Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)  (Read 11265 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #60 on: July 23, 2017, 03:56:20 pm »
Vanoggend het vroeg begin met nuwe kettings op die seuns se fietse.

Daarna is die bikes gelaai en die pad gevat Erora toe.



Partykeer is dit lekkerder om die kinders te sien ry as wat dit is om self te ry.









Terug by die huis en daar is genoeg tyd om self gou 'n spin te vat.  Gulde geleentheid om te gaan kyk wat by Feedback Park aangaan.



Met Sydney wat 'n ou daar ontvang voel jy sommer dadelik welkom.  Ek ontmoet ook vir Nico, die enigste ander bike wat daar was.

En toe is ons op die obstacle course, en so 9 minute later voel dit of my arms wil afval.



Al die tipiese obstacles wat jy by 'n plek soos ADA sal kry is basies daar, met nog 'n klompie by.  Goed wat ek definitief nie gewoond aan is nie en vinnig kry 'n ou respek vir die ouens wat ek al gesien het wat dit moeiteloos doen.

En ........... 'n 990 draai wragtag wyer as 'n ossewa.









Twee ure later is ek terug by die huis na 'n ordentlike workout.



Ek hoop regtig die plek word goed ondersteun.  Dit is great vir nuwe en ervare ryers om hul skills op te skerp.  Sonder ons ondersteuning gaan hulle egter, soos baie ander nuwe inisiatiewe, nie lank hou nie.





Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: July 23, 2017, 04:01:42 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,256
  • Thanked: 368 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #61 on: July 23, 2017, 04:18:29 pm »
Ek laaik julle pa's wat sorg dat jul seuns op n jong ouderdom kan begin ry. :deal: :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Namakwalander

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR250 Tornado
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,004
  • Thanked: 83 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #62 on: July 24, 2017, 11:07:08 am »
Magtag, daai Feedback park plek lyk soos baie pret. Ek het klaar al die plekke op die foto's gesien waar ek sal kan stukkies grond koop.
Born to be Mild
 

Offline Dwerg

Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #63 on: July 24, 2017, 12:16:34 pm »
Het laas naweek een van die eienaars van feedback park op die treinspore raak gery. Baoie aangename ou. Sal verseker bietjie gaan ondersteun
KTM 690R, 790ADV
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #64 on: July 29, 2017, 06:56:07 pm »
Vanoggend was weer een van daai spesiale oggende.  Een van daai waar jy nuwe vriende maak uit die blote feit van 'n gemeenskaplike belangstelling.  Bike mense is maar net anders.  Lekker mense, mense met eenvoud, dog 'n vereenselwiging met die lewe en dit wat dit bied en die omhelsing daarvan.

Die manne wat in die army was verwys altyd na 'dis 'n ou wat ek saam oorlog toe vat'.  Regte biker mense is sulke mense.  Verskillende vermons maak nie saak nie, as ons saam ry, ry ons saam. Punt.

Vanoggend ontmoet ek, Andries, Barbara (Minxy) en Francois by Rhino park.  'n Mengelmoes van 'n 990, 'n Transalp, 'n Beemer 800 en 'n Ktm 950.  Vandag pak ons alles aan wat Rhino park ons kant toe gooi, met die groot bikes. 



Ek en Francois is eerste daar en ons bestel koffie.  Na 5 minute voel hy sommer soos 'n ou vriend.  Net na ons koffie klaar is arriveer Minxy en kort op haar hakke kom Andries.  Ons groet en gesels sommer dadelik bike en wat die dag inhou.

Ons laat nie op ons wag nie en met 'n koor van uitlaat pype word die fietse brand gemaak.
« Last Edit: July 29, 2017, 07:37:55 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #65 on: July 29, 2017, 07:54:33 pm »
Ons pak die enduro loop aan wat agter die MX baan om gaan en redelik vinnig vind ons 'n spoed en ritme wat almal pas.

Net so voor die bos seksie kies Francois 'n verkeerde lyn en die Alp l op sy pens in die modder.

Ons sukkel om vat plek te kry en Andries pluk gou sy sleep tou uit en minute later is ons weer aan die gang.



Nie lank nie en ons stop om te besluit wat om volgende aan te pak.  SAND!

En toe word daar gespeel, en gesukkel, en gesweet, baie gesweet.











Na die sand word daar eers gestop om 'n half liter suiker in ons lywe te kry.

Daarna word die ander helfte van die enduro loop gedoen en ons eindig by die MX track.  En besluit sommer om die MX baan ook te tackle.  Drie laps later voel ek hoe die laaste bietjie energie my verlaat.

Ons groet sommer daar en ry almal saam rigting Pretoria, so al langs die treinspoor af rigting Boschkop.  Soos ons aangaan kry elke man (en vrou) sy afdraai en ons paaie skei, maar slegs tydelik, tot die volgende keer.



Dit was 'n lekker dag, vol van goeie geselskap en herinneringe.  Vanaand is ek weer soos die engelsman s, "content".

En so sit ek langs die vuur en dink aan al die wonderlike herinneringe in die lewe.  Dit is wat ek so vinnig kon bymekaar sit van my onthou oomblikke.



Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: July 29, 2017, 07:55:50 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Klein Torkar

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 562
  • Thanked: 4 times
Re: Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #66 on: July 30, 2017, 04:29:16 pm »
Moeg geploeg, hehe.
Gister weer daai biker ingemeen beleef, sit lanks n ourige man by Lowmac, knoop n gesprek aan omdat hy gebike het. Die res van mense om ons sekker maar bang gewees vir die bikers tussen hulle. Na aanleiding van sy staaltjies besef ons sal meer memories moet maak terwyl ons kan.
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Vroeg oggend quicky - en ander kort verhale
« Reply #67 on: August 13, 2017, 11:22:28 am »
05h30 en ek is in my pretpakkie, reg om die pad te vat.  Ek haal gou die oranje lens af sodat ek net beter kan sien in die donkerte daar buite. 





Die fmf's brul in 'n dood stil buurt.  Ek maak seker om hom op idle te ry tot ek by die hek uit is.

Stop ouder gewoonte by dieselfde plek om petrol in te gooi. Ek is verbaas dat dit nie kouer is nie.

So kies ons weer 'n algemene rigting Bronkhortspruit se kant toe.  Ek slaan sommer snelweg om so vinnig moontlik uit die stad te kom.

Soos ek uiteindelik die liggies agter laat, kom ek ook agter dit raak aansienlik kouer.  My vinger punte is mors dood en vir 'n oomblik mis ek die GSA met sy heated grips.

Dit word egter gou vergeet toe ek eers grondpad slaan en gegroet word deur 'n pragtige sonsopkoms.





Ek slaan sommer net 'n algemene rigting in en volg waar die oggend se grondpaaie my wil stuur.  Dis koud, maar die mooi van ons land maak op daar voor.











Die grondpaaie is fantasties, met genoeg sand stukkies tussen in om dit interressant te hou.

Ek stop langs die pad by 'n myn en voel myself in 'n tweestryd gewikkel.  Aan die een kant verskaf dit werk aan soveel mense (ons doen self baie werk op myne) en aan die ander kant is ek kwaad om te sien hoe hulle ons natuur so opdonner.  Al die beloftes rondom rehabilitasie wonder ek of ek in my leeftyd sal sien.  Ek neem nie eers 'n foto nie so teleurgesteld is ek.

En toe vat ons weer pad.  Ek vrek vir 'n koppie koffie maar besluit om hom by die huis te gaan drink.



En so kom nog 'n kort verhaal tot 'n einde, 286km se lekker kry!




Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: August 13, 2017, 11:28:12 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline BikerJan

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,634
  • Thanked: 125 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #68 on: August 14, 2017, 09:44:40 am »
Baie mooi video Kobus, goeie memories is baie belangrik!!!
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #69 on: August 14, 2017, 12:01:45 pm »
Baie mooi video Kobus, goeie memories is baie belangrik!!!

Dankie BikerJan, tyd dat ons weer beplan om 'n paar memories saam te gaan maak.   :ricky:
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #70 on: April 06, 2018, 05:52:05 pm »
Mre oggend is dit weer tyd vir bietjie bene rek op n roete wat ek baie lanklaas gedoen het.

Cloetes pas en dan oor Rooiberg pas tot in Calitzdorp.  Die keer egter op die klein fiets om te ervaar hoe dit is in vergelyking met n groot fiets.

Maar voor ek die wa voor die perd span eers die met julle deel.

So 2 naweke terug is ek in Oudtshoorn saam met my neef en die seuns om na n Cruiser te gaan kyk en ons hardloop gou daar by n plekkie met die naam van Smitswinkel in. 

Ek gaan laat die fotos verduidelik hoekom jy nooit weer deur Oudtshoorn moet ry sonder om daar te stop nie.





Sal nou nog fotos plaas.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #71 on: April 06, 2018, 05:58:47 pm »

















Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #72 on: April 06, 2018, 06:04:34 pm »





















Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #73 on: April 07, 2018, 03:50:27 pm »



Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #74 on: April 07, 2018, 07:59:54 pm »
Raait, kom ons ry:

Vir die laaste maand is neef nou al bietjie af na hy sy bakkie afgeskryf het en sukkel om iets te kry wat sy sak pas om hom mee te vervang.

Niks lekker om hom so te sien nie stel ek gisteraand voor dat hy saam met my kom vir die beste terapie wat ek ken.  So afgespreek en na my familie kinder partytjie toe is en hy een van sy werkers afgelaai het gaan kry ons die fietse en maak reg vir ons trippie.  Ek waarsku hom voor die tyd om geen beloftes te maak oor hoe laat ons terug gaan wees nie.  Vandag gaan daar nie gejaag word nie.





Ons pak die omtrent 8km aan om op die grondpad te kom en stop sommer nie lank daarna nie om net die mooi van ons omgewing in te neem.



Al die pad tot in Grootbrak waar die dorp mal is op n Saterdag oggend agv die plaasmark stalletjies.  Ons stoot summier verby en stop eers gou weer op pad Kleinbrak toe.



Daar in die agtergrond, bo oor daai bult is waar 4Stroke freak sy huis so deftig gebou het.  Ek belowe myself om volgende keer as ek daai rigting ry te loop groet.



Net voor Kleinbrak is die pad versper vir padwerke.  Daar is n verbreding beplan asook n nuwe water lyn.  So paar maande gelede het ons belang gestel om die werke te prys maar besef ons sou nie kompeterend kon wees nie.  Ek sien Power Construction is nou daar bedrywig.

.

Ons kies sommer snelweg van hier om die pad Cloetes pas kort te maak.  En kyk, toe ons die snelweg eers slaan en daai bult vang, toes die dice aan.  Daar word lekker gelag soos ons eerste plek ruil.  Sit in die slipstream, kry jou timing reg en gaan verby, net om die proses te herhaal n rukkie later.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #75 on: April 07, 2018, 08:15:06 pm »
Net voor Mossgas draai ons af Herbertsdale toe.  Nie lank nie en ek swaai net betyds om die slang te mis.

Neef sien my teken te laat en is bo oor hom, met voete wat wragtag hoor as sy handlebars is.

Ons draai om om te sien of hy nog lewe maar nog twee karre kom verby.



My eerste prognose is dat hy vrek gery is, maar besef egter met nadere ondersoek dat hy vermoor is deur n toktokkie.



Ek maak n nota om my kinders te waarsku oor die toktokkie wat onskadelik voorkom, maar duidelik baie gevaarlik is.





Ons stop in Herbertsdale om brandstof te gooi en gou by die manswinkel te stop vir twee koues wat moet saam brug toe.



Van daar pak ons Cloetes pas en dis nog net so mooi soos ek dit onthou.










Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: April 07, 2018, 08:17:29 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #76 on: April 07, 2018, 08:37:40 pm »
Ons ry aan tot by die brug waar daar eers gestop word vir n foto voor ons op ry na die uitkyk punt vir die koue enetjie wat ons Herbertsdale gekry het.

Daar is nie n druppel water wat rivier af loop nie.





Ek was al n paar maal hier maar dit voel soos n ewigheid sedert die laaste keer wat ek met die bakkie hier deur is.



Van die uitkyk punt waar ons ook drie maters sien afkom en verby ons ry met n vriendelike groet.







Ons stoot aan verby die eerste afdraai Vanwyksdorp toe om die tweede een te vat en so effens terug te kom tot in die dorp, alles om die lekker grondpaaie bietjie te rek.












Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #77 on: April 07, 2018, 09:03:33 pm »
Die laaste keer wat ek en my neef saam was in Vanwyksdorp is 2004 toe ons die Veldskoen Rally bygewoon het.





Selfs op n goeie dag gaan daar nie veel op die dorp aan nie en na ons deur die hoofstraat gery het besluit ons om summier pad te vat, rigting Calitzdorp.







Die uitsig van bo op Rooiberg pas bly maar n gunsteling.



Neef besef gelukkig soos ons die pas afsak dat hy die fender bag rens verloor het en ek draai gou om te kyk of ek hom kry.  1.6km verder kry ek hom teen die kant van die pad l, maar nie voor ek en n vriend op n 1190 mekaar eers laat skrik om n draai nie.

Onder in Calitzdorp word daar weer brandstof gegooi en ons werk gou die mees ongesonde lunch af om net iets in die maag te kry.





Daar waar ons die fietse staan maak merk ek vir die eerste keer op hoe mooi die sandsteen kerk is in Calitzdorp.






Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,599
  • Thanked: 30 times
  • Free as a bird
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #78 on: April 07, 2018, 09:30:09 pm »
Baie mooi fotos Kobus. Ek het nie besef jy ry 'n Africa Single ook nie?  :thumleft: :thumleft:
Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS
 

Offline Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,911
  • Thanked: 220 times
Re: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« Reply #79 on: April 08, 2018, 06:08:06 am »
Baie mooi fotos Kobus. Ek het nie besef jy ry 'n Africa Single ook nie?  :thumleft: :thumleft:


Dankie skydiver.  Die single(s) is deel van n projekkie maar ek sal julle later daarvan vertel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-