So begin ons rustig ry en ek kan voel hoe vroutjie begin ontspan.
Ons slaan die eerste stukkie grondpad en ek voel weer daai hande klou, al ry ek baie rustig.
Dit het heelwat gereen en die pad is glad. Ek besluit dat dit nie die risiko werd is nie en soek weer die teerpad op.
Dit is ysig koud op die bike en kort kort ry ons in 'n vlaag reen. Tyd vir stop en fotos neem is daar ongelukkig nie. Op die stadium ry ons rigting Delmas.
Ek swaai links en slaan rigting Cullinan in. Hoe verder ons ry, hoe kouer en natter raak dit.
En so kom ons aan in Cullinan waar ons by die Cockpit Brewhouse stop om net eers te ontdooi.
So eet ons iets en ek drink 'n local craft bier. Vroutjie drink koffie en haal nooit daai hande van die beker af nie.


Jonathan Martin maak musiek in die agtergrond en ons geniet dit terdee terwyl ons die alleen tyd geniet.

En toe is dit huis toe, met nog reen en koue op die pad.
By die huis gekom na so 200km round trippie, vra ek haar of dit vir haar lekker was en of ons dit weer gaan doen. Haar antwoord was 'n besliste 'Ja', maar nie weer in dieselfde weersomstandighede nie!
Dit was voorwaar lekker om 'n slag my vroutjie deel te maak van die tyd verdryf waarvoor ek so lief is, en sien uit na nog baie sulke kort verhale.


(Sy bliksem my as ek weet ek sit haar foto op Wilddogs!)
Sent from my iPhone using Tapatalk