Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)  (Read 12629 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,240
  • Thanked: 259 times
Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)
« on: May 07, 2017, 09:47:33 am »
Raak vanoggend wakker teen die normale 04h30 en rol rond in die bed, iets wat ek mos nie kan doen om weer aan die slaap te raak nie.

Stel die kontras op die foon en vang gou op wat die nag uile te sÍ gehad het oor wat nou al die berugte Hondatjie is.

Het in die week al probeer reŽl met 'n pel om vroeg oggend 'n vinnige draai te gaan ry maar die het laat gisteraand 'n sport pas kansellasie gehad.

En net daar besluit ek om te gaan ry.

Groet vir Mamma, kit op en laat brul die FMF net om vir buurman te laat weet ek ry nou. 

Stop vir petrol en slaan 'n dampie terwyl ek wonder watter rigting om in te slaan.



Deesdae beplan ek niks, so word jy nooit teleurgestel nie.  Ek het net een doel voor oŽ:  Kom so vinnig moontlik van die teerpad af en sonsopkoms moet jy Írens op 'n grondpad staan waar jy nie stad kan sien nie.

Die strate is lekker stil en ek verbeel my hoe dit moet wees om 'n 690 SM te ry.  Ek kom egter agter ek is hopeloos en knobblies is nie lekker vinnig deur 'n draai nie.

Ry daar verby Mooikloof en wonder wat die mense doen in daai moerse huise.  Ek sal nie omgee vir die erf nie maar my vrou skei my summier as sy so groot huis moet onderhou. 

Nie lank nie en ek kry sommer 'n grondpad wat lyk of dit Írens kan lei.

Stop eers om foto te neem maar ek is bietjie vroeg vir die son.





Al aan en maak seker ek volg enige grondpad wat ek teekom - lekker!

Vat nie lank nie en ek is uit enige iets wat soos stad lyk.  Mense maar die 690 se ligte is tos, sal moet plan maak. 

En toe begin die son kop uit steek, en terwyl ek stop hardloop 'n duiker 'n ent voor my uit die veld, oor die pad en raak weg.  Ek voel hoe my hart weer lewe kry en weet vanoggend was dit die regte besluit om 'n draai te gaan ry.











Klaar die natuur bewonder en ons vat weer pad, rigting Kleinsonderhout, waar ook al dit is.





Ek sien daar is onenigheid oor of jy hom nou met 'n s of z spel.

En toe is daar nog 'n bord en ek besluit nou waai ek sommer Waaikraal toe.



Eers weer stop om te sien hoe mooi dit is.





Ewe skielik kruis ek die N12 en sien die klomp krag stasies in die verte.  Ek is nie lus om daai rigting in te slaan nie en stop vir 'n laaste foto.



Ek draai om in my spoor en druk die rally knoppie in my verbeelding.  Die pad is mooi en die 690 se oor word gedraai.  Man die fiets loop lekker, moet net die suspension bietjie uitsort en laer foot pegs kry.

Terug in die stad en besluit om gou die enigste bergie uit te ry.











Terug by die huis teen 08h40 met 'n skoon gemoed, en dis hoekom ons bike ry.


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: August 13, 2017, 11:38:40 am by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #1 on: May 07, 2017, 10:06:26 am »
Lekker Kobus, vroegoggend en laatmiddag is vir my verreweg die mooiste tye van die dag.  Ek hoop daar was 'n lekker spek'neierontbyt wat op jou tuiskoms gewag het.   :biggrin:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,240
  • Thanked: 259 times
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #2 on: May 07, 2017, 10:11:13 am »
Lekker Kobus, vroegoggend en laatmiddag is vir my verreweg die mooiste tye van die dag.  Ek hoop daar was 'n lekker spek'neierontbyt wat op jou tuiskoms gewag het.   :biggrin:

Was nie heeltemal so gelukkig nie, maar gisteraand se oorskiet braaivleis het opgemaak.  :biggrin:
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #3 on: May 07, 2017, 10:13:20 am »
Ek kon nog nooit verstaan hoekom sommige mense nie oorskiet braaivleis wil eet nie.  Ek braai altyd altyd altyd wors saam die ander vleis spesifiek om dit more te kan eet.  Dis die lekkerste!

Jou fiets lyk mooi jong maar die bure dink seker nie hy klink so lekker nie  :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline AJBotha

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 577
  • Thanked: 4 times
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #4 on: May 07, 2017, 10:22:58 am »
Bliksem, een van die mooiste 690s wat ek al gesien het!

Sent from my SM-T535 using Tapatalk

 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,274
  • Thanked: 21 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #5 on: May 07, 2017, 10:23:00 am »
Oorskiet braaivleis saam met 'n oorskiet braaibroodjie.
Dis my ding daai....
Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 671
  • Thanked: 42 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #6 on: May 07, 2017, 11:55:06 am »
Lekker Kobus. Dankie vir die deel.

Ek is nou weer n nagdier. Ek sal eintlik nie omgegee het as my lyf my vroeg wakker maak nie.

Daai padjie oor die "enigste bergie" lyk wonderlik. Ek dog ek het al al die paaie gery in my bergfiets dae, maar toe nou nie. Waar is dit?

Sent from my B15 using Tapatalk

 

Offline Mr D

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 658
  • Thanked: 37 times
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #7 on: May 07, 2017, 12:01:21 pm »
The hot colours of the bike seem to be highlighted by the fresh morning - a real beaut Kobus  :drif:
All men dream, but not equally. Those who dream by night in the dusty recesses of their minds, wake in the day to find that it was vanity: but the dreamers of the day are dangerous men, for they may act on their dreams with open eyes, to make them possible. T. E. Lawrence
 

Offline NoRush

Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #8 on: May 07, 2017, 01:52:47 pm »
Baie mooi fotos en pragtige fiets daai.
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,240
  • Thanked: 259 times
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #9 on: May 07, 2017, 02:26:47 pm »
Ek kon nog nooit verstaan hoekom sommige mense nie oorskiet braaivleis wil eet nie.  Ek braai altyd altyd altyd wors saam die ander vleis spesifiek om dit more te kan eet.  Dis die lekkerste!

Jou fiets lyk mooi jong maar die bure dink seker nie hy klink so lekker nie  :lol8:

Gelukkig is ons bure almal goeie vriende, hulle verstaan darem.  Ek is net bang as ek hom nie rev nie dink hulle iemand steel hom en brand los op my.  :lol8:

Bliksem, een van die mooiste 690s wat ek al gesien het!


The hot colours of the bike seem to be highlighted by the fresh morning - a real beaut Kobus  :drif:

Baie mooi fotos en pragtige fiets daai.

Baie dankie manne, krediet vir die mooi fiets moet egter na Bazinga toe gaan.  Ek het die fiets by hom gekoop.  :thumleft:

Lekker Kobus. Dankie vir die deel.

Ek is nou weer n nagdier. Ek sal eintlik nie omgegee het as my lyf my vroeg wakker maak nie.

Daai padjie oor die "enigste bergie" lyk wonderlik. Ek dog ek het al al die paaie gery in my bergfiets dae, maar toe nou nie. Waar is dit?


Dunnes, daai paadjie is sommer hier agter Smuts huis, Irene.
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline BossPierreLombard

Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #10 on: May 07, 2017, 03:09:19 pm »
Great photos! En n great storie!
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,240
  • Thanked: 259 times
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #11 on: May 07, 2017, 04:54:05 pm »
Great photos! En n great storie!

Dankie Pierre.  :thumleft:
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Draadwerk

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 7,925
  • Thanked: 39 times
  • My job? Just something I do between rides....
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #12 on: May 07, 2017, 05:13:06 pm »
Lekker Kobus...enigste manier om dinge te doen
 

Offline T Rex

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,894
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #13 on: May 07, 2017, 05:21:41 pm »
Baie mooi pics ..... Dankie :thumleft:
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,800
  • Thanked: 415 times
    • dustriders.co.za
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #14 on: May 07, 2017, 05:22:49 pm »
Oorskiet braaivleis saam met 'n oorskiet braaibroodjie.
Dis my ding daai....
Jy is n man met klas :thumleft:
Jy het ongelukkig die oorskiet aartappelslaai vergeet. :drif: :deal:



Kobus ek het ook vroegoggend n quicky gehad,.......................................en toe 11 uur spring ek op die bike :peepwall: >:D ;) :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,240
  • Thanked: 259 times
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #15 on: May 07, 2017, 05:28:42 pm »
Oorskiet braaivleis saam met 'n oorskiet braaibroodjie.
Dis my ding daai....
Jy is n man met klas :thumleft:
Jy het ongelukkig die oorskiet aartappelslaai vergeet. :drif: :deal:



Kobus ek het ook vroegoggend n quicky gehad,.......................................en toe 11 uur spring ek op die bike :peepwall: >:D ;) :lol8:

 :lol8: :imaposer: Amanda sÍ jy lieg, jy't nie gaan bike ry nie. :lol8:
« Last Edit: May 07, 2017, 05:31:00 pm by ktmkobus »
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Losper

  • Tour operator specializing in Lesotho
  • Vendors
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Free State
  • Posts: 2,966
  • Thanked: 219 times
  • Ons vat jou waar jou ma nie weet jy is nie
    • Facebook: LosperAdventures
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #16 on: May 08, 2017, 03:23:47 pm »
KTMKobus,  baie mooi sticker-kit op daai bike van jou.
Wie het daai crash bars vir jou gemaak? ( een van die beter crash bars op 'n 690 wat ek al gesien het)
We do adventure and enduro bike tours, specializing in Lesotho.
 

Online Kobus Myburgh

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,240
  • Thanked: 259 times
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #17 on: May 08, 2017, 03:32:53 pm »
KTMKobus,  baie mooi sticker-kit op daai bike van jou.
Wie het daai crash bars vir jou gemaak? ( een van die beter crash bars op 'n 690 wat ek al gesien het)

Dankie Losper,
Die crash bars is afkomstig van ons eie Oom Adie en Mike Adendorff op die forum - Rockfox.
"If you have men who will only come if they know there is a good road, I don't want them.  I want men who will come if there is no road at all."

-David Livingstone-
 

Offline Piet

Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #18 on: May 08, 2017, 03:52:53 pm »
 :drif: Liewe ouers maar daai fiets is mooi. Genade!

Lyk lekker! Dankie vir die deel - ek beter iets soortgelyks een of ander tyd uit my skedule uitsteel!
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,581
  • Thanked: 230 times
  • Bloemfontein
Re: Vroeg oggend quicky
« Reply #19 on: May 08, 2017, 03:57:04 pm »
Lekker RR... :thumleft: