Vroeg oggend word ek wakker en probeer in die donker sien of dit gisteraand gereën het.
Ek weet daar is ‘n man of twee wat vanoggend gaan ry maar my onfiks lyf en modder weet ek sommer is nie ‘n wen resep nie.
Nietemin, die dag breek en dit lyk vir my die kans werd. Ek maak gou seker waar ons ontmoet en gaan haal die fiets.
Ek is vroeg maar nie eerste nie. Bestel gou ‘n koffie terwyl ons vir die derde man wag. Voor my koffie klaar is, is ons voltallig.
Net in die week het ek die laaste petrol pypies vervang op die Honda na hy vir ‘n jaar gestaan het. Ek weet ek moes eintlik die vergasser afgehaal het en skoon gemaak het, maar vat die kans dat ek hom sommer gaan skoon ry.
En so begin ek my malle mielie af skop. Ons maak beurte en kort voor lank kry ek hom brand geskop. Die laaste ding wat ons wou hê aangesien die verkeers dames nog sit en koffie drink hier langs ons en ons moet nog ‘n stukkie deur die dorp ry.
Nietemin trek ons weg, wetend dat as ons eers aan die gang is dit maar sal neuk vir hulle om ons te vang.
Ons kom deur Blanco en Don ry omtrent die hele dorp deur op sy agter wiel. Hy sit hom egter vinnig neer toe ons weer verkeers manne in die pad sien staan. Gelukkig vir ons is hulle besig met ‘n ander man wat nonsens aan gejaag het!
Ons sleep verby en is kort daarna op die grondpad.
Dit het in die berg gereën maar darem nie te ernstig nie. Die grondpad vloei lekker en ek raak weer die 450 gewoond.
Daar word ankers aangeslaan hier voor my en ek moet hande vol brieke bymekaar maak om nie in die man voor my in te ry nie.
Rigting word verander en ons is berg op. Dit raak vinnig meer tegnies en ook natter.
Voor ek my kon kry raak my talent op en ek koop vir my ‘n stuk grond wat ek nie andersins kan bekostig nie. Voel eers of alles nog heel is en tel die fiets op uit die bosse.
Nou start hy sommer maklik en ek kan nie help om te dink ek moes lankal geploeg het nie. Ek moet egter 100m verder stop om gou die stuur reg te buig. Don is terug om gou te help.
Ons is vinnig bo en ek verkyk my eers aan die uitsig.



Van waar ons staan kan ‘n mens die einde van die pad sien en ons besluit om tot daar te ry. Daar is ‘n paadjie wat van daar berg afgaan en Donovan besluit om te gaan kyk of dit moontlik is.

Terug en daar word besluit dat dit moet gedoen word.
Die begin van die einde:

Ek ry in die middel en toe die paadjie regs swaai stop ek en wonder of die man nou ernstig is?
Die man is egter al aan die afgaan en ek toets eers om te sien dat al wat brieke is werk.
En toe word daar gesak teen die berg af daar wat ‘n bobbejaan met ‘n kierie sal sukkel. Dis gly gly op die remme en teen die toere.

Ek sien ons laaste lid is ongemaklik teen die skuinste en sy fiets is op die grond. As jy op die foto in zoom kan jy hom dalk sien.

Dit raak stil en ek hoor nie die KTM weer swaai nie. Ek maak my fiets staan en begin die pad op stap.
Sent from my iPhone using Tapatalk