dis al hoe jy die clutch gaan baas raak". Nou ja, toe gee ek gas en die bakkie loop sommer hier en daar dwars op die grondpaadjie tot my pa skielik tot sy sinne kom en my vra om eerder weer stil te hou.

Ek sal nie noodwendig al die uitskel en pakslae onthou nie, maar eerder die lekker tye. Ek is seker jou knapies sal ook eendag net hierdie oomblikke onthou  :thumleft:
Born to be Mild
 

Offline BikerJan

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,617
  • Thanked: 113 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #112 on: May 21, 2018, 09:14:27 am »
Dit is hierdie tipe kwalitit tye saam wat die verskil maak, dit lyk awesome Kobus!

Ek sal weer bietjie moet plan maak met my twee!
 

Offline Antonie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 591
  • Thanked: 15 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #113 on: May 22, 2018, 10:56:07 pm »
Liewe ouers Kobus, jy is 'n pa 1000000000000.

Ek wens dat ek net 'n 10de van die pa kan wees vir my kiddies wat jy is. En ek try, maar val party (lees baie) dae miserably kort, dan is jou posts weer 'n goeie eye opener.

Keep it coming/going.

Sent from my LG-H990 using Tapatalk

Dankie Antonie.  Jy moenie so hard op jouself wees nie.  Om enige vergelyking te trek is onregverdig.

n Mens skryf mos net oor die mooi en lekker op n forum.  Nooit hoe ek ook maar moet pakslae uit deel in die oggend voor skool as hulle so stout is nie.  Ander kere is ek weer die drol in die drink water.

Ek het grotendeels sonder n Pa groot geword en die kort tydjie wat hy daar was, was hy ook maar nie daar nie.  Ek probeer hard om die teenoorgestelde te wees, maar kom ook baie kort.

Doen wat jy kan vir die kinders en doen dit voluit, dis al wat hulle vra.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy weet mos, jy is die hardste op jouself...

Maar jou stories is baie inspiring. Thanks.


Sent from my LG-H990 using Tapatalk

 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #114 on: May 24, 2018, 06:24:11 am »
Dit is hierdie tipe kwalitit tye saam wat die verskil maak, dit lyk awesome Kobus!

Ek sal weer bietjie moet plan maak met my twee!


Vlieg af vir n naweek die kant toe BikerJan.  Bring net julle kit saam, ek sal die res uitsort.   :pot:


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 24, 2018, 06:24:59 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #115 on: May 25, 2018, 06:23:00 pm »
Meer later, nou eers braai.




Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #116 on: May 25, 2018, 11:08:51 pm »
Vir die laaste 3 weke dreig ek al om n middag af te vat en n draai te loop ry.  Ek geniet solo ritte van tyd tot tyd vir die eenvoudige rede dat jy ordentlik kan kop skoon maak en jy slegs verantwoordelik is vir jouself.

Die enigste probleem is dat niemand weet waar jy is nie, veral as jy soos ek geen roete beplanning doen nie.

Vanoggend is ek lekker bedrywig met die 1984 KX60 restorasie en geniet die transformasie wat so voor n man afspeel.  Alles loop egter nooit seepglad nie en toe ek eers die een boutjie weer moet sandblast en vir die tweede keer zinc plate raak ek bietjie frustreerd.  Dit word egter gedoen en ek begin met die cdi.  Die plug cap is met insulation tape toe gedraai en toe ek die af het vind ek nog masking tape onder dit. Nou is ek sommer vies vir die vorige eienaar wat sulke tos aanjaag!

Net daar besluit ek om ander plan te maak om van die onnodige frustrasie ontslae te raak.

Ek kry my pret pakkie reg en saal die AT op vir n kop skoonmaker.

Dis so net na 13h00 toe ek deur die dorp ry.

Ons is bevoorreg om sommer voor jy die dorp uit is al grondpad te kan slaan en ek swaai regs by die eerste bord wat s Montequ pas.

Verby Lafarge se groef is daar so ou Mercedes SE wat heeltyd voor my ry.  Geen idee wat die man maak of waarheen hy op pad is nie, maar jy kan sien day sy enigste doel op die stadium is om voor my te bly.  Die man jaag omtrent en ek sit maar gedwee agter hom en wonder wat sy doelwit is.

Toe die pad nouer word en die draaie skerper gaan ek verby en waai vriendelik.  My groet word nie beantwoord nie.  Seker maar omdat daai kneukels spierwit om die stuurwiel vas sit.

Ek stop by die eerste koepel van die trein brug en beloer die graffiti.  Die woorde van my Ouma herhaal in my gedagtes: Gekke en dwase skryf op mure en glase.  Ek wonder watse gek of dwaas het hier sy stempel afgedruk?  Jordan moet seker baie spesiaal wees.




Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 25, 2018, 11:09:29 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #117 on: May 25, 2018, 11:19:13 pm »
Die pas gaan te vinnig verby en kort voor lank is ek by die kruising van die N9.  Gelukkig is dit letterlik seker n 100m en ek swaai weer links rigting Paardepoort. 

Dit is seker amper 3 jaar terug wat ek laas op die pad was en is opgewonde om die herinneringe te verfris.

Dit is ongelooflik hoe vinnig jy uit die groenigheid ewe skielik jouself in die Klein Karoo vind.  Dis asof die N9 die grens is.

Ek stop vinnig daar waar ons ook 3 jaar terug gestop het. 

Daar is n doodse stilte in die lug.  Al wat jy hoor is die rivier wat loop en n eensame lbj wat roep vir geselskap.








Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,791
  • Thanked: 212 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #118 on: May 25, 2018, 11:41:11 pm »
Net ander kant die poort stop ek eers om Heimer se plaas van n afstand te besigtig.  Netjiese plek wat die man hier het.



Kort daarna draai ek regs rigting Ezeljacht.  My cockpit view.



Dis n reguit stuk grondpad wat baie onlangs geskraap is.  Gravel highway op sy beste en voor ek my o uitvee is ek hopeloos te vinnig op 160km/h.

Ek draai die oor bietjie toe en kom skielik by n Y-aansluiting.  Ek ken nie die pad nie en ry sonder gps.



Die pad links lyk vir my lekker en ek kry koers, rigting who knows where?.

Dis volstruis wreld en soos ek ry wonder ek wat in die groot vol se klein koppie aangaan.  Soos jy aan gery kom, gaan die goed aan die hol.  Dit alles is seker te verstane, maar selfs al is jy verby, hol hulle steeds??  Wys jou maar net weer om nie met n klein koppie te dink nie.






Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 26, 2018, 12:44:05 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,770
  • Thanked: 86 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #119 on: May 26, 2018, 07:50:22 am »
Kom kom, opstaan. Waar gooi die grondpad jou toe uit? :biggrin:

2006 Hp2 - 2006 Hp2 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C       
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet