Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)  (Read 11005 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #120 on: May 26, 2018, 08:02:44 am »
Kom kom, opstaan. Waar gooi die grondpad jou toe uit? :biggrin:

Bietjie later, jaag nou eers rugby toe.
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #121 on: May 26, 2018, 12:24:05 pm »
Die pad vorentoe.



Daar waar ek staan kom n cruiser bakkie uit die veld en draai verby my pad af.  n Jong man groet my vriendelik en vra of als ok is.  Toe hy my thumbs up kry ry hy verder.

Net so entjie verder kry ek nog n jong man wat groet soos hy verby kom. 

Ek kan nie help om te wonder of hulle besef hoeveel manne beny hulle hul posisie nie.  En toe wonder ek weer wat deur hulle gedagtes gaan.  Net so graag soos ek eendag wou gaan boer, het daai ou drome van nie boer nie?

Ek kom op n derde jong man af waar hy die trekker haak aan sy cruiser.  Dit lyk soos n ou MF en dink by myself hy het seker maar sonder diesel loop vrek, n Massey breek mos nie.

Ek stop en vra of ek kan help, maar die man en sy handlanger beduie hulle sal regkom.

Die pad is nou nie meer so reguit nie en ek geniet die draaie wat kort op mekaar is.  Jy kan ver sien, geen ander voertuie en geen gevaar as jy die draai bietjie wyd vat nie.

Die geleentheid doen homself voor om te stop om die natuurskoon vas te vang.



Ek gaan sit sommer so op my gat in die pad, drink n bietjie water en slaan n dampie.  Teen die tyd is dit seker hier by 15h00 en ek sit en dink hoe dinge verander het in die laaste paar maande.

Dis n Vrydag middag en kyk waar bevind ek myself.  Ek en BikerJan het altyd probeer om so nou en dan teen die tyd n biertjie te gaan drink in Centurion om bietjie die industrie te bespreek en sommer op persoonlike vlak bietjie op te vang.  Ons kon dit nie eers een keer n maand regkry nie en ek sit en dink hoe hy di nou sou geniet.

Ek sit ook en dink oor werkgewers wat nie besef hoe belangrik hierdie tipe tyd vir mens wees is nie.  Ek besluit om eendag daai tipe werkgewer te wees en dit sommer verpligtend maak.






Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 26, 2018, 12:47:02 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #122 on: May 26, 2018, 12:38:18 pm »
Ek daal in die vallei af en die pad is vol albasters.  Ek geniet dit verskriklik en ry eintlik vinniger as wat nodig is.  Die DCT maak ry maklik.  Ek stop by n laagwater bruggie en is sommer bly vir die manne dat hulle ren gekry het.



Nie ver nie en ek kom by n kruising.



Hier is net eenvoudig te veel opsies en ek kyk na die tyd.  Ek besluit om liefs om te draai voor die donker my dalk vang.  Ek draai regs Eenzaamheid toe en kom weer by die N9 uit.



Ek is terleurgesteld toe die grondpad klaar is maar geniet ook die stukkie teerpad.  Ek kan nie dink hoeveel keer ek al die pad gery het nie en dit bly steeds vir my mooi.

By Herold besluit ek om weer Montegu pas af te ry.

Terug by die workshop sit ek die bike weg en spring in die bakkie.  Stop eers vir n bier by neef en deel my storie en roete met hom.  Ons besluit dat daar 2 dae uitgesit moet word om die area verder te gaan verken.

Ek ry huis toe en is erg tevrede.




Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,106
  • Thanked: 350 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #123 on: May 26, 2018, 02:04:13 pm »
Dis baie hartseer dat daai Buffelsdrift area se reen so drie jaar gelede net opgehou het. :(
Als wat nou groen is is ondergrondse water.
Toe ek op skool was is daai paaie naweke vrot gery met die MT-5 en dit was kanaan met lusern,groente en saai oeste elke jaar.

Kobus as jy en neef daaikant toe gaan bly oor by by Eagle Falls as julle kan. :deal: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Tom van Brits

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #124 on: May 26, 2018, 05:15:21 pm »
Ek geniet hierdie tread baie, vernaam dat jy so lekker saam die kinders ry!  :thumleft:
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #125 on: June 15, 2018, 05:19:40 am »
n Paar fotos van ons trippie Woensdag.

JFE gaan n RR doen as hy tyd kry, so gaan hom nie die storie ontneem nie.






















Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,955
  • Thanked: 63 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #126 on: June 16, 2018, 02:48:44 am »
Ja, die Sydkaap... Mooi wereld.

 8)
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #127 on: June 17, 2018, 01:52:55 pm »
Ja, die Sydkaap... Mooi wereld.

 8)


Spot on Ian, its an extended paradise for riding. 


So off we go yesterday morning to spend the evening in Witsand.

Uit George volg ons al die agter paadjies tot in Jongensfontein waar ons stop vir n iets te ete.







Met n vol maag vat ons die pad deur Vermaaklikheid.







In Witsand word daar hout gekoop voor ons by ons akkommodasie inboek.

Die aand word daar baie gelag en gesels om n braaivleis vuur en n bottel rooiwyn.



Vanoggend pak ons die pad weer terug en word begroet met ons land se mooie natuurskoon.





Na n lekker ontbyt in Riversdal is ons net voor middag ete by die huis om Vadersdag saam met die familie te spandeer.

Hierdie trippie was weer eens perfek agv die great mense.  Lekker manne wat dieselfde passie deel.  Ek sien sommer klaar uit na die volgende een.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 
The following users thanked this post: genie

Offline Tom van Brits

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #128 on: June 17, 2018, 07:25:21 pm »
Geen twyfel die manne hou almal van Honda African twin - lekker  :thumleft:
 

Offline Jaakmh

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 604
  • Thanked: 16 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #129 on: June 18, 2018, 01:59:20 pm »
Dankie Kobus vir die lekker saamry.



Sent from my iPhone using Tapatalk
Stofpad!
 

Offline BikerJan

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,625
  • Thanked: 123 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #130 on: June 18, 2018, 02:36:01 pm »
Ek is sommer baie jaloers Kobus!

Baie mooi wereld met heerlike grond paaie
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #131 on: June 22, 2018, 04:52:51 pm »
Kyk, ek is eintlik n wetsgehoorsame outjie.  Ry 60 wanneer ek moet en nooit oor 120 op die snelweg nie.  Mens doen mos nie dit nie. 

So sit ek vanoggend op Google earth en kyk na n spesifieke paadjie wat ek wil gaan ry, maar iets anders vang my oog. 

Ek plot n paar waypoints en laai dit op die gps.  Dit lyk n bietjie rof en ek ry alleen so stop eers by neef en wys hom watter roete ek gaan ry.  Met die los ek sommer die rekenaar by hom na hy my s ek is bef@k.  Sy kru taal ontstel my so dat ek summier pad vat.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #132 on: June 22, 2018, 05:02:14 pm »
Ek ry sommer teer pad oor die berg.  Die brute krag van die 250 Rally kos my alewig tail slide deur elke draai.  Ek dink my foot pegs is nou 2cm korter van daai peg scratching. 

Ek kyk na die gps en kies rigting WP01, die eerste van 12 waypoints.

Ek stop by n plaas en dink eers ek is nou hopeloos verkeerd, maar druk verby.  Toe ek my o uitvee, staan ek hier.



Die hek voor my dui aan dat ek nou nie heeltemal hier hoort nie, maar dan sou hulle mos die hek gesluit het?  (En nee, dis nie n boer se grond nie)

Deur die hek en ek stop na so rukkie.  Liewe ouers!  Dis so mooi ek vergeet om te rook.





Ek kry koers WP03 toe waar ek moet links draai.





Die pad raak al slegter maar ek stoot aan.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #133 on: June 22, 2018, 05:12:06 pm »
Tussen WP05 en WP06 ry ek my egter vas in n berg.  Mens kan sien daar was jare terug dalk n roete maar daar is geen manier dat ek dit alleen kan aan pak nie.









Ek draai om en volg n ander paadjie wat ook toe dood loop.  So draai ek toe maar terug en los dit vir n volgende keer.







En so kom nog n kort verhaal tot n einde, maar net tot die volgende verkennings roete.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: June 23, 2018, 06:51:44 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Tom van Brits

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #134 on: June 22, 2018, 10:46:40 pm »
Ek het dit al gese; dis n bitter mooi wereld daai!  :thumleft:
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #135 on: July 13, 2018, 06:06:28 am »
Die laaities se bike naweek: 6 - 8 Julie

Vele jare terug was dit 'n enduro paradys hier onder in die Suid Kaap.  Plekke soos Louvain, Bosvark Enduro, Rietvlei en Ricus (RIP) se plaas was ons uithang plekke oor naweke.  Deesdae is dit amper onmoontlik om tipiese enduro plekke te kry waar 'n mens nog kan ry.

Die seuns is nou al te gewoond aan die local MX track wat ons hier het en ek is straks ook nie 'n voorstaander van 'n MX baan nie.  Hulle fietse is nie gebou daarvoor nie en my mediese fonds gaan kort voor lank sy gat sien as die MX gogga eers byt.  Die lang termyn plan is dat hulle eerder enduro tipe ry gewoond raak om hulle 'n goeie basis te gee vir adventure riding eendag, sou dit natuurlik by hulle aanklank vind.

With the July school holidays in progress and the fact that they're driving their mother up the walls, we decide to go camping last weekend.  Cousin Francois and family decides to join and all of a sudden we have four boys that needs to be occupied by enough activities for the weekend to keep them out of mischief.  So the search begins for a place that we can camp and they can take their bikes with.

Our first enquiry goes out to Louvain.  Nico used to be a very active biker and their farm had some really fantastic enduro tracks.  They however inform us that they're busy with restorations and that they no longer allow bikes due to the effect on their ostrich farming.  Bummer!

Next up is Eagle Falls and Michial (spelling? Pronounced Migail) agrees that the laaities can ride around on the farm. 

The Sunday prior to last weekend we decide to take a leisurely drive around the back roads and end up on the Kamanassie road where I took the AT previously.  I wanted to see where that Buffelsdrift road leads to so this was a perfect opportunity.







Unfortunately the road ended on the koppie just as you exit the Buffelsdrift settlement.  The road, which used to go all the way to De Rust, is now closed by conservation and private game farms, both a blessing and a pity I guess.





Met Eagle Falls wat net om die draai daar is, besluit ons sommer om gou te gaan loer waar ons die volgende naweek gaan kamp en gesels bietjie met Michail.
« Last Edit: July 13, 2018, 06:20:00 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #136 on: December 27, 2018, 06:54:46 am »
 Net toe ek oor iets anders wil skryf sien ek bogenoemde storie is ook net halfpad vertel.

Wel, ons het toe gaan kamp met die seuns en dit was vet pret, en vrek koud saans.

Gepak, reg om te ry.





Ons stop langs die pad om seker te maak die seuns sien die mooi om hulle raak.





Daar gekom word daar gegroet en kamp word opgeslaan.  Dis al laat middag en die seuns is kriewelrig vir bike ry.  Daar word egter ooreengekom dat dit n aktiwiteit is wat eers die volgende dag sou plaasvind.







Nie n slegte uitsig vir die volgende paar dae nie.






Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #137 on: December 27, 2018, 07:05:51 am »
Die volgende oggend is die mannetjies sommer so uit die pajamas in die riding kit.  Ons is gelukkig die enigste kampeerders daar en die manne kan vroeg in die pad val.













Die manne het wragtag net gestop as die petrol op is.  Ons moes hulle later dwing om net eers iets in die maag te kom sit.  Hoe hulle arms dit hou weet ek nie.

Vir eers bietjie klaar gery en daar word eers teiken geskiet.








Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #138 on: December 27, 2018, 07:23:13 am »
Later die middag besluit ons om eers bietjie rugby te gaan kyk.  Eagle Falls het n lekker kuier plek en ons het die plek vir ons self op hierdie stil naweek.







Die laaste keer wat ek hier gekuier het was toe ons Oubaai en Breakwater Bay buite George gebou het.  Ons het ons jaar eind funksie hier gehou.  Hulle het n 4x4 roete hier wat ons toe nou ook ten tye aan gepak het.

Dit is n een rigting roete, maar een keer n jaar kom die manne van een of ander 4x4 klub hier bymekaar en kyk of iemand hom van die ander kant af kan ry.

In die kroeg kan jy jou naam op 2 maniere op n steen kry.  Of jy koop hom, of jy kry hom gratis indien jy die roete die verkeerde kant om suksesvol voltooi.

Nou ja, met n paar biere sterk is dit mos nou net die regte uitdaging.  Let wel dit is darem al 13 jaar terug en ek was bietjie meer onverskillig as vandag.

Drie van ons het die dag probeer maar net een was suksesvol.  Ek het seker maar die beter voertuig op die dag gehad.





Daar word weer vuur gemaak die aand, maar die keer binne die lapa om die koue bietjie vry te spring.



En so is dit die einde van nog n kort verhaal. 

As jy ooit in die omgewing is, stop gerus daar.  Dis n lekker kamp plek en selfs n paar chalets om te oornag.




Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,835
  • Thanked: 215 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #139 on: December 27, 2018, 08:14:50 am »
Baviaans - 21 Desember 2018

Op 20 November kom die boodskap deur.  "Ry jy saam Baviaans toe?"

Ek belowe myself nou al bitter lank om die kloof te gaan ry en elke keer val daar iets voor.  Die keer besluit ek egter om die datum vas te maak.

So kom die 21ste ook voor 'n man jou o uitvee en ek staan en wag vir BikerJan en sy seun by die Montague pas se afdraai.





Ons groet eers en maak 'n bietjie bek na ons mekaar vir amper 'n jaar nie gesien het nie.

Ons kies rigting oor die pas en sluit by die Kamanassie pad aan, rigting Uniondale.  By Uniondale word daar brandstof gegooi en ons is al aan met die R62, rigting St Francis, waar ons die aand by 'n vriend oorslaap. Alles gaan goed tot ek sommer uit die bloute 'n pap wiel voor kry, sommer so op die teerpad.  In elk geval, wiel af, patch die binneband en ons is weer op die pad.

Vriend Pieter onthaal ons met 'n koue bier en 'n lekker braai vir die aand.

Die volgende oggend is almal vroeg uit die vere en teen 06h00 van ons die pad.  Ons maak eers 'n draai by Cape St Francis se ligtoring voor ons rigting Humansdorp toe vat, waar ons ook sommer gou brandstof gooi.





Dis mooi wereld en ek verkyk my na Patensie, wat ek heeltemal anders voorgestel het.

En toe is ons Baviaans in.  Ek los maar sommer net 'n paar fotos hier aangesien daar al genoeg gese is oor die Baviaans.  Ek weet egter dat ek beslis, sommer in die nabye toekoms, dit weer sal gaan ry en sommer baie meer fotos neem.



















Terug in Uniondale word daar gestop om te eet en brandstof in te gooi.  Pieter kies weer koers St Francis toe en ons besluit om Prins Alfred pas oor te ry terug huis toe.  Aan die ander kant ry ons toe ook sommer Kom se pad net om dinge interressant te hou.



Weer was dit sommer 'n great kort trippie saam met great manne.




Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: December 27, 2018, 08:27:29 am by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-