Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)  (Read 10203 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #40 on: June 11, 2017, 05:46:35 pm »
Daar is iets omtrent 'n solo rit wat ek nog nie lekker kan opsom nie.

Is dit die eie tyd, eie teiken prinsiep?
Miskien die feit dat jy vir niemand verantwoordelik is of niemand vir jou nie?
Dalk omdat jy kan besluit hoe vinnig/stadig jy wil ry?
Of is dit die risiko van alleen ry?

Wat dit ook al is, dit is altyd vir my lekker in sy eie reg.

So trek ek Saterdag laat oggend weg van die huis af, so op my eie.

Bestemming:  Spirit of Africa, net buite Zeerust.

Hierdie jaar merk die 5de keer wat ons dit as 'n spanbou sessie vir ons manne doen.  Vir my is dit die 6de keer en ook die eerste keer wat ek die organisasie daarvan oorhandig het aan twee kollegas.  Ek moes egter gaan kyk of hulle darem die taak ordentlik behartig. 

So besluit ek om toe 'werk' en speel terselfdertyd te doen.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: June 11, 2017, 05:47:50 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #41 on: June 11, 2017, 06:00:11 pm »
Een van die vele dinge op my lys om onder die knie te kry is ordentlike roete beplanning.  Hierdie storie van 'n algemene rigting inslaan werk nie altyd ewe goed nie.

Hierdie was weereens geen uitsondering nie - algemene rigting Zeerust.  Twee koordinate in die gps, die afdraai en die finale bestemming by Doorndraai 4x4.

Ek is nie 10km weg nie en ek sien iets links voor wat my pla.  Ek stop en sien die bout wat die crash bars, tenk en radiator vashou het afgebreek.



Ek oorweeg vir 'n oomblik om om te draai.  Daai gedagte word vinnig verruil met die idee dat dit enige plek kon gebeur en ek besluit om 'n plan te maak. 

Die wonderwerk van 'n cable tie kom tot my redding en ek is gelukkig dat dit sal hou.




Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,529
  • Thanked: 20 times
  • Free as a bird
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #42 on: June 11, 2017, 06:19:04 pm »
En waar is die res?
Jy kan nie net 10 min van 'n trip post nie  :pot:
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #43 on: June 11, 2017, 06:49:59 pm »
En waar is die res?
Jy kan nie net 10 min van 'n trip post nie  :pot:


Sorry Skydiver, ek braai nog en praat met die vrou ook so tussen deur die skrywery.




So word daar Hartebeespoort rigting ingeslaan en ek besluit om in plaas van Hekpoort deur te ry, vir 'n slag oor die damwal te ry.  Gewoonlik vermy ek dit soos runderpes maar met 'n bike is dit mos maklik om voor in die ry te kom.

Alles is sommer die moeite werd toe ek daai FMF se klank hoor in daai tonnel.  Ek het 'n skare jolige kalante agter my in 'n bakkie wat skreeu vir nog en ek draai die katoom se oor weer. . My komin kant hardloop 'n wyle met my weg.

Anderkant die tonnel staan 3 BMW manne netjies geklee in hul pret pakkies.  Ek waai vriendelik en ek kan sien dat die groet so half vals terug kom.  Ek kan sommer sien hulle dink dit is mense soos ek wat bikers 'n slegte naam gee - windgat KTM donners!

Die wat onlangs by Harties was sal getuig van die enorme probleem met die 'Hyacinths' tans in die dam.  Klaarblyklik is daar manne besig om te 'oes' en maak kunsmis, maar die wreld het baie meer str@nt nodig om daai dam 'n duik te maak.

Ek moes eintlik 'n foto geneem het vir die manne wat dit nog nie gesien het nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #44 on: June 11, 2017, 07:27:53 pm »
Ek stop anderkant die dam en maak seker die gps is gestel om alle hoof paaie en tol paaie te vermy.  Raait, hier gaan ons.  Die kaart op die Etrex is sommer 'n basiese model en ek kom agter hy tel nie grondpad op nie.  So besluit ek sommer met die eerste teken van 'n grondpad om af te draai en 'n ent in die pad af stop ek om 'n rokie te maak en te probeer uit figure waar ek is.





Ek sien darem die gps herbereken en ek is gemaklik dat ek op die ou ent by bestemming sal uitkom.

Die res van die pad lewer niks opwinding nie behalwe die feit dat ek elke nou en dan 'n grondpad vat wat my sommer net in 'n sirkel laat ry of 'n ompad.  Dit pla my egter min.





