Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)  (Read 17386 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,735
  • Thanked: 653 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #200 on: May 04, 2020, 11:04:59 am »
 verlang na my PE250.

Iemand of iets het mooi na my gekyk dat ek my PE250 oorleef het, veral omdat in matriek het mens nie veel dissipline in jou regterhand!!! ;) :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline bud500

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #201 on: May 04, 2020, 12:16:12 pm »
Lekker om die swerwinge hier te lees.
Jis ons strate is so vol mense, kinners en honne dis amper gevaarlik om trapfiets te ry... :lol8:
May the bridges I burn light the way...
 

Online GravelFox

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #202 on: May 04, 2020, 04:26:44 pm »
Kobus, Moes julle n skelm paadjie na die dam toe vat of kan mens met gewone pad ry? T4A wys n hek wat gesluit is.


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #203 on: May 04, 2020, 05:06:53 pm »
Kobus, Moes julle n skelm paadjie na die dam toe vat of kan mens met gewone pad ry? T4A wys n hek wat gesluit is.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi GravelFox,

Ek het al daai hek oop gekry en in gery, maar jy ry jou gou in n 2de hek vas waar daar sekuriteit is.  Baie lank terug het ons met mooi vra tot by die dam wal gery.  Sal die foto soek.

Die keer moes ons die skelm paadjie net voor die hek vat.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,735
  • Thanked: 653 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #204 on: May 04, 2020, 05:08:12 pm »
Vir wie of wat gee daai dam water Kobus?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Online GravelFox

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #205 on: May 04, 2020, 05:11:13 pm »
Dankie Kobus. Weet nie hoekom word ons altyd ontneem van die mooi spots nie. Sal ook eendag probeer om in te kom. Lyk of draai proses n effort is met die alternatiewe paadjie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #206 on: May 04, 2020, 05:11:58 pm »
Vir wie of wat gee daai dam water Kobus?
Chris dit is die munisipale voorsiening vir Mosselbaai asook industrile voorsiening vir Mossgas, oftewel PetroSA.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #207 on: May 04, 2020, 05:14:17 pm »
Dankie Kobus. Weet nie hoekom word ons altyd ontneem van die mooi spots nie. Sal ook eendag probeer om in te kom. Lyk of draai proses n effort is met die alternatiewe paadjie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy kan hor op in die paadjie stop en dan net bietjie verder loop.  Omdat ons met die klein fietse daar was het ons maar gekyk hoe ver ons kan ry.

Daar is n ander dam op n nog skelmer paadjie wat selfs mooier is.  Sal hom gaan besoek en jou hier kom vertel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 04, 2020, 05:14:38 pm by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #208 on: May 04, 2020, 05:15:31 pm »
Lekker om die swerwinge hier te lees.
Jis ons strate is so vol mense, kinners en honne dis amper gevaarlik om trapfiets te ry... :lol8:
Dankie Deon, hier gaan dit net so rof in daai 3 uur periode.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online GravelFox

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #209 on: May 04, 2020, 05:17:39 pm »
Ek het daai dam gesien toe ek in Maart Kaap toe gevlieg het. Nogals mooi gelyk. Kon hom nie heeltemal plaas nie maar sy wal het wes gesit. Dalk Klipheuwel?


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #210 on: May 04, 2020, 05:24:20 pm »
Ek het daai dam gesien toe ek in Maart Kaap toe gevlieg het. Nogals mooi gelyk. Kon hom nie heeltemal plaas nie maar sy wal het wes gesit. Dalk Klipheuwel?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Gaan bietjie moet dink oor wat sy naam is.  Hier is waar ons ander kant in was.

« Last Edit: May 04, 2020, 05:26:00 pm by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online GravelFox

Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #211 on: May 04, 2020, 05:26:40 pm »
Tx. Hier lyk dam ook lekker vol.


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #212 on: May 04, 2020, 08:50:07 pm »
Het hierdie stukkie video gekry van 15 jaar terug.  Ek en Sean het daai tyd altwee splinternuwe KDX200s gekoop. 

GMX (George Motorcycles Xcessories) is deur Amore en Ivo Henry-Leyte besit.  Ivo het self n KDX gery en het geweet presies hoe om hulle te tune.  Al ons spaargeld is destyds aan hom geskenk elke maand einde.

Goeie tye gewees.

"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #213 on: May 10, 2020, 08:57:20 am »
Dorsland se stukkie ry van gister maak my opnuut lus vir pad vat.  Daar is iets omtrent die inperking wat my herinner aan skelm rook.  Alles wat jy so half onwettig doen het mos daai bietjie meer oowinding aan.

So is ek vanoggend vroeg uit die vere, gaan haal die motorfiets en skiet die donker in.  Dis net na 06h00 en daar is die vroeg opstaners wat al die strate ingevaar het vir hulle oggend oefening.

Ek vermy die hoofstrate en ry deur Heatherpark vir die kort entjie op die N9 om op die Montagu pas te kom.

Die ligte berg wind in die pas sorg vir n warm 23 grade Celsius.  Soos die dag breek gaan ek verby twee manne op berg fietse. 

Bo op die pas stop ek eers om terug te kyk na my tuisdorp.







Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 10, 2020, 08:58:16 am by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,817
  • Thanked: 517 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #214 on: May 10, 2020, 09:02:50 am »
En so, een vir een, stuur ons die grendelnonsens in sy moer in.  Lekker Kobus, dis nog 'n pas daai wat ek elke keer as ek daar verbyry, lus kry om hom te ry maar nog nooit so vr gekom het nie.  Dalk as ek my fiets afbring George toe vir 'n diens ry ek hom. 

Daai fiets van joune lyk blerrie mooi jong.   :thumleft:
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #215 on: May 10, 2020, 09:06:09 am »
Ek ry met geen bestemming in gedagte nie en besluit ek gaan net tot daar waar ek geno voel. 

Ander kant die berg koel dit vinnig af en kort voor lank is dit 8 grade Celsius.  Die son wil wil sy verskyning maak en ek moet vinnig stop vir n foto of twee aangesien ek nog nie daar is waar ek die son wil sien opkom nie.









Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 10, 2020, 09:48:18 am by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #216 on: May 10, 2020, 09:16:16 am »
Sodra n mens deur Paardepoort gaan, maak die wreld oop.  Die stukkie Klein Karoo is nou al vir n paar jaar bitter droog, maar bly vir my uniek mooi.

Dis toe ook nie lank nie voor ek n stof wolk sien.  Eers dog ek dis een van die boere maar sien of hoor nie n bakkie nie.  Die son begin stadig sy verkyning maak en ek sien dis n trop volstruise wat so stof opskop.

Ek ry dadelik stadig aangesien die stomme vols mos lank aanhou hardloop al is jy reeds verby.  Die dorre lande, groot vols, stof en son wat opkom sorg vir die perfekte prentjie en ek stop net daar.






Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,817
  • Thanked: 517 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #217 on: May 10, 2020, 09:16:44 am »
Tensy daai roete as !GEHEIM! geklassifiseerd is, mag jy dit gerus met ons deel.   :peepwall: :lol8:  Dit die Heimersrivierpad?
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #218 on: May 10, 2020, 09:24:28 am »
Met die wat ek stil staan, kom die nuuskierige vols al nader om te kyk waarmee ek besig is.   



Vir n lang ruk staan ek net daar in die middel van nrens en neem die rustigheid en klank van die Klein Karoo in.



Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 10, 2020, 09:25:12 am by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,807
  • Thanked: 362 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #219 on: May 10, 2020, 09:32:22 am »
Vir n rukkie maak ek bietjie bek met die groot vols maar hulle is straks ingenome met my geselskap. 




Dit was n kort stukkie ry, maar ek het my geno punt bereik en draai net daar om en is weer berg af.

Dit is mooi om te sien hoe ons berge herstel na die verskriklike brande.




Met die fiets terug in die werkswinkel stop ek eers om m bos blomme op te tel vir die seuns dat hulle vir hul Ma kan gee.  Voor nege is ek terug by die huis en weet sommer dit gaan n lekker dag wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: May 10, 2020, 09:50:31 am by Kobus Myburgh »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-