Hierdie stukkie grondpad is al redelik naby aan Zeerust en het gesorg vir 'n bietjie adrenelien in die are na 'n redelike lang stuk teerpad.



Ek sal maar die roete op 'n stadium aflaai en hier sit om perspektief te gee aan waar ek was.


Net voor 16h00 stop ek by Doorndraai en ook betyds om Philip se inligting sessie by te woon.

Dit is lekker om weer vir Oom Sarel, sy vrou Danielle en al die ou gesigte weer te sien.  Oom Sarel trap my ook sommer summier uit oor ek 4 jaar laas die manne gebring het.  Ek belowe hom dat dit nie weer sal gebeur nie.





En toe begin die kuier, en die rugby, en die kuier. 



Het ek genoem dat ons begin kuier het?

Dis lekker om van my kollegas vir die eerste keer in meer as 'n jaar te sien.  Ook die nuwe gesigte en jong manne is lekker en ek besef weer hoe goeie mense die sukses van 'n maatskappy maak.

02h00 strompel ek tent toe.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: June 12, 2017, 08:30:31 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Fransw

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,343
  • Thanked: 20 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #45 on: June 11, 2017, 08:02:59 pm »
Lekker! Hoe presteer die nuwe Amaroks? :thumleft:  Of mag ons nog nie weet nie..
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #46 on: June 11, 2017, 08:07:05 pm »
Lekker! Hoe presteer die nuwe Amaroks? :thumleft:  Of mag ons nog nie weet nie..

Hulle gebruik nog die oue Fransw.  Ek glo nie hulle sal die 3.0l V6 gebruik nie, te duur.  Daar is egter verwikkelinge vir volgende jaar aangaande die Spirit, maar dit moet maar in die media uitkom voor ek dalk die ding verkeerd verstaan.
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Fransw

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,343
  • Thanked: 20 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #47 on: June 11, 2017, 08:12:22 pm »
Lekker! Hoe presteer die nuwe Amaroks? :thumleft:  Of mag ons nog nie weet nie..

Hulle gebruik nog die oue Fransw.  Ek glo nie hulle sal die 3.0l V6 gebruik nie, te duur.  Daar is egter verwikkelinge vir volgende jaar aangaande die Spirit, maar dit moet maar in die media uitkom voor ek dalk die ding verkeerd verstaan.

 :thumleft:
 

Offline Weedkiller - Adie

Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #48 on: June 11, 2017, 10:37:35 pm »
Bliksem, een van die mooiste 690s wat ek al gesien het!

Sent from my SM-T535 using Tapatalk

Ek sien daai Rockfox crashbars lyk nog mooi  ;D

** Edit **
En toe lees ek van die bout wat gebreek het.  Ek onthou van die fietse wat ons gedoen het het net 'n M6 bout in wat redelik onder spanning is a.g.v. die tenk ens.  Dink amper ons het later 'n ander plan gemaak omdat party reeds met beskadigde boute hier aangekom het.
** end edit **

Adie
« Last Edit: June 11, 2017, 10:49:56 pm by Weedkiller - Adie »
Laat ons Stof maak.
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #49 on: June 12, 2017, 09:12:15 am »
Bliksem, een van die mooiste 690s wat ek al gesien het!

Sent from my SM-T535 using Tapatalk

Ek sien daai Rockfox crashbars lyk nog mooi  ;D

** Edit **
En toe lees ek van die bout wat gebreek het.  Ek onthou van die fietse wat ons gedoen het het net 'n M6 bout in wat redelik onder spanning is a.g.v. die tenk ens.  Dink amper ons het later 'n ander plan gemaak omdat party reeds met beskadigde boute hier aangekom het.
** end edit **

Adie

Dit is definitief 'n problem Oom Adie.  Die probleem l nie by die crash bars nie, maar die tenk en die radiator.  Daar is baie afwaartse krag wat toegepas word op n  6mm boutjie wat moet dien as n cantilever.  Ek is glad nie verbaas dat hy gebreek het nie.  Ek sal n ander plan moet maak daar want ek verwag dat dit weer sal gebeur.


Saterdag oggend word ek wakker en dis een van daai oggende wat n ou jouself belowe om NOOIT weer te drink nie.  Ek het n reel om een keer n jaar die dam onder die eend uit te ruk.  Dit gee n ou weer waardering van hoe fantasties die lewe is om sonder n babelas op te staan.  Hierdie was my jaarlikse dam uitruk geleentheid.

Ek spring in die stort met die hoop dat die lewe binnekort gaan verbeter.  Toe dit nie werk nie, probeer ek maar die spek en eiers ding, maar ek pik soos n voltjie aan my kos terwyl ek myself jammer kry en na my Ma verlang.
Daar is groot opgewondheid onder die manne aangesien hulle vandag begin te jaag met daai klomp Amaroks.  Ek is vir n oomblik baie bly ek hoef nie agter n stuur te sit vandag nie.  Ten spyte van al die kere wat ek al die byeenkoms by gewoon het, het ek nog net 3 keer deelgeneem, 2 saam met die werks manne en een keer in my privaat hoedanigheid.  Ek het lank terug besluit om vir die ander manne kans te gee om te ry.

Terwyl die manne gereed maak dwaal ek daar rond, so al asof rondloop my gaan laat beter voel.  Dis lekker koud in Zeerust maar n pragtige oggend, perfek vir bakkie ry.
Die manne trek weg in gelid en ek stap nader na waar die eerste oefening gebeur.  Oom Sarel wys die manne hoe dit gedoen word in die tru rat hindernis.  Jy sien sommer die konsentrasie en spanning op die manne se gesigte.





« Last Edit: June 12, 2017, 09:33:42 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline sidetrack

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Gauteng
  • Posts: 10,785
  • Thanked: 163 times
  • Beware the 250 roost !
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #50 on: June 12, 2017, 12:19:27 pm »
Daar is iets omtrent 'n solo rit wat ek nog nie lekker kan opsom nie.

Dis great, sit daar diep in die bundu's met baie tyd om te dink. Ek hou van stop en rondkyk alles op jou eie tyd. Slaan sommer n rigting in as jy lus is. Moet wel s sometyds maak dit my depressief ook siende dat ek maar n loner is van natuur  :P

« Last Edit: June 12, 2017, 12:24:49 pm by sidetrack »
Little by little, one travels far

J.R.R Tolkien
Ride reports :
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=134175.0 Penge's pass and the Old Forest http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=9421.0 - Orange Atlantic adventure http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=7514.0 - 805 km day trip http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=20260.0 - East Cape Bash http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=70199.0 - Two KTM thumpers head north
 

Offline Dwerg

Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #51 on: June 12, 2017, 12:29:34 pm »
Is jy seker die bout het gebreek en nie net uit geval nie? Daai presiese enes op my bike hou 2 ritte as ek hulle nie Loctite nie
Wise Web Worx

Honda: CRF230 x 2, CRF450X, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail; BMW: G450X, F800GS, F650GS Twin, F650GS Single, R50/2; KTM: 250XCW, 690R RS, 640ADV, 950ADV; Yamaha: BWS x 2, Chappy
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #52 on: June 12, 2017, 12:53:34 pm »
Is jy seker die bout het gebreek en nie net uit geval nie? Daai presiese enes op my bike hou 2 ritte as ek hulle nie Loctite nie

Mors af Dwerg, ek sal die stukkie thread moet uit boor.  Die spacer is heeltemal weg maar die bout het aan die binnekant van die fairing nog gel.
« Last Edit: June 12, 2017, 01:09:51 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Dwerg

Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #53 on: June 12, 2017, 01:01:43 pm »
Is jy seker die bout het gebreek en nie net uit geval nie? Daai presiese enes op my bike hou 2 ritte as ek hulle nie Loctite nie

Mors af Dwerg, ek sal die stukkie thread moet uit hoor.  Die spacer is heeltemal weg maar die bout het aan die binnekant van die fairing nog gel.

Ek kan uit ondervinding jou laat weet dat 'n vris cable tie maande lank hou daar sonder probleme  :lol8:

Ek het nog nooit een gebreek nie so dit verras my nogals. As jy dalk van daai spacers te koop op spoor, eks ook opsoek na 'n hand vol of so
Wise Web Worx

Honda: CRF230 x 2, CRF450X, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail; BMW: G450X, F800GS, F650GS Twin, F650GS Single, R50/2; KTM: 250XCW, 690R RS, 640ADV, 950ADV; Yamaha: BWS x 2, Chappy
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #54 on: June 12, 2017, 01:54:41 pm »
Die res van die oggend verloop baie rustig, behalwe vir die manne wat reisies jaag.  Daar is ongelukkig nie nog fotos van die bakkies nie, aangesien ek, en my selfoon, se battery bietjie pap was.

Teen ongeveer 11h00 besluit ek om op te kit en die pad huis toe aan te durf.  Ek het geen idee hoeveel brandstof ek het nie aangesien ek nie die trip meter gebruik het nie en besluit om eers Zeerust toe te gaan om vol te maak.  Kry toe ook sommer n garage pie, n Rennie en n half liter Lucozade, so asof dit my gaan red!



Ek ry eers n stukkie N4 en breek toe weer weg op n grondpad wat daar, wat ek dink Klein maricopoort dam is, verby loop.  Na lang teerpad se gestoei sien ek n grondpad wat Swartruggens toe gaan en skiet sommer weer daai kant toe.  En toe is dit N4, en toe mis ek die 990!

En daarmee kom nog n kort verhaal tot n einde.  Tot volgende keer.

Enduristan Blizzard

Ek het die Medium Blizzard bags op die 690, met 'n Enduristan Basepack 6.5 op die luggage rack en twee bottle holders.







Elke man se voorkeur verskil en my oorweging was as volg:

- Eers wou ek pannier racks op die 690 sit, maar my besluit toe verander dat ek dit spesifiek nie wil doen nie.  Die soft luggage moet dus pas sonder ondersteuning.
- Dit moet interchangeable wees tussen die 690, 640 en 450
- Dit moet water en stof dig wees
- Dit moet kan hou in 'n val
- Dit moet enige terrein kan weerstaan sonder om los te kom
- Dit moet basies en sonder tierlantyntjies wees

Ek het nie regtig vreeslik gesoek nie, maar toe ChrisL die blizzards op een van die threads noem het dit onmiddelik vir my uitgestaan.  'n Oproep later na Amanda en nog 'n dag of twee toe staan hulle netjies verpak vir my en wag by die huis.  Van diens hoef jy Dustriders niks te vertel nie.

Aan die begin het ek bietjie gestoei met die konsep hoe om hulle ordentlik vas te maak, aangesien die ontwerp gebaseer is om oor kruis op die agterste fender vas te maak en ek 'n luggage rack het.  Dit het egter min kop krap gekos en na die straps los gemaak is van die buckles het die luggage rack die ideale vasmaak plek gebied.

Jy kan die bottels ook agter die sakke vasmaak maar ek was bekommerd dat hulle gaan warm raak.  Wie hou nou van warm wiskey?  Ek sal hulle egter skuif volgende keer aangesien hulle jou beweging na agter op die sitplek heelwat beperk.

Na die eerste trip kan ek eerlik s dat ek hulle baie geniet.  Ek het die volgende in die medium pannier bags gehad, met 'n bietjie plek te spaar:

- 2 lang broeke
- 2 t-shirts
- 2 stelle skoon onderklere
- 2 stelle kouse
- spaar riding socks
- groot toiletry sakkie
- paar tekkies
- Groot, dik warm baadjie
- 2 thermal langmou hemde

In die basepack agter het ek 'n dubbelbed grootte fleece kombers ingedruk.  Ek het dus nie baie lig gepak nie aangesien ek die plek gehad het.

In die +-700km hoef ek nie 'n enkele strap vas te getrek het of gepeuter het aan iets nie.  Alles was altyd in hulle plek soos ek hulle oorspronklik vasgemaak het.  Ten spyte van my een bottel se prop wat los gekom het (die water, nie die wiskey nie) was niks vol stof of nat nie.  Ek kan hulle met 'n geruste hart aanbeveel.

Renrew, hiermee soos versoek:











En as ek net kan uitfigure hoe om 'n video te edit, sal ek vir julle 'n clip opsit van my gunsteling stukkie pad van die naweek.  :ricky:
« Last Edit: June 12, 2017, 02:12:33 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Renrew

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 SE
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,615
  • Thanked: 61 times
  • Fcukem
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #55 on: June 12, 2017, 02:40:46 pm »
Dankie Kobus, presies wat ek wou weet!
Kraftfahrzeuge Trunkenpolz Mattighofen
KTM 1190R
KTM 990R
KTM 950R Super Enduro_0km ;)
KTM 300 XC-W
 

Offline BikerJan

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,586
  • Thanked: 87 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #56 on: June 12, 2017, 04:16:16 pm »
Lekker grondpaaie in daardie omgewign Kobus, dankie vir die rit verslag!
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #57 on: June 12, 2017, 04:32:04 pm »
Dankie Jan.  :thumleft:


Hopelik werk die besigheid.

"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #58 on: June 18, 2017, 08:51:58 am »
Farting around with video editing ............. and not very successful.  :patch:

"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,637
  • Thanked: 187 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #59 on: July 22, 2017, 12:21:24 pm »
Tyd vir nuwe rubber die naweek.







En ek sal een of ander tyd moet smileys uithaal.




Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: July 22, 2017, 12:22:40 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-